Showing posts with label Frans met onderskrifte. Show all posts
Showing posts with label Frans met onderskrifte. Show all posts
Saturday, July 30, 2022
Friday, July 1, 2022
Maigret (2022) - 6/10
Hierdie uitgawe van die bekende speurder is dalk nie die beste nie, ten sypte van die indrukwekkende hoofrol verdeling en dat dit wel in Frans met onderskrifte is. Die ontkoping was nie juis interessant nie. Dink ek het dalk 'n stukkie of wat gemis met swaar oe". Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 3, 2022
Illusions Perdues (Lost Illusions) - 8/10
Illusions Perdues (Lost Illusions) is absolute tragedie, die titel kon dalk eerder eerder L'ascension et la Chute de Lucien de Rubempré (The Rise and Fall of Lucien de Rubempré) wees. Die film lei dan ook die era van fausses nouvelles (fake news) in. Dit is wel jammer ons volg nie Frans nie, ek is oortuig daar is heelwat verlore nuanses met die onderskrifte. Die rolverdeling, milieu, periode, kostuumwerk en verhaal is alles perfek gepas vir die titel en storielyn. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 26, 2022
Retour en Arrière (Flashback) - 5/10
Gits, Retour en Arrière (Flashback) is 'n vinnige Franse geskiedenisles met 'n taamlike hals-oor-kop aktrise. Die materiaal word baie lig voorgele^, al is daar dele wat sekerlik ten tyde van die ware gebeure heelwat minder lig ervaar was. Een van die beter moderne Franse komedies, met 'n opvolg fliek wat wink aan die einde. Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 21, 2022
L'origine du Monde (Dear Mother) - 5/10
L'origine du Monde begin heel goed, snaaks en met gepaste storielyn. Dit neem dan 'n draai in die verre absurde, maar steeds snaaks, alhoewel seer ongemaklik. Die film moet met 'n waarskuwing kom! beslis nie materiaal saam met Ouma nie. Dit laat my steeds wonder, hoekom sal iemand so tema/film aanpak? Saam met Bella by Buffelsbaai.
Sunday, January 16, 2022
Délicieux - 8/10
Délicieux is 'n smaakvolle, eenvoudige storietjie oor die ontstaan van restuarante. Alles is nie histories of feitelik korrek nie, maar mens kry die idee. Die vertolkings is sterk, die milieu na aan die paradys. Die kos tonele laat mens se mond water. Kyk gerus as jy van Frans, Frankryk, kosmaak of net mooi goed hou. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, December 4, 2021
The Last Duel - 7/10
The Last Duel voel baie realisties en periode getrou. Die rolverdeling, vertolkings, kostuumwerk en milieu is van geen detail ontsien nie. As jy van Ridley Scott flieks hou, kyk hierdie een beslis. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, October 31, 2021
Cezanne et Moi - 7/10
Cezanne et Moi is nie ligte materiaal en nie, en getrou aan die Franse kunsfilm genre. Dit eindig dan ook hartseer, getrou aan die ware gebeure. Bedoel vir ervare kunsfliekgangers. Saam met Bella op die Bank.
Friday, October 29, 2021
Celle Que Vous Croyez (Who You Think I Am) - 2/10
Celle Que Vous Croyez het belowend gebleik, maar kon dit nie deurkyk nie. Dalk te modern? Saam met Bella op die Bank.
Friday, September 17, 2021
Le Bal des Folles (The Mad Women's Ball) - 8/10
Le Bal des Folles is gebaseer op ware gebeure en as mens so daar aan dink, nogals ontstellend. Dit herinner ook sterk aan Hysteria, maar laasgenoemde het 'n ligter en meer komiese aanslag, alhoewel met dieselfde onderliggende tema - kwakke en algemene mening wat sekere gedrag in die naam van wetenskap of geloof onderdruk, vervolg en verwyder. Die milieu, kostuumwerk, periode, rolverdeling en vertolkings is onverbeterlik. Mens voel die magteloosheid aan van die slagoffers en sit self in daardie koue donker gat. Vir ervare kunsfliekgangers bedoel. En dankie tog! gelukkig is hierdie 'n Franse produksie en nie Hollywood nie - ek sidder om te dink wat hulle met die draaiboek sou doen. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, September 11, 2021
L'enfer (Torment ook bekend as Hell) - 3/10
L'enfer begin redelike amateuragtig en bewys dat nie alle Franse films kuns materiaal is nie. Sowat 15 minute kon uithou. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 13, 2021
The Last Mercenary - 6/10
The Last Mercenary is onpretensieus en sommer net laf. Die tong-toneel is skreeusnaaks, en daar is heelwat aksie humor. Moet nie 'n JCVD film verwag nie, hier het hy al heelwat myle op, mens herken hom amper nie. Daar is wel 'n gespot met van die aksie-tonele uit sy vroee"re films. Mens moet nogals vinnig lees om 'n aksie-komedie met onderskrifte te kyk. Verfrissend non-Hollywoods. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, July 24, 2021
Les Herbes Folles (Wild Grass) - 3/10
Les Herbes Folles bewys dat nie alle Franse films die moeite werd of goed is nie. Die sin van die film, gegee dat dit wel 'n kunsfliek is, maak nie sin nie. Dit val rond. Die akteurs is ook nie noodwendig te waffers nie. Mens bly kyk in die hoop dat iets sinvol gaan gebeur. Teen die einde besef jy dit was erge tydmors. Die film se plakaat is waarskynlik die beste deel. Ai. 'n Minder suksesvolle flieknaweek. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, July 3, 2021
Korkoro - 8/10
Korkoro is gemik op geharde kunskring fliekgangers. Dit was wel bedoel as 'n dokumente^r, maar werk steeds as 'n film, alhoewel sonder 'n spesifieke storielyn. Dit is hartseer en laat mens koud en magteloos teen die mensdom en sy ondinge. Die fliek oorrompel met sy borrelende emosie en opregtheid. Saam met Bella op die Bank.
Friday, June 18, 2021
Les Beaux Jours - 6/10
Les Beaux Jours (Bright Days Ahead) handel nie teen 'n vinnige pas nie. Dit is ook dan net die Franse wat 'n tand-ondersoek sensueel kan laat lyk. 'n Film oor verhoudings, oudword en jonkbly. Steeds beter as wat Hollywood met hierdie tema sou doen. Meer vir die kunskring liefhebber bedoel. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, June 12, 2021
Antoinette dans les Cévennes - 3/10
Antoinette dans les Cévennes begin redelik, en voel so ietwat oordrewe. Dit raak dan wel baie vervelig want mens voel nie juis wat met die dametjie (en donkie) gebeur nie. Aftog geblaas so derde in. Saam met Bella op die Bank.
Friday, June 11, 2021
Mademoiselle de Joncquières (Lady J) - 6/10
Mademoiselle de Joncquières laat mens se kop draai van al die praat al is dit alles in Frans. Selfs die titel het lang woorde. Die arme, sinnelose drommel, 'n slaaf van sy inherente natuur. En dan die berekende skurk, 'n welsprekende, laggende, pratende beeld van onskuld. Wat dan wel aan die pen ry, al is dit net die wrang smaak van vergelding en wraak. En nog erger, die gulsige, liggelowige slagoffers, Meer vir geharde kunskring fliekgangers bedoel en tog wel vermaaklik. Wens ek kon Frans verstaan. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, June 5, 2021
À la vie (To Life) - 7/10
À la vie is 'n eenvoudige storietjie opgedra aan sterk vrouens. Ten spyte van grim omstandighede maar met 'n volhoudende sterk gees oorwin hulle, hulle omstandighede. Beslis die moeite werd. Humor, hartseer en eerlikheid. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 17, 2021
La Chèvre (Knock on Wood) - 6/10
La Chèvre is sommer verspotte Franse komedie. Die fliekie is al redelik oud met 'n jonge Gérard Depardieu. Dit is ligte Vrydag of Saterdagaand materiaal en heel kykbaar. Verwag gekke dialoog, rukkerige waaghals arties en stroperige dames. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 4, 2021
Cyrano, My Love - 7/10
Cyrano, My Love vang die aandag aanvanklik, verloor dit dan, en keer terug so net voor die helfte met 'n oortuigende finaal. Veral die grepe uit verskeie films en toneelstukke van Cyrano de Bergerac aan die einde is spesiaal. Mens moet dit in Frans met onderskrifte kyk, die taal is nog mooier in hierdie konteks, Parys net voor die draai van die eeu, 1900. 'n Komedie, taamlik mals en oordadig met dialoog, slegte vrouens, kostuums, kleure en klank in volspoed. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)








