Saturday, January 30, 2010

Amelia - 4/10


Amelia handel oor die eerste vroulike vlieenier wat alleen oor die Atlantiese oseaan gevlieg het. Amelia was ook te sien in Night at the Museum: Battle of the Smithsonian. In hierdie rol was sy baie oulik deur Amy Adams vertolk as 'n regte sport. Ek en Bella het Amelia by Brooklyn Cinema Nouveau gaan kyk as deel van ons 13e huweliksherdenking vieringe...Ons het ook Sjinees gaan eet, sommer in Brooklyn se Hong Kong restaurant - dit was goed, maar nie so goed soos in die ou dae nie...dit is nou die kos, beslis nie die huwelik nie! Laasgenoemde raak net beter ;-)

Om terug te keer na Amelia, hoe kan mens nou se^, perfek uitgevoer, maar grensloos vervelend. Die akteurs vertolk hul rolle goed, die fotografie is volgens die boek, die kostuumwerk 100%, die vliegtuie sexy verby, maar die fliek het net nie vuur nie. Op Ingels: "Wonderfully, even superbly, executed, but absolutely boring". Ek sal dit glad nie aanbeveel nie, behalwe as jy 'n geskiedenislessie wil bywoon. 

No comments:

Post a Comment