Saturday, September 29, 2018

Hold the Dark - 6/10

Hold the Dark speel in 'n ongerepte wildernes af, maar wat redelik onherbergsaam is vir mense. Op 'n fisiese vlak oorleef die mense hierdie uitdagende daaglikse aanpassing ooglopend sonder moeite. Maar dit is dan op 'n psigiese vlak wat hulle nie oofleef nie. Daar is 'n skerp kontras tussen die ongerepte uiterlike, en besoedelde innerlike. Nie 'n ligte drama nie, met spannings en ril elemente Saam met Bella op die bank.
      

Thursday, September 27, 2018

Norsemen, Seisoen 1 - 4/10

Norsemen is waarskynlik nie 'n slegte parodie op iets soos Vikings nie, maar soos The Orville, voel dit nie die moeite werd vir die tydsinvestering nie. Ons het nie eers die eerste episode klaar gekyk nie, dit voel net te lig in die broek. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Monday, September 24, 2018

The First, Seisoen 1 - 8/10

The First het 'n stylvolle karakter, helder stemwerk met komplekse onderstrome. Dit is anders op 'n goeie manier, boeiend. Strange Angel kon hierdie glad nie regkry nie. Die rolverdeling, veral vir die manlike en vroulike hoofrolle is uitnemend. Die onderspeelde rol van tegnologie oor ook verfrissend - soos dit hoort - dit werk, en is prakties sonder fanfare. Wat wel pla is die rede vir die Mars missie. Skynbaar vir oor-bevolking van die planeet (Aarde). Maar meeste van al die tonele wys groot oop spasies, uiters lae digtheid!? Of dalk is almal wat aan die program werk hiper welaf? Saam met Bella op die bank.



Johnny English Strikes Again - 6/10

Johnny English Strikes Again is nie so snaaks en oortuigend as die vorige een nie. Dit is steeds vol grappe en alles, maar mens kry die gevoel Mnr Atkinson hou so bietjie terug, of wil dalk die rol verander.... In elk geval 'n lekker teater uitstappie saam met die familie na Capitol Cinemas



Saturday, September 22, 2018

Little Italy - 5/10

Little Italy is baie lig, cliche-voorspelbaar, maar tog nie te sleg of onkykbaar nie. Tipiese tjiekfliek-stapel. Saam met Bella op die bank, 'n kou lui, Saterdagmiddag.



Friday, September 21, 2018

Zoe - 6/10

Zoe is 'n kuns-wetenskap fiksie-tjiekfliekie. Dit is ekonomies in terme van milieu, karakters, rolverdeling en draaiboek. Stadige ontwikkeling en tempo. Moet beslis nie aksie en lawaai verwag nie. Dit lewer wel sterk kommentaar op die aanvaarding van tegnologie in meer intieme kwartiere. Die vertolkings is nogals raak. Kyk dalk op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
   

The Good Cop, Seisoen 1 - 5/10

The Good Cop bring 'n ou bekende, Tony Danza, terug in 'n parodie op die cliche polisie speurder paar. Sal dit nog kans gee, lyk nog so bietjie lig in die broek. Na nog so episode of wat besluit dit is nie die belegging werd nie. 

Tuesday, September 18, 2018

Vanity Fair, Seisoen 1 - 5/10

Vanity Fair lyk in teorie na 'n sterk opsie, maar verval in net te veel oppervlakkigheid. Dit is seker dan in lyn met die titel, maar self oppervlakkigheid kan diep wees. Nee wat, nie die tyd en moeite werd nie. Saam met Bella op die bank.


Sunday, September 16, 2018

Jurassic World: Fallen Kingdom - 4/10

Jurassic World: Fallen Kingdom en al die opvolgers van die oorspronlike sal nooit regtig dieselfde impak he^ nie. Hierdie is seker nie te sleg nie, dalk bietjie meer kykbaar. Uitstaande grafika en grafies effekte. Saam met Bella en Anrich en Franko op die bank.


Skyscraper - 4/10

Skyscraper se ondergang is 'n gebrek aan humor. Daar is 'n enkele The Rock se^-ding, wat beslis nie die film red nie. Indrukwekkende grafika, tegnologie en alles, maar as ek 'n fliek van The Rock kyk, verwag ek verwysings na ander flieks en heelwat humor, al is dit onder die belt. Redelike breinlose Vrydagaand materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Tom Clancy's Jack Ryan, Seisoen 1 - 6/10

Tom Clancy's Jack Ryan is so ietwat oordrewe veral as mens in ag neem wat 'n analis kan, en mag, vermag. Die verwagte dosis oormatige Amerikaanse sentiment is deel van die reseppie, maar ten minste is dit redelike ontspannings materiaal. Daar is beter reekse, maar hierdie is kort, nie lank en uitgerek nie. Ten minste is dit nie amaterugtig nie, en die rolverdeling aanvaarbaar. Die tweede seisoen was baie pap (eerste episode), en het dus besluit om nie verder te volg nie. Saam met Bella op die bank.


Saturday, September 15, 2018

Solo: A Star Wars Story - 7/10

Solo: A Star Wars Story is heelwat beter as die vorige "A Star Wars Story" en dalk selfs beter as die laaste Star Wars film. Dit kyk lekker, het net genoeg aksie en dialoog, en dan die tipiese Star Wars humor. Saam met Bella op die bank. Franko en Anrich wou nie kyk nie, want skynbaar was die fliek so swak. 

Monday, September 10, 2018

Naked SNCTM, Minireeks - 6/10

Naked SNCTM is hedonisme op sy rykste. Teen klubgelde wat wissel tussen $50k en $100k kan net die ander helfte dit bekostig. Die episodes is kort, wys net genoeg, maar tog met 'n element van herhaling. Hierdie is waarskynklik meer bedoel as advertensie as dokumentering.