Sunday, March 29, 2020

The Pale Horse, Minireeks - 6/10

The Pale Horse is 'n rustige misterie met 'n stylvolle en getroue Britse milieu. Ou geld. En baie. Net twee episodes met uitbakening vir meeste van die eerste episode. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, March 28, 2020

Coda - 6/10

Coda is 'n baie stadige, innerlike wereld kunsfilm wat baie van die kyker verwag. Die klankbaan is wel uitstaande met sterk klavierstukke. Dit lyk nie of die film op ware gebeure gebaseer is nie, maar wel aan iemand opgedra is. Dit gaan my ietwat te bowe waarom mens dan so film sou wou maak - dit is 'n swaar en moeike tema. Nie vir beginner kunskring aanhangers nie. Saam met Bella op die Bank.

Friday, March 27, 2020

The Gentlemen - 8/10

The Gentlemen is beslis die nuwe standaard vir rampokker films. Skerp dialoog, fyn kostuumwerk, konkellary met die spanningslyn, en 'n vertelstyl en trant wat mens vasgenael hou. Stylvolle gevoel, maar wees gewaarsky swaar en baie vloek, gepas vir die tipe rampokkers wat uitgebeeld word. Saam met Bella op die bank. Eerste dag van die nasionale inperkingstydperk ("lockdown") agv COVID-19. Later genoem die grendelstaat. 


Monday, March 23, 2020

21 Bridges - 3/10

21 Bridges is 'n flou prosedurale cliche.  Dit is so goed Bella het selfs deur dit geslaap. Onwaarskynlike sameloop van voorspelbare gebeure. Saam met Bella by Marakele, ons laaste aand daar saam met Anrich.


Sunday, March 22, 2020

Birds of Prey: And the Fantabulous Emancipation of One Harley Quinn - 6/10

Birds of Prey: And the Fantabulous Emancipation of One Harley Quinn is heel kykbaar, maar verg deursettingsvermoe" as hierdie nie heeltemal jou idee van 'n superheld film is nie. Sy is eerder die anti-held tipe. Dalk die skurk selfs. Aweregse humor gemeng met 'n ekstreme popkultuur element. Saam met Bella by Marakele.


Saturday, March 21, 2020

Judy & Punch - 7/10

Judy & Punch het sulke ontstellende poppies wat nogal aan ou Chuckie herinner. Die film het 'n fantasie gevoel, maar beslis nie romanties of sprokie nie. Moeilik om te klassifiseer of te resenseer. Nie vir alle smake bedoel nie, maar steeds 'n opsie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Dalk 'n connoisseur fantasie? Saam met Bella by Marakele.

Friday, March 20, 2020

1917 - 8/10

Soos meeste oorlogflieks, bevestig 1917 net weereens die sinnelose, wrede geweld en magteloosheid daarvan. Hierdie is 'n werklike, realistiese, onstellende, grim, maar akkurate weerspieeling, en beslis 'n moet as jy van geskiedkundige of oorlog films hou. Saam met Bella op die Bank.

Tuesday, March 17, 2020

Closer to the Moon - 8/10

Closer to the Moon is aanvanklik lig, amper humoristies, maar raak al nader na die einde tragies en net plein hartseer. Hier vra mens eintlik vir die maanskyn en rose einde. Die milieu, vertolkings en periode is romanties, maar met skerp kantjies wat deursteek. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, March 14, 2020

Breakable You - 6/10

Breakable You is 'n na-aap Woody Allen, maar glad nie te sleg nie. 'n Praat-ryke fliekie met 'n tone krul ontknoping. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, March 8, 2020

The Story of Racheltjie De Beer - 8/10

Na al die jare, nadat mens die verhaal op skool geleer het, en selfs lateraan gedink het Racheltjie het eintlik met haar minnaar weggeloop, kom hierdie interpretasie aan die lig wat soveel meer sin maak. Professioneel vervaardig, gepaste vertolkings, gepaste kostuums en 'n raak milieu met 'n sterk spanningslyn maak hierdie trotse kunskring materiaal. Saam met Bella in die Neelsie se Pulp Cinema by die Woordfees

Tjuras4Lyf (kort film) - 6/10

Vat Tjuras4Lyf met 'n knippie sout, maar dan besef mens ook die eerlikheid van hiedie kort film (27 minute). Alhoewel amateuragtig vervaardig, met amateur vertolkings en alledaagse, amateur stelinkleding maak hiedie geensins swak materiaal nie. Dalk nie stylvol en preuts nie, maar beslis met 'n sterk boodskap. Wat mens nogals laat lag (ongemaklik giggel?) ook. Die WNNR verskyn dan ook baie onverwags in die film, wat mens laat wonder oor die waarskynlik dat so iets gebeur as daar net 4 of 5 mense in die teater sit, waarvan moi by die WNNR werk.... Saam met Bella in Neelsie se Pulp Cinema - wat 'n retro ervaring! - as deel van ons dirty weekend by die Stellenbosch Woordfees



Friday, March 6, 2020

Little Women (2019) - 5/10

Wel, Little Women is net te tjiekfliek vir my. Ek kon dit nie ten volle kyk nie, maar Bella het dit geniet. Ek het sulk stukkies gekyk. 

Sunday, March 1, 2020

Jojo Rabbit

Jojo Rabbit is een van daardie films wat jou gaan bybly. Aan die een kant is dit humoristies, amper speels, ligsinnig. Aan die ander kant is hartroerend ontstellend. Die film slaag daarin om suksesvol die Tweede We^reld Oorlog deur die oe" van jong kinders uit te beeld. Die entoesiasme, hiper-aanpasbaarheid, aanvaarding van enige omstandighede, en die glo van wat groot mense vir jou vertel en probeer wysmaak word hier realiteit. Dan ruk dit mens terug na die harde werklikheid van oorlog. Kyk beslis, die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.