Monday, January 1, 2018

The Counsellor - 7/10

The Counsellor is soos Filosofie 101 vir aspirant misdaadsindikaatlede. Daar word nogals heelwat tyd aan diep monoloe", en selfs sinvolle dialoe" afgestaan. Die hele lyn handel maar rondom een berekende, maar erg beroude misstap van 'n man van die reg - daar word telkemale deur ander karakters herinner dat hulle nie in staat - of in posisie - is om advies te kan gee nie. So ironiese, tong-in-die-kies stekie na die titel en hoofkarakter wat naamloos bly, regdeur die hele film. Die openingstoneel, en selfs die Ferari-windskerm toneel is nogals pynlik-ongemaklik, en mens wonder oor beide se bydrae tot die lyn. In elk geval, swart humor in 'n pakkie wat mens laat wonder tot op die einde. O, en 'n sterbelaaide rolverdeling, nogals goed gedoen en vertolk. Saam met Bella op die bank.



No comments:

Post a Comment