Monday, May 4, 2009

City of Ember 6/10

City of Ember is nogals heel kykbaar en die skaal waarop die ondergrond-stad geskep is, is indrukwekkend. Beslis aan te beveel as ligte fantasie, met heelwat diepere lyne vir stof tot nadenke. Die gulsigheid van die mens lei maar altyd tot een van die ander dood-sondes, en dan uiteindelik tot die val van die mens. In City of Ember kry die mensdom 'n 2e kans, wat mens laat wonder op die einde of dit wel gehelp het. Op DVD geniet saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment