Taken is te veel van 'n skop-skiet-moer fliek vir my - ek het meer uit die storie verwag met Liam in die hoofrol. Daar is te veel films wat een of ander skynbare meer gewone ou in het, wat omtrent nooit seerkry nie, en al die boewe kan uitoorle. Egter steeds nie te slegte materiaal vir 'n breinlose Vrydagaand op die bank nie. Saam met Bella op die bank.
Thursday, April 30, 2009
Taken 5/10
Taken is te veel van 'n skop-skiet-moer fliek vir my - ek het meer uit die storie verwag met Liam in die hoofrol. Daar is te veel films wat een of ander skynbare meer gewone ou in het, wat omtrent nooit seerkry nie, en al die boewe kan uitoorle. Egter steeds nie te slegte materiaal vir 'n breinlose Vrydagaand op die bank nie. Saam met Bella op die bank.
The Duchess 7/10
The Duchess is die moeite werd - kyk dit gerus, maar verkieslik op 'n baie groot LCD skerm, of in die teater. Keira bly 'n gunsteling, en die storie, alhoewel nie baie kompleks nie, is goed. Die kostuums is werklikwaar uitstekend en verdien beslis die Oscartjie. Saam met Bella op die bank. Aan te beveel vir mense wat van periode dramas hou.
Lie With Me 4/10
Lie With Me is 'n kunsfliekie wat maar 'n te dunnerige storietjie het, en met te veel in-your-face sekstonele. Die tonele is nie smaaklik of eroties nie, maar eerder meganisties. Die hoof karakters slaag regtig nie om die diepere pyne van verhoudings uit te druk nie, alhoewel dit lyk of die film dit probeer doen. Vermy dalk maar eerder dus. Saam met Bella, op die bank.
Wednesday, April 29, 2009
How to Loose Friends and Alienate People 6/10
How to Loose Friends and Alienate People is nog 'n film met Simon Pegg - net die man se gesig laat my al lag, maar van sy beste werk is sekerlik Run, Fatboy, Run, en The Big Nothing. Ek het dalk ietwat meer verwag van die fliek, maar dit is steeds goed. Ek het sekerlik dubbel gevou op plekke van die lag, en dan weer op party plekke is dit ondraaglik pynlik tot hoe mate hy (Pegg) totaal sosiaal blaps. Die meisietjie van Transformers, Megan Fox, verskyn 'n slag of wat in min genoeg kleertjies - sy het flippin mooi borste....(Johan sal dit kan waardeer...;-). Aan te beveel vir Vrydagaand moegheid na 'n taai week. Op die bank saam met Bella.
Space Buddies 5/10
Space Buddies is 'n regte kinder fliekie met 'n nie te groot begroting nie. Steeds redelik kykbaar. Kan nie onthou nie, maar ek dink die familie het hierdie saam op die bank gekyk.
Tuesday, April 28, 2009
Moet nog hierdie review
Winter Passing (6)
City of Ember (6)
Taken (5)
The Duchess (7)
Lie with me (4)
How to Loose Friends and Alienate People (6)
Space Buddies (5)
Nick and Norah's Infinite Play List 6/10
Nick and Norah's Infinite Play List is net nie dieselfde as Juno nie - volgens die kassie het dieselfde mense hierdie een gemaak.
Miskien het ek te veel verwag agv daarvan. Die fliek is bietjie ongeorganiseerd, en die musiek staan my nie juis aan nie. Nog steeds heel kykbaar. Saam met Bella op die bank.
Paul Blart: Mall Cop 5/10
Paul Blart: Mall Cop - Wel, wat kan mens se^ - heel kykbaar. Saam met die familie in die inry. Seker 'n lewenslessie in opgevat dat mens nie iemand op sy baadjie moet takseer nie. Flip, die arme ou het nogals baie stampe en stote moes vat vir die waagtoertjies...
Pink Panther 2 - 6/10
Step Brothers 3/10
Wednesday, April 22, 2009
Mrs. Ratcliffe's Revolution - 6/10
Mrs. Ratcliffe's Revolutiongesien April 2009, saam met Bella op die bank.
Ek het ietwat meer verwag, maar dit steeds geniet. Daar is 'n paar komiese oomblikke, maar dan ook meer ernstiges. Die storie is seker ietwat oordryf om die werklike gebeure interessant te maak vir die skerm. Al die akteurs is goed. Aan te beveel as mens vir iets ligters lus is, maar steeds met redelike inhoud.
Subscribe to:
Posts (Atom)