Wednesday, May 7, 2014

The Physician - 6/10

Ten spyte van die milieu, vertolkings, storie, en geskiedenis, is The Physician nie vir my so goed as wat ek sou gehoop het nie. Dit bly steeds die moeite werd om te kyk. Saam met Bella terwyl ons in Champagne Valley, Drakensberg was.

The Hobbit: The Desolation of Smaug - 6/10

The Hobbit: The Desolation of Smaug het indrukwekkende grafika, voel vir my minder grim as die ander in die reeks, maar is tog minder vermaaklik as die ander. Saam met Bella terwyl ons in Champagne Valley, Drakensberg was.  

Her - 6/10

Her is puik vervaardig met uitstekende vertolkings, enigste probleem is dat dit 'n redelike vervelige middelstuk het. Ons is reeds daar, kyk net na hoe mense optree in publieke spasies. Baie nugter kykie na wat wag. As jy nie die film kyk vir vermaak nie, kyk ten minste die eerste deel net om die tegnologie te waardeer en daai stem... Mens kan hierdie as 'n tjiek-wetenskap fiksie prent klassifiseer. Saam met Bella op die bank.


The White Queen, Seisoen 1 - 7/10

The White Queen is nog 'n lekker periode drama reeks oor die Engelse aristokrasie. Dit is redelik getrou aan die era met sterk vertolkings. Kyk gerus as jy in hierdie geskiedenis belangstel, lyk of hulle dit redelik probeer volg. Saam met Bella op die bank.

American Hustle - 4/10

American Hustle praat te veel, my kop draai steeds. Dit is seker baie goed vervaardig met oortuigende vertolkings. Ook seker komedie wat ander kan waardeer, maar nie my koppie tee nie. Dit het nogals 'n verassende kinkel aan die einde, arme man... Saam met Bella op die bank.

Intelligence, Seisoen 1 - 5/10

Intelligence begin heel goed, maar verval dan gou in redelik gewone episodes met 'n poging van 'n lyn om die episodes te bind. Kyk gerus op dubbel-spoed, jy gaan nie baie mis nie. Red van Once Upon a Time speel 'n baie geldende rol hier, in vergelyking met haar rol in Once Upon a Time. Sy is egter nog nie op die vlak van Shaw in Person of Interest nie...  Saam met Bella op die bank.

Veronica Mars - 5/10

Veronica Mars probeer neo noir maar slaag nie heeltemal nie. Dit is kykbaar, maar ek dink die hoofrol kon dalk beter toegeken word. Die lyn is eenvoudig met 'n paar kinkels, eie aan noir. Die film voel te meganisties in sy uitvoering, daar is nie improvisering of interpretasie betrokke nie. Saam met Bella op die bank.