The Lady in the Van is 'n baie sagte, eufemistiese kykie na boemelary, maar dan
glam-boemelary, of glansboemelary... Stadige tempo, diep karaketers, onderliggende aggressie en aanvaarding. Puik vertolkings, tipies Brits. Ek dink nie hulle maak nog sulke goeie akteurs as
Maggie Smith nie, sy is waarlik die beste. Beslis kunsfliek materiaal, dus moet jy nie aksie, spanning en drama verwag nie, eerder sterk ondertone. Saam met Bella op die bank.
No comments:
Post a Comment