Die allombekende speletjie boeties is werklikwaar materiaal vir die kortvolk, sonder enige parallele lyne vir ander. Die grafika is uitstekend, gepas vir die tema. Mens kan die film deurkyk, dit is redelik vermaaklik. Saam met Bella op die Bank.
Showing posts with label Kortvolk materiaal. Show all posts
Showing posts with label Kortvolk materiaal. Show all posts
Saturday, May 13, 2023
Friday, April 28, 2023
Peter Pan & Wendy - 4/10
Peter Pan & Wendy is 'n flou Disney poging. Niks nuut nie, dalk net beter grafika. Het binne 20minute tou opgegooi. Geen dubbel-lyn vir die kleinspan en die oues nie. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, July 14, 2022
Lightyear - 3/10
Lightyear bewys weereens, al is al die elemente - rolverdeling, vorige suksesse, grafika, beminde karakters, alles - aan jou kant, is dit nie 'n waarborg nie. Hierdie is sekerlik die grootste teleurstelling van die dekade. Ai. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 6, 2021
Jungle Cruise - 4/10
Jungle Cruise is maar flou makou, en dalk te veel op die kortvolk mark gerig. Die dialoog is skoon, daar is nie seks en vloek nie, maar die antagonis is werklikwaar vreemd, veral die keuse van karakter en rolverdeling. Dit voel regtig onvanpas. Ek is seker 'n swetterjoel Standerd Eens sal hierdie baie waardeer. Saam met Bella op die Bank.
Friday, July 2, 2021
Peter Rabbit 2: The Runaway - 5/10
Jip, Peter Rabbit 2: The Runaway is meer op die kortvolk gerig. Dit is wel grappig en vol oulikhede, en kan deur jonk en groot geniet word. Ek het wel 'n groot stuk weggedommel in die middel. Al kyk mens dit net vir die milieu. Saam met Bella op die bank.
Saturday, August 29, 2020
The War with Grandpa - 4/10
The War with Grandpa is maar flou. Dit kort net meer fut. Daar is wel heelwat ongemynde potensiaal. Die poetse en grappe is oumakou, niks nuut en vermaaklik nie. So ietwat van 'n meganistiese ou reseppie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 10, 2020
Dolittle - 6/10
Dolittle is meesal bedoel vir kortvolk en as heilsame familie vermaak. Dit het baie skoon grappies, uitstekende grafika, en 'n oortuigende lyn. Die enigste aspek wat pla is Robert wat probeer Brits of so iets klink. Dit kom meer as 'n dronk Ier van Australie af oor. Saam met Bella en Anrich by die tjiep fliek.Friday, August 16, 2019
The Secret Life of Pets 2 - 5/10
The Secret Life of Pets 2 het sy humoristiese oomblikke en voldoen grotendeels aan wat mens verwag. Die rekenaargrafika is wel uitstaande. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Thursday, August 8, 2019
Aladdin (2019) - 7/10
Aladdin doen die animasie weergawe met al die musikale snitte beslis gestand. Dit het steeds 'n animasie gevoel, maar kyk net so goed indien nie beter nie. Die rolverdeling stel gerus met 'n tempo en lyn wat voorspelbaar verloop (na gelang van die animasie), en wyk nie van die resep af nie. Indrukwekkende grafika en produksie. Saam met Bella en Anrich op die bank, alhoewel hy na sowat 20 minute moed opgegee het.
Labels:
Goeie familie vermaak,
Kortvolk materiaal,
Musical
Thursday, June 27, 2019
Toy Story 4 - 9/10
Toy Story 4 stel die nuwe drempel vir rekenaargrafika - Dit is eenvoudig asemrowend, die velddiepte fokus, stof partikels, tekstuur, animasie, fisika, glinstering, lens effekte, lig effekte, noem maar op. Die verhaal pas perfek by die vorige films in, al voel dit so lank terug. Jy mag hierdie nie mis as jy die voriges gesien het nie! Saam met Bella en Anrich by die tjeep fliek in Zambezi Mall. Franko het dit reeds saam met die manne gesien.Saturday, June 15, 2019
Dumbo - 7/10
Dumbo is 'n soete fliekie van groot olifantogies en suikerstroop. Die grafika is lewensgetrou en oortuigend, die rolverdeling, kostuumwerk en algehele tekstuur van die film alles saam swiets. Klein en groot sal dit geniet. Saam met Bella op die Bank.Sunday, April 7, 2019
Mary Poppins Returns - 7/10
Mary Poppins Returns is pure fliek onskuld, met die perfekte rolvereling. Die naamrol is beide akademies en prakties sekerlik een van die beste karakter vertolkings ooit. Uitnemende familie vermaak, die slag met moderne fliek tegnologie, maar steeds getrou aan die oorspronkilike idioom. Saam met Bella op die Bank.Saturday, March 30, 2019
How to Train Your Dragon: The Hidden World - 5/10
How to Train Your Dragon: The Hidden World is beslis kortvolk materiaal. Nou dat ons manne groot is, kan ek nie meer deur hierdie sit nie. Ons het dit saam met Anrich begin kyk, hy het na sowat 30 minute die aftog geblaas. Ek en Bella het die res, op die bank, huppelkyk klaar gemaak. Dit lyk dan ook of hierdie die laaste uitgawe in die film reeks gaan wees. Wednesday, December 26, 2018
Christopher Robin - 7/10
Christopher Robin is getrou aan die nimlike karaktertjies se verhaal, met 'n uitstaande rolverdeling. Beslis die moeite werd as mens die verhaaltjies oor en oor vir jou kinders gelees het... Ideale Kers vermaak. Saam met Bella op die stoele by Skilpadvlei.Wednesday, October 3, 2018
Ant-Man and the Wasp - 8/10
Al is Ant-Man and the Wasp baie lig, is dit propvol tonekrul aksie en taamlik onskuldige humor. Dit is sekerlik die snaakste superheld film, met so paar van die byrolle wat uitstaan in hierdie opsig. Kyk gerus as jy lus is vir gemaklike ontspanning. Saam met Bella en Anrich op die bank.Wednesday, July 11, 2018
Incredibles 2 - 8/10
Dit gebeur min, maar Incredibles 2 is heelwat beter as die eerste uitgawe. Die konstante humor maak hierdie absoluut die moeite werd. Jonk en oud sal dit geniet. Saam met die familie by Capitol Cinemas. Monday, May 14, 2018
Peter Rabbit - 7/10
Peter Rabbit is heerlike kortvolk materiaal, maar steeds kykbaar vir ander. Dit is prettig, met uitstekende grafika. Gepaste rolverdeling, ook vir die stemwerk. Kyk gerus, sit terug en geniet die skerp dialoog. Saam met Bella en Anrich op die bank.Friday, May 11, 2018
Astérix: Le domaine des dieux - 6/10
Astérix: Le domaine des dieux is heel kykbaar al is dit 'n fliekie vir die jongeres. Die kommentaar op sogenaamde vooruitgang en ontwikkeling is steeds van toepassing op ons moderne probleme. Dis waarskynlik hoekom mens die fliek kan kyk. Ek het ook nogals die uitbeeldings van hebsug geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank.Wednesday, March 14, 2018
Paddington 2 - 6/10
Paddington 2 is net so goed as die eerste een. Ligte humor, met nimlike karakters, selfs die klomp tronkskelms. Dalk meer kortvolk materiaal, maar dit ten spyte, kan mens dit steeds kyk en geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank, al het beide van hulle die film in die teater reeds gesien. Ferdinand - 5/10
Ferdinand is 'n soete kinderfliekie met 'n paar mooi lessies ter ondersteuning. Regtig net vir die kortvolk bedoel, maar tog kykbaar met heerlike ligte komedie. Die grafika kan beter maar is goed genoeg. Saam met Bella en Anrich (gedeeltelik) op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)
