Showing posts with label Connoisseur materiaal. Show all posts
Showing posts with label Connoisseur materiaal. Show all posts

Saturday, August 26, 2023

Louis van Beethoven

 https://www.imdb.com/title/tt11496350/?ref_=ext_shr_lnk

Wednesday, August 9, 2023

Saturday, April 22, 2023

Hunger - 7/10

Hunger is soortgelyk aan The Menu maar tog ook nie. Wel die moeite werd om te kyk, probeer net 'n weergawe kry in die oorspronklike taal met onderskrifte. Die film voel nogals lank. Van die eet tonele is barbaars... nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


Tuesday, April 4, 2023

Living - 8/10

Living is nie ligte vermaak nie, maar het 'n tong in die kies gevoel, veral hoe die Britse burokrasie uitgebeeld word. Sterk vertolkings regdeur met 'n indrukwekkende rolverdeling. Wat egter hier uitstaande is, is die periode drama deel - die milieu en kostuumwerk is onverbeterlik. Op die ou einde handel die film oor kommunikasie en oudword (wel, seker nie oudword nie maar die dood). Saam met Bella in Buffelsbaai


Monday, April 3, 2023

Marlowe - 7/10

Marlowe het 'n outentieke gevoel, met 'n romantiese uitbeelding van die era. Die milieu, kostuumwerk en stelinkleding is uit die boonste rakke. Die hoofrol vertolking is onverwags hoogstaande. En ek dink Liam Neeson het sy tweede (?) beroep gevind. Die storie mag dalk stadig en saai voorkom vir iemand wat meer 'n Liam Neeson fliek verwag. Saam met Bella in Buffelsbaai.




Friday, February 24, 2023

Guillermo del Toro's Pinocchio - 10/10

Guillermo del Toro's Pinocchio is oorrompelende animasie kuns. Behalwe vir die ryk visuele milieu met al sy eienaardighedetjies, is daar ook 'n nuwe interpretasie van die alombekende verhaal. Maar die belangrikste wat die film behaal is om die mees getrouste weergawe ooit van die stoute Pinocchio te gee. Sy lawwe, ligte trippel oor die lewe gee die poppie dimensies nooit voorheen visueel en ouditief gesien nie. Absoluut die moeite werd - ek sal graag ook die maak van film wil kyk, vriesraamverfilming met harsfigure is gebruik. Die rolverdeling is onverbeterlik met die merkwaardige stem- en sangwerk wat tot die prettigheid bydra. Saam met Bella op die Bank.





     

Friday, February 17, 2023

The Hanging Sun - 7/10

Met The Hanging Sun se twee gunsteling akteurs in die hoofrolle moes ons hierdie eenvoudig net kyk. Die film kan seker as 'n kuns-aksie-drama kategoriseer, maar sonder te veel skop-skiet-en-donder. Die regiseur het egter erge dialoog ekonomie teen milieu afgespeel, want daar is heelwat tonele waar nie die lyftaal of dialoog voldoende inligting oordra nie. Die spraaksamige ondersteunende rol help om die film ligter en draaglik te hou. Nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, February 12, 2023

Blonde - 4/10

Gits, Blonde is net te donker, en te kunserig, maar steeds tragies. 'n Gepaste rolverdeling met sterk hoofrol vertolking, maar net te moeilik om te kyk. Het die aftog geblaas. 





Friday, September 9, 2022

Where the Crawdad Sings - 7/10

Sagte fliekie
Herinner sterk aan iets soos Fried Green Tomatoes
Mooi verfilm
Goeie rolverdeling
Marsh sterk karakter, vloeiend, onvergewend maar vergewend
Taylor Swift the Carolina liedjie mooi

Friday, July 15, 2022

Persuasion - 6/10

Persuasion is redelik as periode drama, maar die rolverdeling kon sterker. Tog kykbaar met redelike milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.

  

Sunday, June 19, 2022

The Sunset Limited - 5/10

The Sunset Limited is waarskynlik uitstekend maar die slag het ons nie kans gesien vir so hoe" film nie. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, May 22, 2022

The Last Bus (2021) - 8/10

Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 24, 2022

Re Granchio (The Tale of King Crab) - 4/10

Re Granchio (The Tale of King Crab) lyk baie belowend maar is eintlik net 'n groot geraas. Het na sowat 15 minute moed opgegee. Nie alle Italiaanse kunsflieks werk nie... Saam met Bella op die Bank.



Friday, April 22, 2022

Life and Death in the Warehouse - 6/10

Life and Death in the Warehouse is nogals ontstellend in sy eenvoud. Dit is 'n kort film met 'n eenvoudige tema. Kyk self en besluit of jy daardie knoppie gaan kliek om iets te koop. Ek vermoed dit gaan veel erger. Saam met Bella op die Bank.




Friday, April 15, 2022

Farewell, My Queen - 7/10

Farewell, My Queen is meer vir die ervare kunsfliekganger bedoel. Ek is egter wel seker in die afwesigheid van kommunikasie tegnologie was goeters maar erg deurmekaar daar in die paleis op die voortaand van die val van die aristokrasie. Kyk ook gerus as agtergrond tot Qu'ils mangent de la brioche (laat hulle koek eet!) Marie Antoinette. Saam met Bella op die Bank. 

 




Saturday, April 9, 2022

Rifkin's Festival - 6/10

Rifkin's Festival is nie Woody se beste werk nie, en die manlike hoofrol ook nie my gunsteling akteur nie. Dit is egter heel kykbaar, veral met die Dr Rojas wat sag op die oog val. Tipiese praat fliekie, met ligte humor, mooi mense, mooi plekke en duur smaak. Net jammer nie al die Spaans wys in die subtitels nie, so mens mis bietjie van daardie (passievolle) gesprekke. Saam met Bella op die Bank.


  

Sunday, April 3, 2022

Illusions Perdues (Lost Illusions) - 8/10

Illusions Perdues (Lost Illusions) is absolute tragedie, die titel kon dalk eerder eerder L'ascension et la Chute de Lucien de Rubempré (The Rise and Fall of Lucien de Rubempré) wees. Die film lei dan ook die era van fausses nouvelles (fake news) in. Dit is wel jammer ons volg nie Frans nie, ek is oortuig daar is heelwat verlore nuanses met die onderskrifte. Die rolverdeling, milieu, periode, kostuumwerk en verhaal is alles perfek gepas vir die titel en storielyn. Saam met Bella op die Bank.




 


Friday, March 25, 2022

Windfall - 5/10

Windfall is beslis 'n pandemie isolasie fliekie. Die karakter en milieu ekonomie ondersteun dit. Nogals taamlike eksistensialistiese vraagstukke vir 'n Vrydagaand, sowel as sosiologiese kommentaar op menslike gedrag, veral waar hedendaagse klassie (rykdom) ter sprake kom. Nie juis vermaaklik nie, dalk bietjie saai. Die huis is nie te onaardig nie, ek sal daar kan bly. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, March 20, 2022

Enid - 6/10

Enid laat mens hardop wonder hoe akkuraat die film is ten opsigte van ware gebeure en feite. Maar as dit enigsins akkuraat is, is Enid beslis 'n opperste, skynheilige draakstasie. Die milieu, periode en vertolkings is gepas, en redelike Sondagaand kykmateriaal. Dit is seker vermaaklik (aweregs) as mens sou aanvaar alles is fiksie. Saam met Bella op die Bank. 


 

Saturday, March 12, 2022

Let Them All Talk - 6/10

Let Them All Talk is beslis net vir geharde kunsfliekgangers bedoel. Dit is 2 ure van praat, en dan meesal beperk tot gesprekke rondom 'n etenstafel. Dit behou egter die aandag as gevolg van die uitstaande vertolkings. Redelik ekonomies tot rolverdeling, milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.