Wednesday, May 13, 2009

Miss Pettigrew Lives for a Day - 8/10

Miss Pettigrew Lives for a Day is 'n ligte kykie na die lewe van 'n laer werkerklas dame, wat in een dag eweskielik die haai-poppe-laai lewe ervaar. Dit is in skrille kontras met haar gewone lewe, maar in meer as een opsig as wat mens verwag. Met uitstekende karakterontwikkeling wat pas by die tipe lewe van leekoppie aktrises, kan mens uiteindelik sien dat die fokus op uiterlike en innerlike al is wat werklik verskil. Die fliekie eindig soos voorspel, maar sou nie anders kon nie, want dit bevestig weereens die Holloywood kultuur. Ten sterkte aan beveel as ligter vermaak, en is beslis 'n goeie feelgood. Saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment