Saturday, January 23, 2010

Easy Virtue - 8/10



Daar is nie baie sulke Delicious flieks nie (daar is nie 'n ander woord daarvoor nie). Easy Virtue het vlymskerp dialoog en 'n lekker kyk storie. Jessica Biel verras hier egter baie met haar puik rol as die Amerikaner. Dit is wel ou Colin wat weereens uitstaan met sy skerper as vlymskerp opmerkings wat mens lekker laat lag. Op die ou einde is die hele geselsskap van akteurs puik. Mens is maar baie bekaf as die fliek eindig met 'n lekker einde. Mens raak maar lekker suur oor die milieu, 'n pragtige Engelse landgoed, wat mens laat wens jy was so ryk (al is die mense in die storie op die rand van bankrotskap....). Die is een van die beste komedies in 'n lang tyd. Saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment