Monday, May 4, 2009

Winter Passing 6/10

Winter Passing is dalk so bietjie swaar vir 'n Vrydagaand. Die arme girl het maar 'n baie taai innerlike stryd. Zooey kan net een soort rol goed speel, lyk dit my, waarvan hierdie 'n baie goeie voorbeeld is. Mens krimp ineen van die pyn wanneer sy meer as een keer haar hand opsetlik in 'n laai vasslaan, net om seker te maak dat sy nog kan pyn voel, en dus leef. Haar wereld is totaal monotoon, maar haar innerlike, eintlik nie. Ferrell speel puik, en die rol wat hy vertolk is dan ook skreiend eerlik. Aan te beveel as mens sterk voel.... Saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment