Sunday, February 19, 2012

The Double - 1/10

Aag nee wat, wat 'n pap ou FBI/CSI/KGB/... fliekie. Cliches op sy ergste met vrot vertolkings daarby. Vermy dalk maar eerder. Saam met Bella op die bank. 

Inkheart - 6/10

Inkheart is 'n lekker kykfliekie, en nog een vir die familie, alhoewel nie vir die kleinstes se smaak nie. Jammer dit was nie 'n sukses by die loket nie. Moet nie egter nie te veel verwag as jy dit kyk nie. Saam met die familie op die bank.

In Time - 8/10

In Time is 'n redelik styvolle futuristiese drama (ek sou dit nie as wetenskapfiskie klassifiseer nie) wat met 'n baie interessante, relevante tema spog. Ek sou reken die toekomsprentjie is baie realisties wat hulle daarin skep. Nie te veel aksie gedrewe nie, maar tog genoeg daarvan. As mens net na die plakaat kyk is dit al duidelik, hierdie is minimalisme, gebalanseerd. Kyk gerus op enige aand van die week. Ons het die baie geniet. Saam met Bella op die bank. 

Johnny English Reborn - 6/10

Johnny English Reborn is 'n lekker Vrydagaand fliekie vir die familie. Dit kan dalk doen met nog so bietjie ekstra humor, maar is oor die algemeen snaaks genoeg vir 'n lekker ontspanne aandjie tuis. Daar is 'n paar puik Standard IV seun grappe... Saam met die familie op die bank.

Monday, February 13, 2012

The Iron Lady - 7/10

The Iron Lady is definitief Oscar materiaal, maar beslis nie vermaaklik nie. Die hoofrol word uitnemend vertolk, maar anders as The King's Speech, is dit bloot net 'n dokumenter. Ek sou dit steeds gekyk het, al het ek toe geweet wat ek nou weet. Tipiese Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank. 

Saturday, February 11, 2012

The Big Year - 3/10

Met drie sulke name (al hou ek glad nie van Jack Black nie) moes The Big Year ordes snaakser gewees het... Dit is maar baie flou en ek het nie eens eenkeer hard gelag nie. Dit is 'n oulike storie, maar dan is dit ook waar dit bly. Wat 'n vermorsing van rou komedie talent. Ai. Op SA265 van Munich na Johannesburg

Thursday, February 9, 2012

Love and Other Impossible Pursuits (The Other Woman) - 4/10

Love and Other Impossible Pursuits (The Other Woman) is 'n swaar drama, met heelwat om die lyf. Dit kyk egter moeilik, en is maar 'n gewroeg regdeur. Dalk was ek net nie lus vir so gesukkel op 'n Vrydagaand nie. Kyk as jy sterk van gees voel die dag. Saam met Bella op die bank.

The Pirates of Silicon Valley - 6/10

Ek wonder hoe sou hierdie fliek post Jobs gelyk het, waarskynlik hom in 'n baie beter lig voorgestel het... Kyk gerus as jy meer wil verstaan van die rekenaar reuse van vandag. Ek het nooit besef DOS is gebaseer of die Seattle Computer Products se produk nie.... Saam met Bella op die bank. 

Tamara Drewe - 8/10

Wat 'n lekker fliek is Tamara Drewe nie! Dit is nouwel 'n goeie tjiekfliek, maar dit is baie kykbaar, veral wanneer sy in die kort denimpie oor die heining klim... Kyk gerus saam met jou beterhelf, jy gaan beslis punte score. Saam met Bella op die bank.

Sherlock Holmes: A Game of Shadows - 7/10

Ah, Sherlock by gedaante van Mr Downey bly maar lekker om te kyk, alhoewel nie so goed as die eerste nie. Die slag het dit vir my 'n meer ernstige ondertoon, en ook 'n magtelose gevoel in die gesig van die immer-skurk, Dr Moriarty. Kyk gerus as jy van die eerste gehou het. Saam met Francois en Willie in die Kolonade teater

Wednesday, February 8, 2012

The Dive at Clauson's Pier - 4/10

Hierdie fliek is nie eers op IMDB nie! Dit is 'n Kanadese tipe film op DSTV gewees. Moet maar nie kyk nie, 'n gewone verhaal met min om die lyf. Saam met Bella op die bank, in Bloemfontein terwyl op vakansie.

Killshot - 6/10


Killshot is nog 'n tipiese Rourke fliek, met sy kenmerkende gesels, stap en houding. Dit is 'n redelike fliek, maar ek sou nie moeite doen om dit uit te neem of te kyk nie. Taamlike karakterontwikkeling, met so bietjie meer hart na die einde se kant toe. Die jong, protoge gekaard is egter net irriterend in die film. Saam met Bella op die bank, nog op vakansie as ek reg onthou...

The Adventures of Tintin: The Secret of the Unicorn - 8/10

Tintin is escapism of sy beste, en dan nog boonop rekenaar grafika daarby. Die laasgenoemde is so goed gedoen, mens vergeet soms daarvan. Die karakters lewe voor die "'kamera". Die lyn het genoeg spanning, aksie en humor om 'n hele gesin te vermaak. Kyk gerus saam met jou ouma of kleinboet. Ek het dit baie geniet. Op vakansie saam met die familie in die teater die slag, by Gateway, Umhlanga. 

Tuesday, February 7, 2012

Friends with Benefits - 5/10

Ek het dalk meer van Friends with Benefits verwag, maar dit bevat maar baie cliches. Heel kykbaar, seker as tjiekfliek, maar kon beter, veral vir die tema. Dit het darem so bietjie meer hart as die standaard tjiekfliekie. Moet ook se^ dat alhoewel ek glad nie 'n Timberlake fe^n is nie, is hy nie te vrot in die fliek nie. Saam met Bella op die bank.

Butterfly on a Wheel - 6/10

Butterfly on a Wheel (ook bekend as Shattered) laat mens dankbaar wees vir jou gewone lewe. Lekker spanning wat stadig ontvou, met 'n paar verassings hier en daar..... Redelike kyk materiaal vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank.

The Smurfs - 6/10

The Smurfs is terug, kan jy glo!? Die immergewilde karaktertjies van die vroee" tagtigs is weer in. Mens sing saam, lalalalalala as jy werk. Baie goeie kortvolk materiaal, met 'n goeie Gargamel vertolking. Saam met die kinders op die bank.

Shaun of the Dead - 4/10

Shaun of the Dead is sommer lekker breinlose zombie-grapjas materiaal. Dit is lig, oordrewe, en snaaks. Kyk gerus as jy zombieflieks as 'n ernstige genre opneem. Pegg bly een van my gunsteling komedie akteurs, en dan is hy nog Brits ook. Saam met Bella op die vakansie? bank. 

Personal Effects - 7/10

Nogals twee sterk sake wat aangeraak word deur Personal Effects. Wel, beide geld seker as tema onderwerpe. Verlies deur dood, en dan verhoudings oor die ouderdomgrens. Sielvolle, stadige, emosionele vertolkings deur al die rolspelers. Met so 'n gesin, sou ek lankal seker pad gevat het.... Saam met Bella op die vakansie? bank.

Sweeney Todd, The Demon Barber of Fleet Street - 5/10

Wel, ou Sweeney was 'n nare haarkapper. Die verhaal is grim, selfs die milieu, met goeie vertolkings (vir 'n musical). Dalk net te grim vir my gemoed gewees. Slegs as jy 'n redelike sterk maag het. Op vakansie saam met Bella op die bank (as ek reg onthou), maar al weer terug by die huis darem.

Red Riding Hood - 7/10

Het ek nou darem nie vir jou Red Riding Hood geniet nie! Die moderne, maar nog steeds in-die-bos in 'n tyd-lank-lank-gelede, kykie, met 'n kinkel op die oorspronklike, is heel spannend. Selfs al voel mens jy ken mos nou al die storie teen hierdie tyd, vang jy jouself gespanne raak, of dit nou vir die wolf, rooikappie of die hupse ouma is, weet ek nie. Kyk gerus, maar dalk eerder vir net ouer-as-laerskool kinders bedoel. En wie kan 'n beter keuse as Amanda wees as Rooikappie? Saam met Bella op die vakansie bank, ek kan nie meer reg onthou nie.

The Fountain - 5/10

Ek is seker ek het The Fountain al voorheen gesien, maar kon dit nie in my rekords opspoor nie. Dit is drie verhale, in mekaar verweef, maar oor tyd versprei. Dit verwar aanvanklik, maar maak seker na die einde toe sin, tot 'n mate. Dit handel oor 'n baie aktuele saak, maar nie tot so 'n vlak dat mens voel die fliek kry enige insig daartoe nie. Die fliek probeer half transendentaal voorkom, maar is dit glad nie. Te veel pretensie na my sin. Kyk gerus as jy pseudo-erig voel. Saam met Bella op die bank. Ek dink hierdie was al op vakansie in 2011 gewees. 

Across the Hall - 7/10

Sjoe, praat van ekonomie, klein milieu, min akteurs, en baie spanning met 'n kinkel in die kabel aan die einde wat jou kop sal laat draai. Amper 'n regte Hitchcock einde. Kyk gerus as jy lus raak om aan jou fliekstoel te knaag. Die detail aan die begin van die portier wat gereedmaak is asemrowend. Saam met Bella op die bank, ook nog in 2011 (Oujaarsaand op vakansie).

The Whole Ten Yards - 3/10

Ek wonder of The Whole Nine Yards, wat ek net gedeeltelik gesien het, ook so flou was. Daar is so een of twee vrek snaakse grappe, maar dan is dit ook al. Selfs nie my gunsteling, Peet, red hierdie nie. Ai. Die fliek voel amper Kanadees. Saam met Bella op die bank, iewers einde 2011, in Bloemfontein oppad na vakansie.

The Twilight Saga: Eclipse - 5/10

The Twilight Saga: Eclipse is hoe"rskool materiaal, dit is vol tiener intrige, humor en onderspeelde entoesiasme oor die lewe en goeters. Kyk gerus as jy 'n tiener het, of as jy soos een voel... Saam met Bella op die bank, ook iewers aan die einde van 2011. Ja ek is so agter met al my resensensies...

Hoodwinked Too! Hood versus Evil - 5/10

Al wat ek van Hoodwinked II kan onthou, is Hansel en Gretel se "aaaah schnitzel!" uitroep. Die kinders het die fliek baie geniet, met seker 'n ietsie van 'n dubbelvlak storie. Kyk gerus saam met die kortvolk. Saam met die familie op die bank, iewers aan die einde van 2011.

Monday, February 6, 2012

Valetine's Day - 4/10

Valentine's Day is regte Hollywood sentiment op sy beste met 'n redelik sterbelaaide rolverdeling. Die lyn is heel voorspelbaar en die skakel tussen mense wat aan die einde gewys word 'n lekker ou Cliche al. Kyk gerus as jy alleen voel op 'n Vaaltyn dag, beslis 'n tjiekfliek. Op die vliegtuig van Johannesburg na Munich

Platteland - 6/10

Platteland is is heel kykbaar, as mens in ag neem dit is nog 'n Afrikaanse musical. Dit is dalk so bietjie oppervlakkig en geforseerd. Kyk gerus, maar moet nie hoe" verwagtings he^ nie... Saam met Bella op die bank

Saturday, February 4, 2012

Another Earth - 8/10

Another Earth is heel onverwags nie regtige wetenskapfiksie nie, maar eerder 'n drama met ondertone daarvan. Dit beweeg stadig, en moet nie opwinding of aksie verwag nie, eerder 'n hartseer, tragiese verhaal. Die film kyk na keuses wat mens maak, selfs wanneer hulle amper onbewus is, maar wat verreikende gevolge het. Die spel is puik, dalk so klein bietjie geforseerd op 'n plek of wat, maar eerlik genoeg dat dit nie pla nie. Ekonomie, beide ten opsigte van die karakters en milieu versterk die boodskap wat die film probeer oordra. Die fliek het amper 'n daaglikse gevoel. Kyk gerus as dieper materiaal, waarskynlik gepas vir 'n Sondagaand. Ek sou reken dit is glad nie hoofstroom nie, beslis conniosseur materiaal. Saam met Bella op die bank.