Britannia het nogals 'n oortuigende openings episode. Sal beslis verder kyk, hoop net die bonatuurlike aspek oorheers nie. Tipies vir die periode, milieu en geskiedkundige interpretasies, is daar die verwagte tipe karakters en rolverdeling. Voel soos 'n mengsel van
Vikings en
Game of Thrones met 'n raps
Rome (moet laasgenoemde nog kyk) by. Van die vertolings het so ietwat van 'n tong-in-die-kies gevoel, met 'n onderliggende ondeundheid, ook in die dialoog. Sal dit nog volg. Saam met Bella op die bank.
No comments:
Post a Comment