Sunday, July 31, 2016

The Angry Birds Movie - 8/10

Dit is verbasend wat hulle kon regkry deur 'n redelike eenvoudige rekenaarspeletjie te verander in 'n fliek. Daar is net te veel grappe om te vang, sal dit weer moet kyk, en die slag met subtitels.... Die film werk op alle ouderdomsvlakke. Die beste wat hulle kon regkry is om onderliggende frustrasie so tasbaar en uitdrukbaar te kry met komieklike animasie karakters. Mens sien die daaglikse lewe voor jou afspeel. 'n Hele paar Meesters en Doktors grade se materiaal. Kyk hierdie gerus, jy sal aangenaam verras wees. Saam met Bella, Anrich, Franko, Matthew en Corne op die bank.

The Wild Life - 5/10

The Wild Life is perfekte laat laerskool vermaak, dalk selfs eerder middel laerskool. Nietemin, met 'n belangrike lewenslessie of twee darem nie te sleg vir die oueres nie. Saam met Bella, Anrich, Corne en Matthew op die bank. Franko en Hester het nie alles gekyk nie... 

Saturday, July 9, 2016

Happythankyoumoreplease - 6/10

Happythankyoumoreplease is 'n meer kunserige tjiekfliekie. Dit het redelike sterk karakter ontwikkeling, en die rolverdeling werk goed, asook New York as 'n milieu. Het 'n paar sterk sentimentele oomblikke, met 'n bietjie van 'n Hollywood cliche' einde, Die pas is so bietjie stadig, dus sal dit beter vaar in 'n properse teater as op 'n televisieskerm. Saam met Bella op die bank.

Sunday, July 3, 2016

Marco Polo, Seisoen 1 & 2 - 9/10

Marco Polo lyk heel kykbaar. Kort seisoene, en dit lyk of mens iets kan leer van Oubaas  Ghengis en sy afstammelinge. Het op die ou einde die reeks, Seisoen 1 & 2, baie geniet. Ons hou duim vas hulle maak nog een Seisoen.... Saam met Bella op die bank.

Trouvoete - 4/10

Trouvoete is 'n ligte tjiekfliekie en beslis vir die meisies bedoel, en nie die beste Afrikaanse fliek in die pak nie. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Top Gear, Verskeie Seisoene - 7/10

Top Gear met sy drie mal Britte is beslis nie 'n gewone motorprogram nie. Hulle doen mal, onvanpaste dinge, maar met gusto en pret. Saam met Anrich en Franko op die bank. Ons het nie naastenbly al die episodes gekyk nie. Jammer dit hulle ook nou gestop het. 

Get a Job - 3/10

Get a Job is een van daardie flieks wat ons moes ophou kyk. Dit verlei mens egter dat dit binnekort gaan verbeter, maar dan doen dit nie... Baie onder die belt humor (nie van die tienersoort nie), naie oppervlakkig, baie vervelig. En eintlik nie snaaks nie. Die tema het soveel potensiaal, dis 'n jammerte. Saam met Bella op die bank.


Survivor - 7/10

Survivor staan bo ander soortgelyke films uit in die sin dat dit geen vloek of familie onvriendelike tonele bevat nie. Dit is nou behalwe vir die paar ouens wat geskiet word. Maar, steeds nie met 'n oormatige donker tema nie. Die aksie en ontvlugtingstonele is geloofwaardig, die rolverdeling gepas, en Londen as verhoog perfek. Saam met Bella op die bank.

Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows - 5/10

Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows is sommer net plein genot, met al die rekenaargrafika, toestelletjies, toertjies en tong-in-die-kies grappe. Uiteindelik is hierdie nie pretensieuse vermaak nie, dit omarm oordonderende vermaak ten volle. Dit voel so bietjie lank en uitgerek, ten spyte van die korter gevegstonele, iets wat nogals erg kan wees in soortgelyke films. Kyk gerus vir breinlose vermaak. Saam met Anrich by Kolonnade. Franko was op Sabie Landloopkamp, ek op 'n Vrydag verlofdag. 



Irrational Man - 6/10

Irrational Man is 'n gemiddelde Woody Allen, met 'n interessante spanningslyn. Die vertolkings is 100% Allen-styl, en soos gewoonlik, 'n ssemrowende milieu, in hierdie geval, sensuele Newport. Die einde is ongelukkig voorspelbaar, maar daar is genoeg opsies sodat mens dalk die verkeerde einde voorspel. Saam met Bella op die bank.

Max - 5/10

Max is 'n tipiese sentimentele Amerikaanse held fliek, maar wat tog die moeite werd is om te kyk, al is dit vir die verbloemde lewenslessie of twee. Saam met Anrich en Bella op die bank. Franko was op Landloopkamp, Sabie.