Friday, December 31, 2021

Ghostbusters: Afterlife - 2/10

Gits, Ghostbusters: Afterlife kon nie 'n swakker opvolg van die vorige film wees nie. Die film is lank en vervelig met eindelose herhaling. Hou beslis verby. Ons het na die eerste 45 minute begin spring na die einde toe net om te sien of daar wel iets sinvol gebeur. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, December 30, 2021

Hawkeye, Minireeks - 6/10

Hawkeye is 'n kort minireeksie wat heel gemaklik kyk. Dit is nie oordrewe nie, en die lyn, karakters en milieu word geloofwaardig voorgehou. Saam met Bella op die Bank.

 

Monday, December 27, 2021

The Kominsky Method, Reeks - 7/10

The Kominsky Method lyk baie belowend na 'n voorstel van Hercules. Dit is 'n sagter kykie na oudword, met heelwat skerp dialoog. Die rolverdeling is nogals alternatief vir Hollywood. Saam met Bella op die Bank.



  

Last Looks - 5/10

Last Looks is 'n redelike wieritgedoen fliekie, met 'n amperse Film Noir gevoel, maar dan ook nie. Die rolverdeling is redelik, met 'n nuwe manlike hoofrol. Dit kyk heel aangenaam en is 'n goeie opsie vir 'n Vrydagaand. Dit is egter een van die min films waar die manlike hoofrol nogals pakslae vat maar geen uitdeel nie. Saam met Bella op die Bank.




  


Sunday, December 26, 2021

Jonathan Creek, Reeks - 5/10

Jonathan Creek wys sy ouderdom ietwat, maar omdat dit 'n wieritgedoen reeksie is - elke episode is 'n saak - maak dit nie juis saak nie. Die oordrewe verhoogstyl monoloog optrede van die akteurs is by tye komies en/of irriterend, maar dit lyk of latere seisoene beter raak in hierdie opsig. Saam met Bella op die Bank.



  

Saturday, December 25, 2021

Dopesick, Minireeks - 7/10

Dopesick, tesame met Don't Look Up! en Dr Death bevestig heelwat wat mens vermoed, en dan besef is waarskynlik nog erger as wat mens kan indink. Kort nou net 'n reeksie oor wat ons elke dag eet... Die reeks is beslis nie vermaaklik nie, met interpretasie rondom werklike gebeure. Die wonderpynmiddel bestaan steeds, en die uiteinde is dat die familie steeds een van die rykstes in die wereld is. Die rolverdeling is gepas met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.


Being the Ricardos - 5/10

Being the Ricardos is waarskynlik uigtstekend met sy sterk rolverdeling en gepaste vertolkings. Die periode lyk romanties en raak, sowel as die stel, stelinkleding en kostuumwerk. Dalk sou dit sin gemaak het as ons die sepies gekyk het waarin Lucille Ball verskyn het. Met te min konteks vir die drama het ons die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank. 






Friday, December 24, 2021

Don't Look Up! - 8/10

Don't Look Up! lewer sterk sosiale kommentaar. Alhoewel die lyn handel oor 'n komeet wat die aarde gaan tref, is die kommentaar direk van toepassing op meeste globale gebeure en reaksies, soos bv die huidige pandemie en aardverwarming. As mens verby die kommentaar kyk is die fliek op sy eie ook vermaaklik. Dit is ook 'n uitstekende opsomming van 2020 en 2021 in een. Die rolverdeling is perfek met sterk vertolkings. Reaksies en gebeure is (en gaan) waarskynlik erger wees as wat uitgebeeld word. Die film bevestig ook ou Leo as 'n top manlike hoofakteur. Ek is egter seker, agv van die nabye pandemie analogie gaan hierdie film sneuwel by die toekenningsgeleenthede... Saam met Bella op die Bank.


Thursday, December 23, 2021

Fosse/Verdon, Minireeks - 5/10

Fosse/Verdon is waarskynlik uitstekend, maar dalk nie iets wat ons nou sal volg nie. Saam met Bella op die Bank.



Wednesday, December 22, 2021

The Matrix: Resurrections - 2/10

The Matrix: Resurrection lei aan die voorprent siekte - dit lyk erg belowend met baie koel tonele, en dan het die voorprent al die koel tonele bevat en die res van die film is so saai en vervelig mens sukkel om al die baie praat en herhaling te verduur. Regtig 'n swak poging. Saam met Bella op die Bank. 



 

Sunday, December 19, 2021

Annika, Reeks - 6/10

Annika is 'n mengsel van Sweedse eenvoud en Skotse aksent. Die episodes staan grootliks alleen met 'n paar drade wat deurvleg. Die karakters is geloofwaardig en die dialoog beslis meer volwasse. Die sake is nie te kompleks of fantasties nie, maar met genoeg lyf om mens gei"nteresseerd te hou. Europese reeks bly steeds verfrissend gestroop van pretensie. Saam met Bella op die Bank.   



Chapelwaite, Reeks - 5/10

Chapelwaite is waarskynlik die moeite werd, maar net te donker vir ons. Die milieu, kostuumwerk, rolverdeling en klankryke styl is uitstekend, maar dalk nie vir nou nie. Saam met Bella op die Bank. 


 

Maid, Minireeks - 5/10

Maid is waarskynlik beter as die punt wat ek gee, maar ons het na sowat 15 minute van die loodsepisode besluit hierdie dalk nie die moeite werd nie. Saam met Bella op die Bank.


Spiderman: No Way Home - 6/10

Ek sou nie reken Spiderman: No Way Home is die beste ooit nie, maar mens geniet dit tog. Min of meer alles soos te verwagte, meesal in die oortreffende trap. Saam met Bella en Franko by Kolonnade. 






Saturday, December 18, 2021

The French Dispatch - 6/10

The French Dispatch is 'n vertoonstuk van kreatiwiteit, talent en stilistiese uitdrukking in 'n kleurvolle skynwe^reld. Meer vir ervare kunskring liefhebbers bedoel. Die verteltrantstyl is ook baie spesifiek. Die film is tong in die kies komies, maar eerder eienaardig as skatersnaaks. Saam met Bella op die Bank.



 

  

Thursday, December 16, 2021

Sorjonen: Muraalimurhat (Bordertown: The Mural Murders) - 5/10

Sorjonen: Muraalimurhat is redelike wieritgedoen materiaal, maar die hoofkarakter se anderste gedrag werk nie so goed nie. Dit val nie in die kategorie van Monk, Mentalist of Lie to Me nie. Die lyn is ook taamlik kompleks, en sekere details raak tog verlore in die vertaling, veral die meer filosofiese elemente. Saam met Bella op die Bank.

  



Sunday, December 12, 2021

De Tweeling - 7/10

De Tweeling is 'n Tweede We^reld Oorlog periode drama met 'n geloofwaardige storie. Dit het 'n duursame gevoel en ordentlik vervaardig. Daar is ook heelwat Duits saam met die Hollands, wat mens redelik kan volg. Saam met Bella op die Bank.




Friday, December 10, 2021

The Hating Game - 5/10

The Hating Game doen glad nie te sleg vir sy genre nie. Dit bly 'n tjiekfliek met mooi mense. In geen opsig oordadig nie, heel kykbaar. 'n Aanvaarbare opsie as vakansiefliekie. Saam met Bella op die Bank.

 

Sunday, December 5, 2021

Belfast - 7/10

Belfast vertel die Noord Ierse Konflik vanuit die perspektief van 'n jong laaitie. Die film is nie oormatig sensasioneel of sentimenteel nie, en is nie in kleur nie. Dit versag die konflik, geweld en bloederige tonele heelwat. Dit is maar 'n hartseer verhaal, maar nogals heel kykbaar. Die rolverdeling en vertolkings is uit die boonste rakke, tesame met die milieu stelinkleding en kostuumwerk. Alles voel getrou. Saam met Bella op die Bank.   



Saturday, December 4, 2021

The Last Duel - 7/10

The Last Duel voel baie realisties en periode getrou. Die rolverdeling, vertolkings, kostuumwerk en milieu is van geen detail ontsien nie. As jy van Ridley Scott flieks hou, kyk hierdie een beslis. Saam met Bella op die Bank.


  

What We Do in the Shadows, Reeks - 6/10

What We Do in the Shadows is 'n skyn-dokumente^r. Dit is beslis nie almal se koppie tee nie, maar het regtig snaakse tonele. Saam met Bella op die Bank.


  


Friday, November 26, 2021

A Little Chaos - 7/10

Dit lyk asof ons A Little Chaos gemis het, dit is 'n 2014 film. Beslis die moeite werd as periode Franse kunsfilms jou ding is. Net jammer dit is nie in Frans met onderskrifte nie. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, November 25, 2021

The Wheel of Time, Reeks - 5/10

The Wheel of Time begin nie te sterk nie, ek sal dit nog so een episode kans gee. Bella wil dit egter graag klaar kyk, so ek sal seker saam kyk. Ek sou nie se^ hierdie is ekwivalent aan Game of Thrones of Carnival Row nie. Saam met haar op die Bank.



Sunday, November 21, 2021

The Colour Room - 7/10

The Colour Room is 'n sterk herinnering aan die mensdom se baie onlangse ontwakening. Allerhande "-ismes" was tot onlangs die globale, algemene, aanvaarde norm, en is waarskynlik steeds so in sekere plekke. 'n Gevoelvolle vertelling van die struwelings teen die stelsel van een talentvolle kunstenares. Saam met Bella op die Bank.

 

  

Saturday, November 20, 2021

Hell Hath No Fury - 6/10

Hell Hath No Fury is gedeeltelik op ware gebeure en persone gebaseer. Die periode en milieu is dalk nie 100% getrou nie, maar bleik outentiek en visueel akkuraat te wees. Dit storie is nie onwaarskynlik nie, met sterk vertolkings. Hulle het waarskynlik gespaar op die kostuum begroting, die vroulike hoofrol was meesal geklee in 'n enkele onderrokkie. 'n Tweede We^reld Oorlog aksie-drama. Saam met Bella op die Bank.


  

Saturday, November 13, 2021

Red Notice - 5/10

Red Notice bewys dat drie van die top Hollywood akteurs nie eers 'n film kan red en deurtrek nie. Behalwe vir die sporadiese snaakse opmerkings is hierdie maar flouerig, ten spyte van die asemrowende milieus en groot begroting stel. Baie gemiddelde materiaal vir 'n pap Vrydagaand of saai Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.

  

Saturday, November 6, 2021

Finch - 8/10

Finch is 'n juweeltjie wat mens sterk herinner aan die mens s'n sterk sin vir oorlewing maar dan ook omgee vir ander. Mens kom ook gou agter die film gaan nie 'n gelukkige einde he^ nie. Saam met Bella op die Bank.


    

Friday, November 5, 2021

Army of Thieves - 6/10

Army of Thieves is nie die beste bankroof fliek ooit nie, maar hou tog die aandag. Die rolverdeling werk redelik, maar dit is waarskynlik die milieu en stelinkleding wat beter doen. Gepaste Vrydagaand of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.


Tuesday, November 2, 2021

James May, Oh Cook!, Minireeks, Realiteit Televisie- 6/10

James May, Oh Cook! is maar net 'n vuller tussen die skaars Grand Tour episodes. Sal wel van die geregte probeer, maar mens kyk hierdie eerder vir die dreunende monoloog as die kulline^re waarde daarvan. Ek het die Japan reeksie meer geniet. Saam met Anrich en Bella op die Bank.

Sien ook die ander twee se manewales, waarvan die plaas een onverwags waardevol was.





Sunday, October 31, 2021

Cezanne et Moi - 7/10

Cezanne et Moi is nie ligte materiaal en nie, en getrou aan die Franse kunsfilm genre. Dit eindig dan ook hartseer, getrou aan die ware gebeure. Bedoel vir ervare kunsfliekgangers. Saam met Bella op die Bank.





Wrath of Man - 7/10

Wrath of Man is een van die beter voorbeelde van sy genre. Dit is stylvol, nie te geweldadig nie. Die verskillende perspektiewe word interssant voorgele^, sodat elke een sin maak en nie herhalend voorkom nie. Perfekte Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.




 

Friday, October 29, 2021

My Salinger Year - 4/10

Nee, gits, My Salinger Year is dalk vir 'n jonger gehoor bedoel. Sowat 15minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank. 




Celle Que Vous Croyez (Who You Think I Am) - 2/10

Celle Que Vous Croyez het belowend gebleik, maar kon dit nie deurkyk nie. Dalk te modern? Saam met Bella op die Bank.


Nomadland - 9/10

Ek het nie baie hoe" verwagtings van die film gehad nie. Dit is wel stilweg ontstellend en ontnugterend en sal mens nogals bybly. Nie die gewone filmpulp nie, hierdie het 'n sterk dokumente^re gevoel, maar alhoewel dit op ware persone, wat in die film deelneem, en gebeure gebaseer is, is dit steeds 'n hoe" profiel aktrise se interpretasie en persepsie van omstandighede en situasies. Maar dit hou mens vasgenael. Beslis nie hoofstroom materiaal nie, en wel Oscar materiaal. Saam met Bella op die Bank.



 

Apex - 2/10

Apex werk net nie, sowat 15 minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank.




Monday, October 25, 2021

Venom: Let There Be Carnage - 6/10

Dit is die humor van Venom in Venom: Let There Be Carnage wat dit red. Die humor is ook seker meer onverwags vir die tipe monster. Die fliek is korter met tonele wat net genoeg laat - nie lang en uitgerekte oukies nie. Saam met Franko in die Menlyn teater

  

Saturday, October 23, 2021

Clickbait, Minireeks - 6/10

Clickbait hou mens redelik aan die wonder. Gelukkig is dit 'n korter reeksie en met heelwat wat in elke episode gebeur - daar is nie regtig 'n vuller episode nie. Dit raak ook beter na die einde toe. Saam met Bella op die Bank.



Only Murders in the Building, Reeks - 7/10

Only Murders in the Building is die perfekte kort reeksie, met kort episodes. Die onverwagte rolverdeling werk uitstekend, met ervare vertolkings. Dit is prettig, al is dit 'n wieritgedoen, snaaks en vol eienaardighede. Beslis die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, October 22, 2021

Dune (2021) - 7/10

Dune is 'n fliek van epiese skaal - alles is in die oortreffende trap, veral die imposante geboue, strukture en ruimteskepe. Selfs die dorheid van die woestyn met sy absolute waterskaarste is keeldroog epies (Hulle speog in sulke klein masjientjies wat dan in klein tot bekertjies bedien word). Die fliek is die eerste van twee (of dalk drie), so dit eindig met afwagting. Die tegnologie en milieu voel toekomskorrek. Die rolverdeling werk en die kostuumwerk en stelinkleding pas by die dramatiese skaal van die film. Verwag lang kamera skote, stil dialoog en fokus op die visuele. Wetenskapfiksie kuns. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, October 17, 2021

De slag om de Schelde (The Forgotten Battle) - 8/10

De slag om de Schelde draai geen doekies om nie, dit wys oorlog vir wat dit werklik is. 'n Grim, donker, onstellende en onnodige aksie waar sommige mense hul donkerste onderwesens uitleef ten koste van ander. Die magtelose gevoel wanneer sinlose verwoesting sonder rede en keuse gesaai word, is 'n deurdraende tema. Die tonele voel hiper realisties, mens beleef dit met alle sintuie. As jy sterk voel. Uitstaande produksie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, October 16, 2021

The City of Your Final Destination - 7/10

The City of Your Final Destination is 'n ouer kunsfliek met 'n sterk rolverdeling. Die milieu lyk soos 'n stukkie hemel op aarde. Dit is die moeite werd om te kyk, maar dit ontgaan my watter een van die rolle swakker verolk was. Saam met Bella op die Bank.







Friday, October 15, 2021

Die in a Gunfight - 3/10

Die in a Gunfight lyk net na die tipe fliek wat ons sal klaar kyk nie. Het sowat 15 minute gekyk en dit gelos. Saam met Bella op die Bank.






Monday, October 11, 2021

Dan Brown's The Lost Symbol, Reeks - 5/10

The Lost Symbol is redelike kyk materiaal, met ietwat minder impak as die flieks. Van die episodes voel so bietjie uitgerek en soos met hierdie tipe stories, is die finale episode taamlik teleurstellend. Saam met Bella op die Bank.





Sunday, October 10, 2021

No Time to Die - 7/10

No Time to Die is dalk Daniel se beste nog. Dit fokus minder op die spiertier een eerder meer op die gladde mond. Skynbaar het die vervaardigers 'n ook besluit gemaak oor die James Bond persona, wat beslis die verloop van die film bepaal. Nogsteeds pret om die fliek te kon gaan kyk saam met Bella en Franko by Menlyn.


Saturday, October 9, 2021

O2 (ook bekend as Dawn of War) - 7/10

O2 is 'n ouskool spioenasie drama in 'n realistiese en gepaste milieu en periode. Dit is glad nie pretensieus nie, en verloop soos mens sou verwag hierdie tipe gebeure verloop. Beslis bedoel vir aficionados van die genre, tydperk en milieu. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, October 8, 2021

Adventures of a Mathematician - 7/10

Adventures of a Mathematician is 'n stadiger weergawe van die Manhattan Projek gebeure en dan vanuit 'n persoonlike oogpunt. Die milieu, periode en kostuumwerk voel realisties. Ek het meer van Manhattan gehou, maar dan is dit twee verskillende benaderings. Die fokus is hier minder op die tegniese aspekte van die berugte projek. Saam met Bella op die Bank.






Wednesday, October 6, 2021

Foundation, Reeks - 5/10

Foundation begin met pragtige grafika, maar ten spyte van die ryk produksie voel dit pap en flou. As episodes twee en drie nie drasties optel nie, gaan ons dit vir eers los. Episode twee was verveliger as die eerste, so vir eers los ons hierdie reeksie. Saam met Bella op die Bank.



Monday, October 4, 2021

Falling for Figaro - 6/10

Falling for Figaro sou bitter vinnig kon verval in sentimentaliteit. Dit doen egter nie. Die milieu en byrolle maak dit aangenaam kykbaar en lig. 'n Eenvoudige storie wat met net genoeg drama en humor vertel word. Saam met Bella op die Bank in die Natalse Middellande, Rawdons, kamer 24. 


Friday, October 1, 2021

The Many Saints of Newark - 7/10

Al het mens net geweet van The Sopranos en dit nie gevolg nie, maak The Many Saints of Newark steeds 'n puik film. Die periode en rolverdeling is getrou aan die reeks. Alles maak sin. Kyk gerus, en dan gaan jy waarskynlik die reeks wil kyk of selfs weer kyk. Saam met Bella op die Bank.



 

Friday, September 24, 2021

Free Guy - 7/10

Ek het Free Guy geniet, maar Pixels was beter. Die grafika is verbysterend, veral die vloei tussen realiteit en skynwerklikheid. Bella het dit baie geniet. Die milieu, periode, kostuumwerk en rolverdeling werk goed. Daar is dan ook heelwat versteekte humor en kameerolle. Saam met Bella op die Bank.