Tuesday, January 5, 2010

Avatar (3D) - 8/10


Avatar met die 3D opsie is beslis iets nuuts, maar nie so erg iets nuuts as wat James Cameron beweer nie. Visueel is dit baie indrukwekkend, maar storie-gewys is dit maar 'n baie ou Hollywood reseppie. Dit vertel wel die Indiaan-storie van die Yanks op 'n nuwe manier, maar gooi dan sommer ook sommer ander elemente by soos die verwoesting van die aarde se laaste ongerepte woude. Mens moet dit egter gaan kyk as jy van iets nuuts, skop-skiet-en-donder, SciFi of CG hou (kies enige twee). Die 3D opsie sou ek ook aanbeveel want die tonele leen dit uit-en-uit daartoe. 'n Baie lang film, sonder dat dit pla, en lekker om te kyk. Saam met Bella en Franko in die teater. Pieter en Tessa was ook saam.

No comments:

Post a Comment