Saturday, June 26, 2021

Kalashnikov - 7/10

Kalashnikov is 'n ander kykie op die simbool van vryheidsvegters, terroriste en Russiese produkte. Die oorsprong word met deernis vertel en uitgebeeld. Dit is moeilik om te sien hoe die ontwerper daaragter soveel doodslag tot gevolg kon he^ met hierdie robuuste produk. Beslis die kyk werd. Saam met Bella op die Bank.

 



Friday, June 25, 2021

Committed - 6/10

Committed het drie karakters, die 190 SL, die hubare jong man en die bruid. Die milieu is nie juis 'n karaketer op sy eie nie, maar dra wel by tot die gevoel van opperste karakter ekonomie, sielsverlatenheid as iemand jou voor die kansel laat wag (op niks) en sommer 'n emosionele onbevoegheid aan die jong man se kant. Die fliekie kry dit wel reg om met 'n baie eenvoudige lyn, nie te komplekse dialoog nie (van dit is in Grieks), en eintlik geen aksie nie om die aandag te behou tot op die einde. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, June 19, 2021

The Misfits - 3/10

The Misfits is een van daardie flieks wat mens binne 10 minute moes ophou kyk het. Dit is power, pap en sonder fut. Een of ander vervaardiger wou hier 'n punt bewys, veral dat die gekose milieu dalk aantreklik sou wees. Die humor werk ook nie lekker nie. Saam met Bella op die Bank.


 

Friday, June 18, 2021

Les Beaux Jours - 6/10

Les Beaux Jours (Bright Days Ahead) handel nie teen 'n vinnige pas nie. Dit is ook dan net die Franse wat 'n tand-ondersoek sensueel kan laat lyk. 'n Film oor verhoudings, oudword en jonkbly. Steeds beter as wat Hollywood met hierdie tema sou doen. Meer vir die kunskring liefhebber bedoel. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, June 12, 2021

Clarkson's Farm, Realiteit Televisie - 7/10

Vermy Clarkson's Farm beslis as jy nie van die man hou nie. Dit is wel vermaaklik op sy simpel manier. Maar mens leer eintlik saam met hom. Maar dit is die ander karakters wat beindruk met hulle eerlikheid en kennis. Saam met Bella en Anrich op die Bank.

 

Antoinette dans les Cévennes - 3/10

Antoinette dans les Cévennes begin redelik, en voel so ietwat oordrewe. Dit raak dan wel baie vervelig want mens voel nie juis wat met die dametjie (en donkie) gebeur nie. Aftog geblaas so derde in. Saam met Bella op die Bank.






Friday, June 11, 2021

Mademoiselle de Joncquières (Lady J) - 6/10

Mademoiselle de Joncquières laat mens se kop draai van al die praat al is dit alles in Frans. Selfs die titel het lang woorde. Die arme, sinnelose drommel, 'n slaaf van sy inherente natuur. En dan die berekende skurk, 'n welsprekende, laggende, pratende beeld van onskuld. Wat dan wel aan die pen ry, al is dit net die wrang smaak van vergelding en wraak. En nog erger, die gulsige, liggelowige slagoffers, Meer vir geharde kunskring fliekgangers bedoel en tog wel vermaaklik. Wens ek kon Frans verstaan. Saam met Bella op die Bank.


  

Loki, Reeks - 8/10

Loki is pure plesier, 'n ode aan superheld films en reekse. Sappige ontspanning met 'n visuele ryk milieu en allerhande sewentiger-styl toestelletjies. En heelwat skerp humor. Saam met Bella op die Bank. 



Sunday, June 6, 2021

Minamata - 9/10

Minamata kry dit reg om mens deel van die omstandighede te maak, mens stik sommer aan jou water. Sterk vertolkings deur onbekende karakters, maar ook Mnr Depp. Beslis nie vermaak nie, wel stof tot besef en nadenke. Dat 'n maatskappy sy eie so kan benadeel. Saam met Bella op die Bank.





Saturday, June 5, 2021

Max Bishop - 4/10

Max Bishop is net te amateuragtig. Dit het wel potensiaal en van die openingstonele was nogals snaaks. Ons het dit wel nie klaar gekyk nie, alles raak net te gewoon. Saam met Bella op die Bank.





À la vie (To Life) - 7/10

À la vie is 'n eenvoudige storietjie opgedra aan sterk vrouens. Ten spyte van grim omstandighede maar met 'n volhoudende sterk gees oorwin hulle, hulle omstandighede. Beslis die moeite werd. Humor, hartseer en eerlikheid. Saam met Bella op die Bank.


 


Friday, June 4, 2021

Edge of the World - 6/10

Edge of the World leer mens darem iets, ten spyte van die sterk metodiese teater gevoel. Die tonele kom realisties voor maar dan besef mens die barbare is eintlik die Engelse wat dink hulle is nie barbare nie. Nie ontspannings materiaal nie, maar tog heel kykbaar. Saam met Bella op die Bank.