Sunday, January 29, 2012

Another Happy Day - 4/10

Another Happy Day is 'n baie swaar drama, en nie donker komedie soos die kassie se^ nie... Enige ander familie lyk soos engeltjies teen hier mense....maar wat mens wel kan se^ is dat hulle darem met mekaar praat al is dit verby mekaar. Nogals growwe taalgebruik, en slegs as jy baie, baie sterk voel. Helemal die verkeerde keuse vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Wat wel baie sterk uitstaan, en mens kyk amper daarby verby oor die donker drama, is die puik toneelspel deur al die akteurs. Werklik uitstaande. Kyk op sterk waarskuwing en eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Saturday, January 28, 2012

Passion Play - 8/10

Passion Play het baie swak met toetsgehore by Toronto gedoen, en lyk dit my so $3k gemaak uit 'n begroting van $15m....eina. Dit is 'n volwasse fantasie, wel ten minste seker dan kategories. Ek besef hulle het sterk kontras tussen Rourke en Fox probeer gebruik, amper as 'n esktra karakter in die film, maar Rourke is dan op die ou einde net te onwaarskynlik as 'n papperd wat sonder moeite deur 'n amper eenderse Murray se lyfwagte rondgeklap word. Ek het die fliek baie geniet, dit beweeg teen 'n redelike pas, dalk te stadig vir 'n Vrydagaand, maar dit is al die ondertone en die baie verassende einde wat mens laat dink die Toronters het te gou moed opgegee om nie die fliekie klaar te kyk nie. Die einde bevestig dan 'n paar eksistensialistiese, selfsug en ander vrae oor die lewe en liefde. Anders as verwag, is die film ook glad nie vol geweld of ander grim nie. Kyk gerus, maar besef dit is nie gewone hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, January 21, 2012

The Tempest - 8/10

The Tempest is ou Willem Wikkelspies op sy stukke. Ongelukkig het ons hierdie op 'n Vrydagaand, eers heelwat na tien begin kyk, dus was ek bietjie moeg om al die ou Engels mooi te kan volg. As dit nie vir die onderskrifte was nie, sou ek niks verstaan het nie....  Die fliek het amper 'n eksperimentele gevoel, mar is visueel meesterlik gedoen. Die vertlokings dink ek was baie naby aan wat Shakespeare in gedagte gehad het. Kyk dalk eerder op 'n Sondagaand as jy meer kognitief voel. As die fliek in hedendaagse Engels vertaal was, reken ek dit sou heelwat beter gedoen het as die $250k wat dit verdien het (Dit het $20m gekos om te maak, eina) maar dan sou heelwat van die effek verlore gegaan het. Kyk gerus as jy op skool 'n A vir Engels gekry het. O, en kyk die ekstra materiaal, die Hawaii eiland waar dit geskiet was, is envoudig asemrowend. Ongelukkig is dit in privaat besit. so geen kans om soontoe te gaan nie... Saam met Bella op die bank. 

Friday, January 20, 2012

Chalet Girl - 6/10

Chalet Girl doen vir Switserland wat Bridget Jones vir Engeland gedoen het. Lekker ligte fliekie vir 'n Vrydag of Satrerdag aand, selfs in die week. Saam met Bella op die bank. 

The Pacifier - 5/10

The Pacifier is 'n lekker laerskoollaaitie fliek. Baie geniet saam met die hele familie op die bank. 

The Mechanic - 6/10

Daar is iets aan Jason Statham se manier van skop, skiet en donder flieke wat ek net laaik. The Mechanic is geen uitsondering nie, en het 'n paar lekker tonekrul krulle in die lyn. Kyk gerus as jy die aand soos Mnr Bond of so voel. En vrek, wens ek kon daai huis en kar ry....ai, en daar blaas hulle alles vir jou op. Die vlak van detail wat die ou aan dink is uitsonderlik.... Saam met Bella op die bank (wat dit ook baie geniet het).

Captain America, The First Avenger - 8/10

Ek het Captain America baie geniet. Die gevoel, milieu en tema werk net alles vir my lekker saam. Dit is goeie fantasie, maar dalk nie so onmoontlik nie... Soortgelyk aan die eerste Incredible Hulk met Eric Bana, meer die denkende superheld fliek. Saam met Bella op die bank. 

The Hangover II - 4/10


Wel, as mens Nommer 1 gesien het, is hierdie dalk maar net nog presies dieselfde, net 'n ander plek & tyd. Die tema raak dalk nou holrug gery. Kyk gerus as jy baie breindood voel. Dit bly egter plek-plek maar steeds snaaks, breindood grappe en al. Op die vliegtuig van MUC na JNB (Greding). 

Cowboys and Aliens - 5/10

Ek het Cowboys and Aliens redelik geniet, maar dit staan nie juis uit nie, dalk het ek te veel van die kombinasie verwag. Lekker breinlose Vrydagaand vermaak. Saam met Bella op die bank, nog laas in 2011! (ja ek is so ver agter...)

Wednesday, January 11, 2012

Mission: Impossible - Ghost Protocol - 7/10


Hierdie uitgawe van die Mission Impossible reeks het een van die koelste fliektruuks ooit, 'n valsmuur wat in die Kremlin gang geskep word. Dalk so ietwat voorspelbaar, maar met lekker aksie wat mens nogals heelwat op die punt van jou sitplek hou. Kyk gerus vir lekker ontpanning. Saam met Bella en Franko by Zambezi Mall vir die laat fliek op 'n Dinsdagaand. Haai, foeitog, die Mall het niks meer winkels nie, net die Checkers en Pep.... ai. O, en mens fliek hier vir net R19-50! As hulle dit kan regkry, en die mall bly skaars oop, hoe kan Nu-Metro dan vir 3 mense R125 vra?