Saturday, August 25, 2018

Ocean's Eight - 5/10

Ocean's Eight is heel kykbaar, maar kort daai klein bietjie ekstra zest. Dit voel net te meganisties perfek. 'n Maklike fliekie om te kyk. Saam met Bella op die bank.

Friday, August 24, 2018

The Late Bloomer - 3/10

The Late Bloomer is maar eintlik erg bar, en daar kon meer skerp humor gewees het, gegewe die tema en premis. Die rolverdeling is redelik, die milieu redelik en die vertolkings redelik. Beslis op eie risiko, en moet dalk nie saam met ouma kyk nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, August 18, 2018

Adrift - 8/10

Adrift hou mens se aandag vasgevang, soveel so, dat mens glad nie lus voel vir enige bote na dese nie. Jy proe, ruik en voel die sout aan jou lyf. Die menslike gees bly merkwaadig en veral die wil tot oorlewing. Topgehalte vertolkings, beslis die kyk werd. Saam met Bella op die bank.


American Animals - 4/10

American Animals lyk skaflik, maar sit baie gou af met 'n baie sterk dokumentere aanslag. Dit is erg irriterend en het ons binne minute die aftog laat blaas. Saam met Bella op die bank.


Friday, August 17, 2018

Father of the Year - 2/10

Father of the Year is regtig swak, maar met so drie of wat erg snaakse, maar diep onder die belt grappe. Daar is geen heilige koeie nie, en al mens se ergtse verwagtings word ver oorskry. Kyk net as jy baie breinpap voel, en peinigend-ongemaklike komiese situasies kan hanteer. Saam met Bella op die bank.

Sunday, August 12, 2018

Book Club - 4/10

Book Club is die Amerikaanse - of Hollywood - ekwivalent van Finding Your Feet, met die verwagte oordadigheid. Heelwat onder die belt humor. En dan amper 'n onwerlike besef as mens na die ouderdomme van die rolverdeling kyk !?#*!@#$)*%$  Die fliekie kyk maklik met 'n tipiese cliche storielyn en einde. Bella se^ ek mag nie 4/10 gee nie, dit moet vyf wees, maar ek kan net nie... Saam met Bella op die bank. 


Thursday, August 9, 2018

The Man in the Iron Mask (1998) - 4/10

Ongelukkig wys The Man in the Iron Mask se ouderdom vinnig, veral met die vertolkings, kostuumwerk, spanningslyn en choreografie. Wel, dan laat dit seker net die milieu wat ook maar hier en daar skipbreuk ly. Nie naastenby so stylvol en elegant as Versailles nie. Saam met Bella op die bank.   

The Delinquent Season - 3/10

The Delinquent Season kyk so pynlik en stadig dat ons so een derde in die aftog geblaas het. Dit lyk heel stylvol en luuks met 'n oortuigende rolverdeling, maar werk net nie uit nie. Saam met Bella op die bank. 


Sunday, August 5, 2018

The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society - 7/10


The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society is 'n stroopsoet tjiekfliekie, so rondom die Tweede Wereldoorlog se tyd. Die rolverdeling is vol nimlike karakters, die milieu en stelinkleding romanties verby. Moet beslis nie aksie en wegneem liefde verwag nie. Eerder besadigde, amper Viktoriaanse opsit. Ideale Sondagaand materiaal, en lesers sal baie hiervan hou. Saam met Bella op die bank.
  



Saturday, August 4, 2018

Avengers: Infinity War - 7/10

Avengers: Infinity War moet mens eintlik eers kyk as die tweede helfte al beskikbaar is. Daar gebeur net te veel om so lank voor te wag (Mei 2019!?). Verwag maar een langerige alterkasie van veg, boomklim en spring tussen al die superhelde - hulle moet immers almal sinvol inpas in net meer as 2 ure. Dit vat ook so bietjie kophou om mooi tred te hou met al die gebeure, geskiedenis en toekoms. Daar is darem humor om die skynerns so bietjie te breek. Saam met Bella en Anrich op die bank. Beide Franko en Anrich het dit in die teater gesien as 'n spesiale premiere. En dit bly liplekker vermaak.

En dan sinlose statistiek:

  • Daar is 3 Chrisse in die rolverdeling
  • Daar is 2 Sherlocks   


Friday, August 3, 2018

Damascus Cover - 6/10

Damascus Cover is beslis nie hoofstroom materiaal nie. Dit is 'n meer realistiese spioenasie drama, veral met aksietonele wat nie Hollywood-oordrewe is nie. Beslis nie die gewone cliche's nie. Alhoewel dit in Sirie afspeel is dit in Marokko verfilm, so die milieu se rustieke gevoel werk goed. Saam met Bella op die bank.