Saturday, May 29, 2021

To Olivia - 7/10

Mens verwag dat iemand soos Roald Dahl deur die lewe sweef op humor, grappies en koekies. Dit is wel nie so nie. To Olivia begin aanvanklik lig, raak dan heel swaar met 'n drama as finale. Hoe na alles aan die waarheid is, is seker 'n oop vraag. Beslis nie vermaak nie, eerder 'n stukkie van die lewe in 'n sprokie milieu. Saam met Bella op die Bank.



  

Friday, May 28, 2021

Flowers, Reeks - 6/10

Flowers is 'n taamlike makabere reeksie met donker humor. Dit het 'n vreemde vermaaklikheids faktor met heelwat disfunksionele karakters. Gelukkig is dit kort episodes. Waarskynlik meer vir fynproewers bedoel. Die tweede seisoen, en ook die eerste seisoen finale is nog vreemder en tot 'n mate onstellend. Dit ondersoek die donker hoekies en krakies van eksistensialisme sonder skroom. Beslis vir geharde connoisseurs bedoel. Saam met Bella op die Bank.


  

Cruella - 8/10

Cruella is vars, met 'n skopgat klankbaan en uitstekende vertolkings. Die kostuumwerk, milieu, dialoog en karakters pas allles saam vir perfekte Vrydagaand vermaak. Ek sou wel minder rekenaargrafika verkies het. Dit is 'n langer fliek maar voel glad nie uitgerek nie. Saam met Bella op die Bank.

 

Sunday, May 23, 2021

The War Below - 7/10

The War Below versteek net genoeg van die grim van oorlog om dit gemaklik kykbaar te maak. Dit is nogals 'n inspirerende stukkie geskiedenis van die "Laaste Groot Oorlog" (The Last Great War), oftewel die Eerste We^reld Oorlog. Dit is 'n sagte, gevoelvolle vertelling, met min fanfare. Beslis vir geskiedenis fynproewers bedoel. Saam met Bella op die Bank.





Saturday, May 22, 2021

Kampterrein - 4/10

Kampterrein is nie te bar nie, heel kykbaar maar ook heel voorspelbaar. Die oordrewe uitbleeding van tipiese Suid Afrikaanse gedrag en stereotipes laat mens ongemaklik giggel. Saam met Bella op die Bank.



  

Friday, May 21, 2021

The Last Vermeer - 6/10

The Last Vermeer is 'n rustige, net na die Tweede We^reld Oorlog, fliekie. Dit bevat heelwat minder van die grim van oorlog en handel meer oor die kuns en hofsaak rakende Van Meegeren. Die rolverdeling is verdienstelik met 'n getroue milieu en periode. Maklike kykmateriaal vir die tema wat behandel word. Saam met Bella op die Bank. 

 

Saturday, May 15, 2021

Hond se Dinges - 3/10

Hond se Dinges is kommon Afrikaanse, ver-onder-die-belt, bar vermaak. Dit bly wel snaaks vir 'n pap Vrydagaand op die bank. Saam met Bella op die Bank.




Friday, May 14, 2021

The Dig - 8/10

The Dig is 'n kragtoer - die film is soos 'n pragtige foto van vervloee" dae wat mens aanhou bekoor. Dit is stil, sterk en oortuigend. 'n Eenvoudige verhaal, gebaseer op ware gebeure. Perfekte rolverdeling, getroue periode en milieu. Voorbeeld van 'n kunsfliek. Saam met Bella op die Bank.




Thursday, May 13, 2021

Jupiter's Legacy, Reeks - 6/10

Wel, tussen Jupiter's Legacy, Superman and Lois en The Boys kan mens met oortuiging se^ dat dit nie maklik is om in vandag se lewe 'n superheld te wees nie. Die manne in mantels en stywe broekies moet politiek, ekonomie, risiko's en verwagtings aanhoudend bestuur. Om nie van moeilike nageslagte te praat nie. Superkragte beteken absoluut niks tydens kind grootmaak nie. Hierdie reeks het sy oomblikke, maar minder so as die ander twee hierbo. Die reeksie herinner ook ietwat aan Dawson's Creek met al die tiener hormone. Saam met Bella op die Bank.


  

Wednesday, May 12, 2021

Shadow and Bone, Reeks - 5/10

Shadow and Bone het waarskynlik indrukwekkende grafika, maar nie oortuig ons gaan die moeite doen om dit te volg nie. Dalk sal van die rekenaarspeletjie gardes dit geniet. Saam met Bella op die Bank.




The Luminaries, Minireeks - 5/10

The Luminaries is 'n kort minireeks, dalk so ietwat gemiddeld. Sal dit maar klaar kyk, ten minste is die milieu en periode interessant. Saam met Bella op die Bank.


 

Mare of Easttown, Reeks - 5/10

Mare of Easttown lyk bogemmideld goed, maar is net te realisties-donker. Ek is seker daar is uitstekende vertolkings en dialoog, maar dalk nie nou nie. Saam met Bella op die Bank.




 

The Victim, Minireeks - 5/10

The Victim lyk goed, maar nie so seker ons gaan deur hierdie een wil sit nie. Saam met Bella op die Bank.



 

Saturday, May 8, 2021

Dark Waters - 6/10

Dark Waters is 'n wel vervaardigde periode drama, gebaseer op ware gebeure. Hoe onstellend dit ookal mag wees, is hierdie beslis nie beperk tot Teflon nie. Ek is oortuig daar is verskeie soortgelyke sake en gevalle, baie onder die mat versteek en baie nog net nie ontbloot nie. Uitnemende vertolkings in 'n grim milieu. Nie vermaak nie, eerder stof tot denke. Saam met Bella op die Bank. 



 

Avenue 5, Reeks - 7/10

Avenue 5 herinner sterk aan Better Off Ted. Hierdie laat mens nie aanhoudend giggel nie, maar van die makabere grappe laat mens nogals skater. Die humor is vlymskerp, die vertolkings sterk en gepas oordrewe, en die verbasing oortuigend. Daar is 'n paar grepe wat mens moeilik gaan vergeet, veral die verwysing na Konig Tut en sy kosblikke. Saam met Bella op die Bank.  



Saturday, May 1, 2021

Ammonite - 5/10

Wel, Ammonite het sekerlik 'n stadiger pas as die waarteen fossiele vorm. Ek is ook oortuig die oormatige fokus op Mary Anning se seksuele orientasie doen juis afbreek aan wat die film probeer tuisbring - die miskenning van haar bydrae tot paleontologie. Dit verval op dieselfde manier - net van die ander kant af. Die vertolkings is sterk, uitstaande, net soos die milieu en periode. Dalk net vir geharde kunsfliekgangers. Saam met Bella op die Bank.