Friday, February 24, 2023

Guillermo del Toro's Pinocchio - 10/10

Guillermo del Toro's Pinocchio is oorrompelende animasie kuns. Behalwe vir die ryk visuele milieu met al sy eienaardighedetjies, is daar ook 'n nuwe interpretasie van die alombekende verhaal. Maar die belangrikste wat die film behaal is om die mees getrouste weergawe ooit van die stoute Pinocchio te gee. Sy lawwe, ligte trippel oor die lewe gee die poppie dimensies nooit voorheen visueel en ouditief gesien nie. Absoluut die moeite werd - ek sal graag ook die maak van film wil kyk, vriesraamverfilming met harsfigure is gebruik. Die rolverdeling is onverbeterlik met die merkwaardige stem- en sangwerk wat tot die prettigheid bydra. Saam met Bella op die Bank.





     

No comments:

Post a Comment