Saturday, January 23, 2010

My Flixster Resensies - Deel I


Step Brothers - R
  
Sien moewies.blogspot.com vir die nuwe plekkie waar ek my resensensies publiseer.April 28, 2009
Max Payne - PG-13
  
Mark is nie te sleg as 'n tipe van 'n super hero nie. Miskien het ek die tipe van fliek bietjie verleer, en waardeer deesdae 'n beter drama. Of selfs iets ligs. 'n Taamlike goeie interpretasie van die genre, maar soos die onlangse Joker in Batman van Heath Ledger, raak van die rolle vir my te donker. Saam met Belle op DVD, Apr 2009.April 6, 2009
Choke - R
  
Nogals 'n nie te slegte kykie na 'n paar regte misfits nie. Ek het iets meer soos Fight Club verwag egter. Die fliek is redelik smaakvol gedoen vir 'n taaierige tema. Saam met Isabel op DVD Apr 2009.April 6, 2009
Meet Bill - R
  
Ek kan nie besluit of die fliek 'n ernstiger boodskap het of nie - dit is baie lig, maar probeer dan dieper sake aanraak - Op PC Mar 2009.March 29, 2009
Hitman - R
  
Vir een of ander rede werk Timothy net nie vir my lekker in die fliekie nie - hy "underplay" nogals baie, en selfs die klankbaan van die film klink of hulle geld probeer spaar het. Die storie het heelwat potensiaal. Op TV in die Kaap. Mar 2009.March 27, 2009
Snow Angels - R
  
'n baie swaar storietjie, waarvan die punt moeilik is om in te sien, behalwe dat mense instaat is om ander seer te maak, en dat die lewe 'n gesukkel is. Te swaarmoedig vir my smaak deesdae. Saam met Bella op DVD Mar 2009.March 27, 2009
Fireproof - PG
  
Vir die genre waarin hierdie fliek hom begewe, is dit sekerlik van die beteres wat ek al gesien het. Dit is professioneel gemaak, met goeie klank, akteurs en milieu. Dit waarde van hierdie film le^ egter in die boodskap wat dit oordra.
Op DVD saam met Bella, Maart 2009.
March 19, 2009
Slumdog Millionaire - R
  
'n Baie verfrissende benadering tot tydlyne. Die storie trek mens in, en jy word deel van die lyn - die spanning wat geskep word deur middel van die kompetisie is baie geslaagd. Alhoewel mens bewus is van die omstandighede in Mumbai, is hierdie fliek 'n baie skerp herinnering daaraan. Dit is egter die oorlewingsdrang van die mens, en veral kinders, wat mens aan die hart ruk, en wat ek wens my kinders kan verstaan - dat hulle 'n gemaklike, gelukkige lewe het tot dusver, en dat daar baie is, wat dit nie as vanselfsprekend kan aanvaar nie. Ek sal egter die fliek nooit vir hulle wys totdat hulle groot genoeg is om te verstaan nie. Beslis aan te beveel. Behoort op DVD te werk, maar aan te beveel vir die teater. Saam met Francois gesien op die groot skerm, Mar 2009.March 15, 2009
Just Add Water - R
  
Die arme man lyk asof niks hom kan opkikker nie, selfs nie eens 'n aanvallige blond nie - die fliek is heel goed, maar met 'n hollywood einde. Ek is nie helemal seker wat om daarvan te dinik nie, maar sou dit tog aan beveel as mens lus is vir iets anders. Dit is tog op die ou einde 'n bitter soet liefdes verhaaltjie. Saam met Bella op DVD, Mar 2009.March 8, 2009
Highlander: The Source - R
  
EK was altyd 'n redelike Highlander fen, veral toe Tessa daarin was....Hierdie is heel lekker vir 'n Vrydagaand op DVD. Saam met Dalene, Christo en Isabel op DVD. Mar 2009.March 8, 2009
Bella (Beauty) - PG-13
  
Bittersoet fliekie oor 'n gewese sokkerster wat dit groot in die states wou gaan maak, maar nie kon nie agv 'n ongelukkige insident wat sy lewe onherroepelik verander het, maar waarskynlik baie meer verdiep en mens-gerig gemaak het. Die storie is eenvoudig, en word sonder fieterjasies voorgele. Die akterus is puik, en slaag baie goed daarin om deur ander middele as woorde, gevoel oor te dra. 'n Rustige pas word gehandhaaf, maar nie te stadig nie. Dit pas by die ondertone van die fliek. Daar is ook baie mooi musiek wat effektief gebruik word. Aan te beveel vir mense wat van diepere boodskappe in films hou, maar waarskynlik nie vir 'n Vrydagaand na 'n taai week nie. Saam met Francois, Hilda en Bella op DVD Feb 2009.March 1, 2009
Appaloosa - R
  
Ek sou die film waarksynlik 3.5 sterre gegee het as dit nie vir die uiterste swak klank gehalte was nie. Ek het baie na fliek uitgesien, want daar was min goeie, nuwe Westerns die afgelope ruk. Ek is nie seker of die film se klank swak gedoen was, en of dit Menlyn Nu-Metro se skuld was nie. Renee speel so effens oordrewe, man dan is dit seker maar hoe vrouens was in Westerns. Ou Ed raak so effens aan die ouerige kant. Ek het wel baie van Viggo se benadering gehou. Die fliek het seker oor een van die mees treffende plakate - regtig stylvol. Het dit saam met Francois en Daniie gesien. Feb 2009.February 28, 2009
Death Race - R
  
Heel stylvolle skop skiet en donder - werk lekker op DVD op 'n Vrydagaand. Die akteurs is oortuigend. Die aksie raak dalk so aksie te afgesaag, en met 'n einde wat net 'n klein bietjie te Hollywoods is. Saam met Bella op DVD Feb 2009.February 28, 2009
Valkyrie - PG-13
  
Ten spyte van die bekende uitkoms, is die film steeds baie spannend, en 'n baie goeie interpretasie. Dit sou bitter interessant wees om te weet hoe naby aan die waarheid die Hitler rol vertolk is. Die storie word nie soetsappig voorgehou nie. Die rolverdeling is pas, en selfs ou Tom doen nie te sleg nie. As hulle Duits gepraat het in die hele film, sou ek dit waarskynlik 10/10 gegee het. Voor die film, het ek ook nie besef dat daar so sterk Duitse weerstand was nie - nog boonop leer die moewie mens iets dan ook! Saam met Johan Theron gesien Feb 2009.February 23, 2009
Flashbacks of a Fool - R
  
Miskien is Bond nie die beste keuse vir die rol nie - hy doen nie te sleg nie, maar iemand soos Depp of Firth sou dit waarskynlik beter kon doen. Die film raak mens tog, en speel in dele van SA af - ek vermoed hulle het stukke daarvan in die SALT restourant by Bantrybaai geskiet. Wil nog self daar gaan eet. Moet se SA lyk baie goed in die fliek. Saam met Bella op die bank Feb 2009.February 15, 2009
And When Did You Last See Your Father? (When Did You Last See Your Father?) - PG-13
  
Stadige film, met vreeslike mooi fotografie. Colin bly een van my gunsteling akteurs. Al die akteurs is goed in die fliek. Moet dit nie kyk as jy nog seer is van 'n onglangse verloor van iemand nie...dit gaan jou te diep raak. Saam met Bella op die bank Feb 2009.February 15, 2009
Love Lies Bleeding - R
  
Die fliekie is seker eintlik gemiddeld, maar vir die onbekende akteurs, behalwe Slater, is dit eintlik heel kykbaar en glad nie oordoen of so nie. Mens kry amper die Duitse gevoel van "understatement". Dit is heel kykbaar op DVD. Saam met Bella op die bank, Feb 2009.February 12, 2009
Crash - R
  
Heng, mens moet nie hierdie met die ander Crash (Spader) verwar nie - beslis twee uiteenlopende moewies! Hierdie een is in elk geval baie goed, en raak nogals die hartsnare. Dit is 'n goeie alternatief tot die fliek Grand Canyon, wat mens op soortgelyke manier raak. Die fliekie het 'n storie, maar die treffendheid daarvan raak mens eerder op 'n ander vlak. Aan te beveel as mens sterk voel, en lus vir goeie gehalte drama is. Des 2008 by die Truters.February 3, 2009
The Band's Visit (Bikur Ha-Tizmoret) - PG-13
  
Miskien nie heeltemal die oormatige ophef werd nie, maar tog 'n baie goeie film. Dit is stadig, sonder veel gebeure, maar met 'n onderliggende speelsheid wat dit baie interessant maak om te kyk. Daar is genoeg oppervlakkige en onderliggende komiese gebeure om mens geinteresseerd te hou. Die Joodse girl met die rasper-stem skep genoeg spanning en aksie. Die toneel op die rolskaatsbaan is skreeusnaaks waar die Egiptenaar die jong Jood wys hoe om 'n girl op te chat. Op DVD (dit werk op hierdie medium) saam met Bella Jan 2009.February 3, 2009
The Love Guru - PG-13
  
Flip, nie eers die jummy Dark Angel in die fliek red die een nie - Mike Meyers vat die standard-vyf-seun grappies net te ver - dit raak afgesaag tot verby die punt van vervelens toe. As die grappe net oorspronklik en snaaks was sou mens tog kon lag vir die petalje. Baie breinlose vermaak. Op DVD saam met Bella Jan 2009.February 3, 2009
The Good Life - R
  
Depressiewe fliekie oor klein-dorp Amerika wat heel gangbaar is, en dan met die laaste 2 minute die hele fliek eintlik maar belaglik maak. Die hele fliek is op 'n relatiewe ernstige noot, en dan sluit dit af met 'n collage van kort stukkies wat veronderstel is om sin te maak uit die hele fliek. Dit faal egter totaal omdat die trant so kwaai verskil. Die rolle word goed vertolk. Op DVD saam met Bella Jan 2009.February 3, 2009
Hansie - Unrated
  
Die storie is goed, maar die film is nie noodwendig so goed nie. Vir SA is die heel gemiddeld en kykbaar. Saam met Bella op DVD, Jan 2009.January 31, 2009
Henry Poole Is Here - PG
  
Nogals nie te slegte moewie van die ander Wilson boetie nie. Die fliek het beslis 'n paar baie interessante geloof kwessies wat dit aanspreek of dan seker eerder uitwys. 'n Toneel wat vir my baie uitstaan bo enige van die ander, is waar Mnr Poole probeer om die muur aan te raak, maar ten spyte van die fisiese nabyheid daarvan, dit steeds nie regkry nie. 'n Baie goeie film tegniek - wat normaalweg met oonde gebruik word - is waar die kamera vanuit die muur se perspektief kyk, amper asof die muur van binne-af na buite deursigtig is - iets wat 'n verdere beeld uitlig. Goeters steek mens amper deur die oog, is so naby om ontdek te word, maar as gevolg van beperkings - verbeeld of werklik - kan mens net nie die waarheid raaksien nie. Die film beweeg teen 'n gemaklike pas, is nie te lank nie, en darem nie te stroperig nie. Al die akteurs speel redelik goed. DVD saam met Bella op die bank, Jan 2009.January 26, 2009
Sleuth - R
  
Die film is vir my heel goed, dalk net nie wat ek op 'n Vrydagaand op die bank nodig gehad het nie - dit is 'n meer intellektuele film, wat dalk hier en daar so bietjie oordrewe is. Die huis waarin die hele film afspeel is egter baie indrukwekkend. Beide Caine en Law speel goed, met Caine dalk die meer ervare akteur en met wyer karakter uitdrukking vermoe. Op DVD gesien saam met Bella, Jan 2009January 24, 2009
Monster House - PG
  
Nogals 'n hartseer storie vir 'n kindertjie film. Het dit nogals geniet op DVD saam met die hele gesin, alhoewel die kleinman ietwat bang was, veral in die middel dele. Jan 2009.January 24, 2009
Straightheads (Closure) - R
  
Te realisties om te geniet - ontstellend. Nie aan te beveel vir 'n rustige aand tuis op DVD nie. Daar is veral een toneel wat so paar keer herhaal word, wat mens liefs moet vermy. Wat wel interessant is, is Scully wat so bietjie meer wys as in X-files saam met Mulder.... Jan 2009 op DVD gesien.January 24, 2009
Australia - PG-13
  
Vrek, net as mens dink die fliek is klaar, begin daar 'n volgende toneel. Hy is net te lank, maar voel darem nie te lank nie. Die storie is te Hollywoods, alles verloop presies soos mens dit wil sien 'n stropie. Wat ek wel baie geniet het, is die amper surrealistiese beelde van Australie agv die manier waarop die rekenaar-gebaseerde beelde geskep is. Amper soos in Sky Captain and the World of Tomorrow. Kidman is beslis 'n beter aktrise as wat Hugh 'n akteur is - hy speel doodgewoon die rol soos wat mens verwag, geen kinkels of interassanthede nie. Kidman voeg darem 'n paar manierismes by, seker ook eie aan die tipe rolle wat sy gewoonlik aanvaar. Die film werk waarskynlik beter op die grootdoek as LCD skerm, maar ons was ongelukkig in dat die hele film die hele tyd 'n klein bietjie uit fokus was. Dit is nou die 4e film uit die laaste 5 wat ek by 'n Ster Kinekor gesien het, wat daar groot fout was, wat die fliek ondervinding in 'n teater heeltemal vir my bederf het. Ek verkies om nou eerder fimls op my 40" skerm te kyk. Wat wel vir my goed was, is die feite rondom die verlore generasie van Australie. Mens moet die film sien, want dit is een van die min behoorliek "epics" soos in die dae van Ben Hur etc. Saam met Francois in die teater, Jan 2009.January 16, 2009
Big Daddy - PG-13
  
Hier en daar nie te slegte humor nie, maar heeltemal te stroperig, en weer-eens, geen verassings nie. Op DVD saam met Bella, Jan 2009.January 16, 2009
The Tale of Despereaux - G
  
Bittersoet fliekie oor 'n baie brawe muis vol lewenslessies ook nog. Die kinders het dit nie noodwendig so baie geniet soos ander animasie films nie, grotendeels omdat van die subtiele boodskappe nog bokant hulle verwysingsraamwerk is. Aan te beveel. Saam met Familie in teater gesien Jan 2009.January 14, 2009
Mansfield Park - Unrated
  
Sjoe maar die ou meisietjie kan vir jou pout en wroeg. Was heel aanvaarbaar maar ek het al beter Jane's gesien. Des 2008.January 12, 2009
88 Minutes - R
  
Heel goed, maar nie Al se beste nie - die storie raak op plekke te dik vir 'n daalder ten einde 'n spanningslyn te probeer bou of net hou. Werk goed op DVD en is taamlik breinloos. Jan 2009.January 12, 2009
Journey to the Center of the Earth (Journey to the Center of the Earth 3D) - PG
  
Dit was baie sports om te kyk saam met die kinders en hulle maatjies. Goeie vermaak, en goeie spesiale effekte. Het dit op DVD geniet. Jan 2009.January 12, 2009
Vicky Cristina Barcelona - PG-13
  
Sjoe!, gepraat van droom - 3 Naais girls in een fliek, en almal spring in die bed saam met ou Bardem - die ou jakkals. Nie Woody se beste nie, maar steeds Woody en genietlik. Wat wel dodelik pragtig is, en dalk selfs nog meer seksie as die girls en Jaguar, is Barcelone. Veral die huis waarin Juan se vader woon is 'n linker testikel werd. Dit is waarskynlik my droom huis. Saam met Bella in die teater, Jan 2009. Hoogs aan te beveel vir Woody, Scarlett, Penelope of selfs Rebecca, maar beslis vir Barcelona aanhangers. En wat 'n skerp fliek naam is die nie!?January 12, 2009
Zoom - PG
  
As dit nie vir Cox se mooi borste was nie, was hierdie film glad nie die moeite werd nie, Tim is ok daarin, maar dit is maar breinlose vermaak. My laaties het dit egter baie geniet. Dit was lekkerder om dit saam met hulle te kyk eerder as die fliek self. Jan 2009.January 12, 2009
Drillbit Taylor - PG-13
  
Heel ok, maar net ondergemiddelde, Owen-tipe vermaak vir 'n breinlose aand. Kon snaakser gewees het. Jan 2009.January 12, 2009
The Final Inquiry (L'Inchiesta) -PG-13
  
Dit moet werklik die eerste fliek wees wat ek sien wat ou Dolf, alhoewel 'n byrolletjie, werklik iets goeds doen...;-) Die film probeer baie big budget lyk, maar faal net soos One Night with the King. Die akteurs lyk werklik na amateurs. DIe interessante van die film is egter die verhaal, wat die film red van 'n 0. Dit storie is werklik interessant, en baie vars as mens na die geykte moewies van Bybelverhale kyk. Werk redelik op DVD. Jan 2009.January 12, 2009
Swing Vote - PG-13
  
Onverwagte goeie fiml van ou Kevin. Sy eerste (en laaste) goeie een was Dances with wolves. Alhoewel dit twee uiteenlopende films is (Wolves en Swing Vote), het albei 'n onderliggende gevoel van, soos die Engelsman se^, Endearment. Ek het die film baie geniet, en die politiek laat mens lekker lag. Die akteurs wat die spin dokters speel, sowel as die polotici, is goed gekies. Die film werk goed, en is beslis aan te beveel in die lig van ons verkiesing wat op pad is! Jan 2009.January 12, 2009
Deception - R
  
Ek hou niks van die post-X-men Hugh Jackman nie - helemal te arrogant deesdae. Die film is egter boeiend, en spreek seker een van die fantasie aan wat die meeste mans heimlik koester. Geld, mag, anonieme seks wanneer jy dit soek....Die film is nie baie vinnig nie, en ook nie oormatig spannend nie, maar tog spanneng genoeg. Dit werk lekker op 'n Vrydagaand op DVD as mens iets met skop soek. Jan 2009.January 12, 2009
Body of Lies - R
  
Crowe speel heel goed in die fliekie, maar Leo raak partymaal te oordrewe vir my. Hy moet pasop om te een-dimensioneel te raak. Ek raak dalk ook nou moeg vir die Middel-Ooste krisisse. Ek het egter 'n nog varser weergawe van Ridley verwag, met 'n minder soetsappige einde. Nog steeds goed om te sien, en sal waarskynlik lekker op DVD werk. Ek het hierdie een in die teater gesien saam met Bella, Des 2008.January 12, 2009
All Hat - R
  
Nee-wat - nie die moeite werd nie - ek het nog nooit regtig van Kanadese films gehou nie - Die film is te stadig en sonder enige werkilike intrige. Die bome is egter pragtig, en selfs die perde....December 8, 2008
Quantum of Solace - PG-13
  
As 'n Bond, faal hierdie weergawe, en verdien eintlik dan 1 uit 10. As generiese ontsnapping kan dit so 6 tot 7 uit 10 kry. Om 'n Bond te kan wees is daar 'n paar bestandele van uiterste belang: (1) Vrek mooi meisies, insluitend slegte meisies wat Bond dan om elke hoek en draai vasdruk, of ten minste met vrek skerp sinsnedes vermaak. Die 2 dames in die fliek is nou wel mooi, en die pragtige Engelse rosie is nou wel eenkeer gedruk/gelek, maar daar is geen voelbare spanning tussen die hoofsterre nie. Daar is meer spanning tussen Dame Judy en Bond! (2) Hy moet asemrowende vervoermiddels in heelwat meer natuurwet-oortredende toertjies gebruik, as die een Aston en baie vervelige ander motors. Waar is die dae wat Bond met 'n army tenk die skelms uitoorle^? (3) Die skelms moet onmoontlik sleg lyk en handel, en moet Bond tot op die laaste uitoorle^, nie soos die papperd wat 'n kannetjie olie gewilliglik drink nie! Wat was daai reus van 'n man in Gold Finger - flip hy sal my in my broek laat piepie het! (4) Speelgoed - een vervelige toneel van sogenaame multi-tas skerms is al baie ou nuus, selfs nou al op selfone beskikbaar. En baie daarvan, nie net een of twee nie. (5) Vlymkerp se^goed wat selfs die slegste skelm of mooiste meisie sal laat knak. En baie daarvan. (6) Bond moet nie te sterk en gespierd voorkom nie, hy moet met slim voetwerk, sonder om soos 'n geknakte recce soldaat te lyk, die skelms uitoorle^. Nee wat, ek dink hulle het die resep verloor, maar ten spyte daarvan moet mens die fliekie op die groot skerm gaan kyk. Ai, die opwinding!November 26, 2008
Baby Mama - PG-13
  
Het hierdie op die vliegtuig oppad Surrey toe begin kyk, maar kon net die eerste helfte gekyk kry - lyk nie te sleg nie, en sal graag die res wil sien. Sigourney speel 'n goeie rol, en ek hou van die onbekende hoofakrise.November 26, 2008
Meet Dave - PG
  
Het hierdie op die vliegtuig gesien oppad Surrey toe - was redelik goed met 'n paar oulike grappe, maar my laaities sal dit baie meer geniet as ek.November 26, 2008
Forgetting Sarah Marshall - R
  
Die fliek begin redelik stadig, en voel te geforseerd, maar dan raak dit tog beter, en op die ou einde is dit heel kykbaar. Werk as ligte vermaak op 'n Vrydagaand na 'n taai week as mens nie baie wil dink nie....November 16, 2008
Kung Fu Hustle - R
  
Beslis baie snaaks in die karate sin van die woord, maar nie helemal my tipe an fliek nie. Ek sou dit waarskynlik meer geniet het as jong laaitie. Goeie spesiale effekte, weereens in die karate sin van die woord.November 10, 2008
In Bruges - R
  
Ek is glad nie 'n Colin-fe^n nie, maar in hierdie moewie is hy heelwat beter as al die ander. Dit is egter Brendan, selfs bo Ralph, wat wegstap met by verre die beste vertolking ooit in 'n donker komedie. Die film staan kop en skouers bo ander in die genre uit, maar is tog op die ou einde nie net 'n gewone donker komedie nie. Iets soos Big nothing is puik, vinnig met baie snaakse tonele. Hierdie een is 'n ernstige donker komedie as daar so iets kan wees. Die milieu is puik. Dit raak ook op die ou einde 'n depressie-aanhitser as mens na die sinneloosheid van die hele kaboel kyk, maar dit is ook die twee tonele waar onskuldige bystaanders in die slag bly wat mens vang. Nie ligte vermaak nie, en nie aan te beveel as mens 'n donker gevoel het nie...November 9, 2008
Leatherheads - PG-13
  
Die film beweeg nie te stadig of te vinnig nie, en is baie stylvol gemaak. Het dit geniet. Die storie is dalk nie baie lywig nie, maar dit is a ligter fliekie, in teenstelling met ander films wat ou George al gemaak het. Die dialoog is redelik snaaks hier en daar, veral die een waar George vir Renee opchat die eerste slag.November 9, 2008
Big Nothing - Unrated
  
Baie snaakse, kort, goeie donker humor fliekie. Simon Pegg bly een van my gunsteling Britse akteurs. Die fliek is propvol snaakse tonele, en mens kan nie anders as om jou vrek te lag vir die arme Charlie nie. Die slag wat Mimi Rogers die byl van voor kry is vrek snaaks, gegee haar droe" opmerking oordat sy baie lanklaas Pink Floyd gehoor het.....wag ek gee te veekl weg. En dan het Natasha sulke besielende oe"....November 3, 2008
Lars and the Real Girl - PG-13
 
Lyk na 'n baie goeie fliek, stadig, menslik, dalk bietjie oordryf, maar wie van ons het nog nie 'n skyn vriendjie gehad nie, al was ons hoe klein....ek het ongelukkig aan die slaap geraak in die middeste trek, en gaan dit beslis weer kyk. Sal dan verdere kommentaar lewer...Moet se^ dit het baie lanklaas met my gebeur....October 28, 2008
American Gangster - R
  
Goeie prent, maar nie ligte vermaak nie. Ek wonder altyd met sulke flieks hoeveel is interpretasie, en hoeveel is eintlik soos dit was. Denzel se spel is goed, sowel as Crowe. Redelike goeie karakterontwikkeling aan beide kante.October 28, 2008
The Pirates Who Don't Do Anything: A VeggieTales MovieG
  
Gemiddelde kinder fliekie met redelike grafieka. Ek hou veral van die deel dat hulle nie arms en hande het nie...My 5-jarige het dit redelik geniet, en op 'n paar plekke lekker gelag. Die storielyn is lekker kompak en maklik om te volg vir jonger oukies.October 24, 2008
Bangkok Dangerous - R
  
Het al baie beter hitman moewies gesien, en ou Sailor raak nou oud. Die karakter word te een dimensioneel vertolk, maar daar is tog 'n spannende oomblik of twee. 'n Goeie hitman moewie het nie 'n hoe" body count nodig om te slaag nie... Deels van my frustrasie met die punt was dalk die feit dat die klank in die teater baie swak was, en dat die lugversorging boonop buite werking was. Die Bourne reeks is die beter een, en beslis baie meer stylvol.October 24, 2008
Year of the Dog - PG-13
  
My punt is eintlik 0/10 en nie 1/10 of dan half uit vyf nie. Dalk het ek dit net nie gesnap nie, maar dit het net glad nie gewerk nie. Geen karakter ontwikkeling nie. Vermy!October 24, 2008
Married Life - PG-13
  
Stylvolle, redelik stadige dit-is-hoe-die-lewe-is fliekie. Pierce speel nie te sleg nie. Die perfekte huise, tuine, "country house", en geklede mense, staan in skrille kontras met hul emosies en gevoelens.October 18, 2008
Normal Adolescent Behavior -R
  
Interessante kykie na tieners. Vloek redelik baie soos te verwagte, baie seks, en baie praat oor seks. Maar ek is nie so seker die gedrag is net beperk tot tieners nie....veral nie die emosionele onstabiliteite nie. Nie 'n algemene feel-good nie.October 16, 2008
Street Kings - R
  
Tom is just too good to be true. Ok for some skop, skiet and donder, but not the best I have seen. Forrest does play his role well.October 13, 2008
The Wendell Baker Story - PG-13
  
Enjoyable but not earth shattering good. Does work on DVD, on a Friday evening even. Slow-paced, and has got a bit of heart.October 13, 2008
Paris Je T'aime - R
  
Redelik interessante benadering tot kort verhale. Waar die meeste ander probeer om op die einde almal saam te trek doen hulle dit net gedeeltelik. Van die stories is nie so hot nie, maar daar is 'n paar wat die moeite werd is, en 'n goeie indruk maak in die paar minute. Daar is 16 storietjies. Heel vermaaklik op DVD. Seker net die moeite werd vir ouens wat baie van fliek hou...September 29, 2008
The Eye - PG-13
  
Redelike fliek, maar dalk so ietwat te. Werk wel op DVD. Nie Jessica se beste nie.September 28, 2008
Sleepwalking - R
  
Gemiddelde poging, en ietwat vervelig. Nie vir 'n Vrydagaand op die bank nie.September 27, 2008
American Crude - R
  
Vreemde kruising tussen Pulp Fiction, Sin City en dalk nog so paar ander flieks. Nie te sleg nie, maar kry net so aks onder gemiddeld. Seker nie aan te beveel nie, want die film probeer 'n kinkel-in-die-kabel fest wees, maar kry dit nie reg nie. Onseker of die fliek tong-in-die-kies of ernstig probeer wees, want daar is hier en daar dialoog wat eintlik maar vrek flou is.September 25, 2008
In the Name of the King: A Dungeon Siege Tale - PG-13
  
Sjoe, neewat, dis net eindelose gevegte tussen die towenaars geskepte gedrogte, sonder 'n interessante storielyn. Werk nie eers op DVD op 'n Vrydagaand op die bank nie. Selfs nie eers die redelik sterbelaaide klomp akteurs red die fliek nie, en ook nie die girls nie. Die woud-nimfe is wel interessant, maar verskyn te min om die fliek te probeer red. Nie aan te beveel nie. Dis te verstande dat die fliek dadelik videowinkelrak toe is.September 24, 2008
Space Chimps - G
  
Below average kiddies movie with a poor, parallel adult plot. Somehow the middle part was too scary for my 5 year old, but the 8 year old found it amusing enough to sit the movie out. Not recommended for adults.September 23, 2008
Wild Bill - R
  
Nie te sleg nie, heel kykbaar, ook op DVD. Jeff se vertolking is darem nie een dimensioneel nie. Mens kry die man - dis nou Wild Bill - half jammer, want hy is 'n produk, tot 'n mate, van sy omgewing, en dan ook later van wat mense van hom sou verwag. Die geweld en skiet tonele is verteerbaar en nie oordadig bloederig nie. En tannie Ellen het nog die goedere om kaal uit 'n bad te kan spring! ;-)September 22, 2008
Babylon A.D. - PG-13
  
Bietjie een-dimensioneel. Iets soos Minority Report is meer stylvol, en beslis meer intellektueel. Ek het egter baie van die dele gehou waar hulle nuwe moontlike tegnologiee wys, soos die opvoubare kaarte, ens.September 21, 2008
Atonement - R
  
Sjoe, hartseer liefdesdrama wat die meeste dames sal laat snik na 'n paar snesies. Ek het dit heel verteerbaar gevind. Dit werk ook op DVD. Aan te beveel, alhoewel nie ligte vermaak nie. Sjoe, en lyk Keira darem gesond in die groen aandrokkie - gelukkig het James darem so bietjie gekry, jy met die rokkie.....September 15, 2008
The Darjeeling Limited - R
  
Redelike kykbare fliekie, met net 'n aks te veel probeer-anders-of-snaaks-wees doepa. Is egter nie te erg vir 'n Vrydagaand op die bank nie, en werk op DVD, alhoewel van die kamera skote meer impak sou he^ op 'n groot skerm. Die tragiese tonele met die kindertjies is op so 'n manier hanteer dat dit die hele fliek lig. Een van Owen se beter pogings. Die ekstra tonele op die DVD met Portman is nogals interessant.September 15, 2008
Mamma Mia! - PG-13
  
Ek is beslis 'n ABBA fan as mens seker na die punt kyk. Dit is egter een van daai flieks, wat as jy uit die teater stap, mens net voel dat dit 'n vreeslike lekker fliek is om te kyk. En is die jongetjie wat moet trou darem nou vir jou 'n gesonde blondine, jinne! Hoogs aan te beveel, en beslis in die teater, net jammer ons s'n se klank was effens swak. Ek is glad nie lief vir musicals nie, maar hierdie een, tesame met Chicago en Joseph's Amazing Technicolour Dream Coat is van my gunsteling flieks. Moet egter glad nie gaan kyk as enige van die ABBA songs jou irriteer nie.September 12, 2008
The Mistress of Spices - PG-13
  
Ek wens ek kon hierdie eerder op die grootskerm sien - die tonele is gemaak vir visuele impak. Al die ryk warm kleure moet regtig mooi wees. Die storie is seker voorspelbaar, maar tog soet genoeg vir 'n lekker aand saam met die vrou. Dis die ideale fliek as jy haar wil uitvat vir ete en 'n romantiese aand. Hou net die goeteretjies alles reg vir die after-paartie! Aan te bevele as mens in 'n romantiese bui is.September 8, 2008
War (Rogue Assassin) - R
  
Nie te sleg nie, maar moenie iets meer as breinlose popcorn vermaak verwag nie.September 6, 2008
Nim's Island - PG
  
Redelike lekker-kyk kinderfliekie. My agtjarige het dit baie geniet, maar die kleintjie was bietjie minder belangstellend.September 6, 2008
Mad Money - PG-13
  
Gemiddelde Hollywoodie, met 'n voorspelbare lyn. Nog steeds nie te sleg om te kyk nie. Werk okeyerig op DVD. Katie speel nie te sleg nie, maar dalk bietjie oordrewe.September 5, 2008
John Tucker Must Die - PG-13
  
Nie te slegte tiener fliek nie. Paar snaakse tonele, veral die "look ma' no hands een" - breinlose popcorn entertainment.....September 2, 2008
The Nanny Diaries - PG-13
  
Beter as wat mens sou verwag, met 'n verfrissende aanslag. Scarlett bly een van my gunstelingeSeptember 2, 2008
Semi-Pro - R
  
Flixster does not support a zero score - this one gets that! Avoid, pathetic....August 28, 2008
Vantage Point - PG-13
  
Average movie, but with interesting timeline - Before the devil knows you're dead is better. One thing is the movie does not have any suspense at all in terms of plot - the car chase scene is probably the most thrilling part, the rest is what one expects. Nevertheless still acceptable for a Friday evening on the couch.August 27, 2008
My Blueberry Nights - PG-13
  
Probably a stylish movie that fails a bit on DVD - the acting not too bad, but somehow the movie did not touch me as much as I expected, given the cast.August 25, 2008
Bakgat - Unrated
  
Gemiddelde fliek, maar as SA produksie seker dan bogemiddeld. Ek moet se^ ek het dit nogals geniet, en daar is heelwat snaakse stukke, alhoewel dalk bietjie Clicheerig. Nog steeds aan te beveel, en mens moet seker die local scene ondersteun as fliek 'n ernstige stokperdjie is.August 25, 2008
Hot Fuzz - R
  
This was really good, even with the unlikely end scenes (old ladies doing round kicks etc). Recommended for the most tired week warriors.August 17, 2008
Step Up 2 the Streets - PG-13
  
I actually enjoyed the movie, and the music is not too bad. I suppose very predictable, but the dance beats had my feet tapping. Works on DVD (with good sound though), and is brainless entertainment. The lead girl has the flattest tummy I have ever seen, and she obviously does not mind to flaunt it.August 17, 2008
Run Fatboy Run - PG-13
  
Very good British comedy that works well on DVD - Good for a Friday evening after a long week. A few scenes were very funny, but I would say, that the apparent comedy is not actually what the film tries to say, instead it comments on what we think is important in life, and not really what really is important.August 17, 2008
Margot at the Wedding - R
  
Nie my koppie tee nie - te diep of so iets - kyk baie swaar op DVD. Jack Black werk net eenvoudig nie vir my in die tipe van flieks nie.August 10, 2008
sex, lies, and videotape - R
  
Kyk hierdie fliek het ek en Isabel saam op skool nog gesien in die dae toe ons nog skelm bo-18s gekyk het. Dit was ok, maar nie so goed nie. Toe kyk ons dit weer eendag nadat ons getroud was.....die keer was dit heelwat beter.....August 7, 2008
The X-Files: I Want to Believe (The X Files 2) - PG-13
  
I enjoyed the movie, but it feels just like 'n long series delivery. Watchable, with enough suspense. The (non-)surprise romantic twist was ok. Will work just as well on DVD. If you watched X-files religiously, you will have to see this one as well. Poor old Amanda Peet, one of the most beautiful actresses around, had a bad deal, dying like that!August 3, 2008
The Dark Knight - PG-13
  
The best made Batman so far, with excellent acting from all actors, except the Batman voice. Bale could have used his normal voice, which is must better. Although the movie is well-made, and even though on the very long side, it still keeps you watching without boring parts or drawn-out sequences. The Joker is too dark, and some of his schemes just too sombre. Many of his scenes and schemes portray the darker human condition too well to such an extent that it becomes disturbing. I think this is amplified by the crime situation that we have in SA. Still recommended though, and not on DVD but on the big screen. I think the IMAX version might induce motion sickness.August 3, 2008
The Bank Job - R
  
Excellent suspense, without the Hollywood influence. The movie draws you in until the end. Highly recommended.August 3, 2008
Scoop - PG-13
  
Very average Woodie movie, but with my favourite starlett. It is still watchable on the couch, and has its moments. The end scenes are a bit predictable, but maybe that was the intention.July 24, 2008
Walk Hard: The Dewey Cox Story - R
  
My punt is eintlik 0, maar mens kan nie 'n nul maklik wys met die stelsel nie. Pateties, Vermy! Het dit net na Darwin Awards gekyk wat baie goed was.July 20, 2008
The Darwin Awards - R
  
Uitstekend - Kyk daar is 'n paar tonele wat my op die grong laat kruip het van die lag, maar dis tog ook sad op 'n manier. Winona speel regtig goed, met Fiennes dalk so effens te veel geforseerd. Werk goed op DVD, en is beslis baie goeie medisyne vir 'n lang moeilike week op 'n Vrydagaand. Beslis aan te beveel.July 20, 2008
Alvin and the Chipmunks - PG
  
Well, my kids liked it!July 15, 2008
Juno - PG-13
  
Daar is net 'n paar sulke flieks in die wereld, en beslis nie elke jaar nie. Juno het skerp dialoog, drama, liefde en komedie. Dit is 'n ou, uitgestrykte storie wat so verfrissend voorgestel word, en die rolle so goed vertolk word, dat mens eenvoudig net nie hierdie film moet mis nie. Die bonus is dat mens dit op DVD ook kan geniet. Die musiekbaan is puik en reflekteer elke punt van die fliek 100%. Veral op die einde, waar die ou tweetjies saam sing, maak dit die grootste impak. Beslis aan te beveel vir mense met tieners. Is beslis een van my top fliek keuses.July 15, 2008
Jumper - PG-13
  
Gemiddelde fliek, maar beslis lekker om op DVD te kyk. Die rolle word redelik goed vertolk, en die fliek betrek mens in al die aksie. Is redelik verfrissend, en die fokus is nie te veel op die tegniese aspekte nie. Aan te beveel vir 'n Vrydagaand op die bank.July 15, 2008
WALL-E - G
  
Puik animasie wat die universele emosie van liefde sonder woorde uitdruk. Die animasie is so goed, mens besef eers na die fliek dat jy dit nie opgemerk het nie, en onthou skote uit die film asof dit werklik was. Die vooruitsig van 'n gemaksugtige mall-rat bestaan word tot die uiterste gedryf, en slaan mens tussen die oe". Voorwaar 'n kuns animasie kinder fliek, wat definitief op die groot skerm gekyk moet word.July 15, 2008
Man About Town - R
  
Above average movie with not too bad acting. It is mostly about searching for meaning in life, albeit a bit superficial, and at the level of Hollywood. Recommended, and works on a DVD.July 11, 2008
Carolina - PG-13
  
Just above average chick flick with some heart - Shirley plays with conviction, but Atterton's unlikely romance writer role is a bit far fetched. Watchable though. Saw this a second time by accident, and actually gave it then 5/10.July 7, 2008
Strange Wilderness - R
  
Lekker komedie wat baie die spot dryf. So bietjie onder-die-belt humor, maar heel gepas. Die kalkoen toneel het my op die grond gehad soos ek gelag het. Regtig aan te beveel vir 'n Vrydagaand na 'n taai week. Werk ook goed op DVD.July 5, 2008
House of D - PG-13
  
Weereens 'n fliek wat mens herinner aan die moeilike oorgang tussen kind en grootmens - die tiener toestand. Lekker-gevoel fliek wat mens gerus op DVD kan kyk.July 5, 2008
Charlie Bartlett - R
  
Uitstekende film vir ouers met tieners wat sukkel om hulle te verstaan. Tweede fliek van die laaitie wat ons sien - hy is so bietjie irriterend, maar is die nie maar die probleem met almal nie.July 5, 2008
Big Fish - PG-13
  
Baie goed, en werk op DVDJuly 5, 2008
Dead Fish - R
  
Die fliek probeer te hard om anders te wees, en Zane se rol is te oordrewe oordrewe. Nog steeds okei vir 'n Vrydagaand op die bank. Oldman se rol is nogals goed. Beter as Javier Bardem in No Country for old men.July 5, 2008

No comments:

Post a Comment