Sunday, May 17, 2009

Interview - 5/10

Interview is een van daai films met 'n baie klein begroting, wat net twee akteurs gebruik in 'n beperkte milieu. Dit is redelik, maar dalk nie die regte medisyne vir 'n Vrydagaand nie....Aan te beveel vir mense wat van baie dialoog hou, en min fisiese gebeure. Gelukkig is dit redelik kort, en darem nie te veeleisend om te kyk nie. Dit gaan jou egter nie op die punt van die stoel hou nie, en as jy ietwat moeg is nie, ook nie wakker nie. Die bepalende eienskap van sulke films is karakter ontwikkeling en interaksie. Dit is ook redelik in die fliek, maar nie uitstaande nie. Saam met Bella op die bank.
 

No comments:

Post a Comment