Sunday, May 29, 2022

The Match - 7/10

Moet nie 'n Hollywood einde met The Match verwag nie. Dit is nie histories 100% korrek nie, maar van die belangrike dele is wel. Goed en geloofwaardig vervaardig. Bevestig die monsters wat oorlog mense maak. Saam met Bella op die Bank.

 

Top Gun: Maverick - 8/10

Top Gun: Maverick doen gestand aan sy voorganger, al is dit soveel jare later. Die enigste kritiek wat ek kan he^, is die heelwat swakker klankbaan en minder gebruik van die vorige treffers. Moes ons eerste poging laat staan by Kolonnade, al die sitplekke was uitverkoop, maar met die tweede slag kon ons die film te sien kry.    




Sunday, May 22, 2022

The Last Bus (2021) - 8/10

Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 21, 2022

Anatomy of a Scandal, Minireeks - 7/10

Anatomy of a Scandal druk mens nogals tot klaarkyk (wat is 'n beter term vir binge watch?). Die rolverdeling is gepas, die vertolkings net-net genoeg oormatig en oordrewe, en die lyn grotendeels geloofwaardig. 'n Puik vervaardige minireeks wat beslis die kyk en tyd werd is. Herinner tot 'n mate aan The Undoing, maar hierdie poging is meer stylvol met 'n geloofwaardige, bevredigende ontknoping. Saam met Bella op die Bank.





Fukushima: A Nuclear Story - 7/10

Fukushima: A Nuclear Story het 'n rustige pas, maat skep 'n grim beeld van atoomenergie. Dit voel nie sensaioneel nie, maar dit sal mens self nooit kan vasstel nie. Wel die moeite werd al is dit net vir 'n oorsig van die gebeure. Saam met Anrich op die Bank.



Sunday, May 15, 2022

Operations Mincemeat - 8/10

Operations Mincemeat is tonekrul lekkerkry materiaal. Die Koningin se beste word hier opgedis met die parmantigste taalgebruik, met die bes moontlike rolverdeling. Weereens geniet ons 'n film waar mens iets leer van die verlede. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, May 14, 2022

The Northman - 7/10

The Northman voel meer getrou as iets soos Vikings of The Last Kingdom - beide skep heeltemal te luukse beelde van soveel jare terug en omstandighede. Die rolverdeling werk met sterk vertolkings en 'n geloofwaardige storielyn. Kyk gerus as jy van die twee bg. reekse gehou het. Saam met Bella op die Bank.



 

Friday, May 13, 2022

The Lost City - 6/10

The Lost City is genre gewys een van die beter voorbeelde uit die Hollywood drukpers - sonder te veel pretensie en erns, met genoeg simpel humor. Vrydagaand springmielie meteriaal as ligte vermaak en ontspanning. Saam met Bella op die Bank. 
 

Sunday, May 8, 2022

The Bombardment (aka The Shadow in my Eye) - 7/10

The Bombardment bevestig die grim van oorlog, wel op 'n gevoelvolle, stylvolle manier. 'n Eenvoudige reeks van gebeure wat tot die ondenkbare gelei het. Beslis iets wat jy moet kyk as jy die Tweede We^reldoorlog geskiedenis interessant vind. Uitstekend vervaardig. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 7, 2022

Percy Vs Goliath - 6/10

Percy Vs Goliath is 'n eenvoudige fliekie met 'n groot boodskap. Geld wen altyd. Eintlik maar net nog meer onstellende materiaal vir denke. Saam met Bella op die Bank.


Monday, May 2, 2022

Reacher, Reeks - 6/10

Reacher is lewensgroot maar koop mens se guns met sy skerp dialoog. Die loodsepisode is belowend met geloofwaardige karakters. Sal die korter reekse klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.


David Attenborough: A Life on Our Planet - 6/10

David Attenborough: A Life on Our Planet is uiteindelik 'n opsomming van verskeie van sy bekende programme. Die opsomming is egter neerdrukkend met 'n klein gleufie hoop vir ons geliefde planeet. Saam met Anrich op die Bank.