Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.
Showing posts with label Die moeite werd. Show all posts
Showing posts with label Die moeite werd. Show all posts
Sunday, May 22, 2022
Sunday, May 15, 2022
Operations Mincemeat - 8/10
Operations Mincemeat is tonekrul lekkerkry materiaal. Die Koningin se beste word hier opgedis met die parmantigste taalgebruik, met die bes moontlike rolverdeling. Weereens geniet ons 'n film waar mens iets leer van die verlede. Saam met Bella op die Bank.
Friday, April 29, 2022
Chaos Walking - 7/10
So nou en dan is daar 'n film wat innoverend is en 'n nuwe konsep op so manier verbeeld dat mens wonder hoekom dit nie al lankal gedoen is nie. Die Noise in Chaos Walking, sowel as die grafiese uitbeelding daarvan is in meeste opsigte prettig en vars. Behalwe seker waar die wolkies donker word... Die uitbeelding van mans in die algemeen as een-dimensionele slagoffers van hul eie gedagte is dalk bietjie seksisties, maar seker dan ook raak. Makisaki, hierdie was 'n onverwagse vermaaklike fliek. Mens kan ook 'n hele Doktorsgraad doen oor die sosiologie van sulke futuristiese pioniersgemeenskappe met sy menslike tropgedrag en al. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 2, 2022
CODA - 9/10
Partymaal is die Oscar wenner die moeite werd. CODA is 'n innemende, onpretensieuse, opregte fliekie. Kyk dit beslis saam met jou wederhelf op 'n Saterdag of Sondagaand. 'n Eenvoudige storie in 'n realistiese milieu met (Oscar) vertolkings. 'n Mengsel van lag, drama, musiek en grootword en omstandighede. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, October 31, 2021
Wrath of Man - 7/10
Wrath of Man is een van die beter voorbeelde van sy genre. Dit is stylvol, nie te geweldadig nie. Die verskillende perspektiewe word interssant voorgele^, sodat elke een sin maak en nie herhalend voorkom nie. Perfekte Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Tuesday, July 27, 2021
Ted Lasso, Reeks - 10/10
Die loodsepisode van Ted Lasso lyk belowend in twee opsigte, eerstens die milieu en tweedens die dialoog en premis. Maar wat die koek steel is die hoof antagonis. Sal beslis nog 'n paar episodes kyk. Dit herinner ook sterk aan Emily in Paris. Anders as verwag het die hoofrol 'n seunsagitge onskuld in sy benadering, iets wat moeilik moes wees vir 'n Amerikaanse akteur. Hierdie reeksie raak al beter, met baie skerp en snaakse se^ goed, maar ook heelwat waarvan mens kan leers, soos bv, “Be curious, not judgmental” – Walt Whitman. Saam met Bella op die Bank.
Friday, May 28, 2021
Cruella - 8/10
Cruella is vars, met 'n skopgat klankbaan en uitstekende vertolkings. Die kostuumwerk, milieu, dialoog en karakters pas allles saam vir perfekte Vrydagaand vermaak. Ek sou wel minder rekenaargrafika verkies het. Dit is 'n langer fliek maar voel glad nie uitgerek nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, July 19, 2020
Greyhound - 8/10
Greyhound het dalk nie die beste grafiese effekte of realisme nie, maar teen die einde van die film bloei mens se voete saam met die van Tom Hanks, en voel mens amper meer uitgeput en opgevreet van die senuwees as hy. Die lyn is baie eenvoudig, maar proseduraal is die vertolkings uitstaande, reg deur die, boot? 'n Voorbeeld van wanneer 'n akteur sy sout werd is. Die film was voorgestel deur die Pretoriusse (DDMM). Die enigste steurnis - en ek is nie seker dit het wel so gebeur nie - was die gesiglose vyand se onheilspellende, maar amper lagwekkende stem. Saam met Bella op die punt van die Bank.Sunday, March 8, 2020
The Story of Racheltjie De Beer - 8/10
Na al die jare, nadat mens die verhaal op skool geleer het, en selfs lateraan gedink het Racheltjie het eintlik met haar minnaar weggeloop, kom hierdie interpretasie aan die lig wat soveel meer sin maak. Professioneel vervaardig, gepaste vertolkings, gepaste kostuums en 'n raak milieu met 'n sterk spanningslyn maak hierdie trotse kunskring materiaal. Saam met Bella in die Neelsie se Pulp Cinema by die Woordfees. Sunday, March 1, 2020
Jojo Rabbit
Jojo Rabbit is een van daardie films wat jou gaan bybly. Aan die een kant is dit humoristies, amper speels, ligsinnig. Aan die ander kant is hartroerend ontstellend. Die film slaag daarin om suksesvol die Tweede We^reld Oorlog deur die oe" van jong kinders uit te beeld. Die entoesiasme, hiper-aanpasbaarheid, aanvaarding van enige omstandighede, en die glo van wat groot mense vir jou vertel en probeer wysmaak word hier realiteit. Dan ruk dit mens terug na die harde werklikheid van oorlog. Kyk beslis, die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.Sunday, February 2, 2020
The Windermere Children - 8/10
The Windermere Children is 'n besielende film, wat sag en met onderspeelde emosie na 'n afgryslike onreg kyk. Die grim van oorlog le^ vlak in die agtergrond en sluip in die aandtonele uit. Kyk hierdie as jy iets opbouend nodig het. Die eindtonele met die ware mense laat mens net besef hoe gelukkig ons is om nie deur so tyd te gegaag het nie. Saam met Bella op die Bank. Friday, January 10, 2020
Knives Out - 7/10
Knives Out is 'n boeiende wie't-dit-gedoen (whodunit), met 'n paar kinkels in die kabel. Die milieu, vertolkings en rolverdeling is oortuigend met 'n kleinere mate van oordrywing. Wat wel erg teleurstel is die gedwonge, onoortuigende, kunsmatige, dik-in-die-tong aksent van Blanc. Toevallig met Dolittle wat ons op dieselfde dag gesien het, is dit presies dieselfde geval, net andersom! Die moedertong aksente sou in beide gevalle gepas gewees het. Ai. Saam met Bella en Anrich en Franko op die Bank (dit gebeur min, die fliek het almal oortuig om te bly sit).Thursday, June 27, 2019
Toy Story 4 - 9/10
Toy Story 4 stel die nuwe drempel vir rekenaargrafika - Dit is eenvoudig asemrowend, die velddiepte fokus, stof partikels, tekstuur, animasie, fisika, glinstering, lens effekte, lig effekte, noem maar op. Die verhaal pas perfek by die vorige films in, al voel dit so lank terug. Jy mag hierdie nie mis as jy die voriges gesien het nie! Saam met Bella en Anrich by die tjeep fliek in Zambezi Mall. Franko het dit reeds saam met die manne gesien.Tuesday, May 28, 2019
Chernobyl, Minireeks - 10/10
Chernobyl, soos Kursk, laat mens wonder hoe onbeholpe die Russe werklik is, en of hierdie net nog Yank proganda is. Dit ten spyt, is dit briljant vervaardig met vertolkings uit die boonste rakke. Dit is onstellend realisties, en hou mens vasgenaal, al het mens as jong lat die TV beelde gesien van die werklike gebeure. Saam met Bella op die Bank, Wednesday, March 13, 2019
Captain Marvel - 8/10
Captain Marvel is 'n tonekrul lekker superheld fliekie. Dit verklaar heelwat van ander karakters en die superheld heelal. Sentimentele verwysings na die tagtigers, insluitende musiek en vermaak. Glad nie lang uitgerekte gevegstonele nie, eerder kort en vol humoristiese oomblikke. As daar nou een superheld film is wat tjiekfliek vriendelik is, is dit hierdie een. Saam met Franko en Anrich by Zambezi Mall. Saturday, December 8, 2018
Bohemian Rhapsody - 9/10
Bohemian Rhapsody laat jou voete woel, vingers tik en saam sing in die teater. Die hoofrol kon nie beter vertolk gewees het nie - selfs nie oorlede Freddie sou dit so goed kon nadoen nie. Verskeie vollengte snitte maak hierdie absoluut die moeite werd om te gaan kyk in 'n teater. Saam met Bella by Capitol Cinema.Saturday, August 18, 2018
Adrift - 8/10
Adrift hou mens se aandag vasgevang, soveel so, dat mens glad nie lus voel vir enige bote na dese nie. Jy proe, ruik en voel die sout aan jou lyf. Die menslike gees bly merkwaadig en veral die wil tot oorlewing. Topgehalte vertolkings, beslis die kyk werd. Saam met Bella op die bank.Saturday, July 21, 2018
Isle of Dogs - 8/10
Ek het lanklaas so iets kreatiefs as Isle of Dogs gesien. Dit vertel 'n eenvoudige lyn met kurkdroe" humor en aanskoulike animasie. Die stemwerk is uitstekend met 'n sterbelaaide rolverdeling. Die grafika, milieu, onderspeelde humor met baie verteekte kwinkslae, kyke en nimlike karakters maak hierdie absoluut die moeite werd om te kyk. Dit is 'n veelvlakkige film, maar sonder om dit weg te steek. Kyk gerus as jy vir iets alternatief lus is. Saam met Anrich en Bella op die bank. Thursday, July 19, 2018
Mamma Mia! Here We Go Again - 8/10
Mamma Mia! Here We Go Again is beslis die moeite werd, veral as mens ABBA fe^ns is. Die lyn is lig, die musiek wikkelend, en die milieu droom-romanties. Die rolverdeling werk, al kan mens al die poly-filla sien op die ouer garde. Hierdie slag het ek en Bella dit as premiere gesien by Zambezi Mall. Sunday, July 15, 2018
The Female Brain - 7/10
Ek het The Female Brain se formaat baie geniet - die ondersteunde grafika en uittreksels dra sterk hiertoe by. Daar is verskeie snaakse tonele, met 'n hele paar wat uitstaan. Die fliek kom klinies voor, maar in hierdie geval werk dit effektief. En dit voel of mens so iets oor die mees komplekste enigma in die heelal leer. Saam met Bella op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)


