Sunday, July 28, 2019

Tolkien - 6/10

Hoe waar ook al Tolkien se weergawe is van die persoon en sy vriende, is die film 'n definitiewe moet vir kunsfliekgangers. Dit is sag en weerloos, en voel eintlik minder skerp en fors as die bekende trilogie van flieks. Goeie vertolkings en rolverdeling. Saam met Bella op die Bank.

 

Saturday, July 27, 2019

Hunter Killer - 6/10

Hunter Killer is redelike materiaal met 'n sterk spanningslyn, maar faal agv die taal vertolkings. Dit voel net nie reg dat Russe so praat nie. Steeds materiaal tot nadenke, maar kon soveel meer impak gehad het as hulle meer getrou aan die kultuur was. Saam met Bella op die Bank.


Friday, July 26, 2019

The Little Drummer Girl, Minireeks - 7/10

The Little Drummer Girl lyk na 'n stewige minireeks. Het dit oppad terug van Nanjing op KA 811 begin kyk, maar besluit om dit te los vir die huis saam met Bella. Die eerste episode skep 'n getroue periode drama konteks teen die agtergrond van historiese konteks. Lekker. Saam met Bella op die Bank.


American Made - 8/10

American Made is amper nog meer ontstellend as Beirut. Amerika is eintlik self verantwoordelike vir sy eie dwelm probleem.... Hierdie een is meer Hollywoods as Beirut, maar dan is dit waarskynlik so gewees, baie geld beinvloed baie. Materiaal wat mens laat dink. Oppad terug van Nanjing op KA 811 / CX 749.


Monday, July 22, 2019

Beirut - 9/10

Beirut is waarskynlik een van die beste voorbeelde in sy genre. Dit speel af in 'n milieu wat nou al soos 'n ou bekende voel as gevolg van verskeie soortgelyke films. Wat hierdie film onderskei is die afwesigheid van sinlose martel en gewelds tonele. Die lyn, dialoog en vertolkings doen die harde werk. Hoogs aan te beveel. Oppad na Nanjing op CX 748 / KA 810.

The Big Short - 8/10

The Big Short is eintlik maar op vele vlakke onstellend, en nie in die sin wat mens assosieer met flieks nie. Daar is 'n krioeltjie wat in mens se rig af beweeg as jy eers besef hoe korrup ons we^reld en gepaargaande, maar aanvaarde, stelsels is. En hierdie is nie klein stelseltjies nie, dit is groot masjiene wat miljoene mense affekteer. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is 'n meer tegniese fliek wat ekonomie en oudit studente beter sal verstaan. Die rolverdeling is puik en die vertolkings daarby ook. O, en dit is redelik feitelik akkuraat, as daar so iets is, maar dit maak die einde soveel meer pynlik. Oppad na Nanjing op CX 748


Sunday, July 21, 2019

Supervized - 5/10

Supervized bevestig dat oudword nie vir kinders of sissies is nie. Dit is 'n ligte fliekie, dalk ietwat voorspelbaar, maar tog kykbaar en vermaaklik. Dit is dalk nie die beste Sondagaand materiaal nie, dalk eerder vir 'n Vrydag of Saterdagaand bedoel. Dit is nie pretensieus nie, en beslis nie 'n Hollywood produksie nie. 'n Paar snaakse tonele met skerp dialoog hier en daar. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, July 20, 2019

Lying and Stealing - 4/10

Lying and Stealing het 'n resep vir vermaak, maar faal ongelukig met die uitvoering. Daar is elektriese chemie tussen die twee hoofrolle, maar red nie die fliekie van onder gemiddeldheid nie. Saam met Bella op die Bank.

Hellboy (2019) - 5/10

Het Hellboy saam met Bella en Anrich begin kyk op die Bank (sowat 15 minute). Het dit wel later oppad na Nanjing op CX 748 klaar gekyk. Die droe" humor, op en aanmerkings en verwysings hou dit net-net interessant genoeg. Sal nie moeite doen om dit te kyk nie, maar as jy 12 ure het om te verwyl is dit seker nie so sleg nie.



Sunday, July 14, 2019

Die Byl, Seisoen 1 - 6/10

Die Byl lyk belowend en blykbaar is die tweede seisoen afwagtend goed. Tipiese Suid Afrikaanse produksie met gemengde vertolkings. Sal dit beslis nog kans gee. Saam met Bella via Showmax.


Saturday, July 13, 2019

Black Sea - 7/10

Black Sea begin met 'n stywe spanningslyn wat darem redelik ontknoop. Perfekte mateiaal vir 'n Saterdagaand - nie te swaaar nie, maar ook nie ligte materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.

Friday, July 12, 2019

Fisherman's Friends - 7/10

Fisherman's Friends is 'n ligte en voorspelbare kykie na 'n klein vissers gemeenskappie wat soos die hemel lyk. Dit is nou wel op ware gebeure gebaseer, maar vat nie die kykgenot daarvan weg nie. Saam met Bella op die bank. 

Thursday, July 11, 2019

Death and Nightingales, Minireeks- 6/10

Death and Nightingales is broeiende Ierse materiaal. Daar is net drie episodes, met 'n taamlike stadige pas. Intrige, drama en konflik en 'n mistroostige milieu wat pas by al die onstuimige innerlikes. Saam met Bella op die Bank.

Monday, July 8, 2019

The Rook, Seisoen 1 - 5/10

The Rook is net te pap en sonder fut. Mens vind ook nie besondere aanklank by die karakters nie. Sal dalk eerder nie die tyd investeer nie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, July 6, 2019

Deep State, Seisoen 1 - 6/10

Deep State voel oortuigend en laat mens wonder hoe sake gaan verloop. Sal waarskynlik net Seisoen 1 kyk, die volgende handel oor 'n nuwe area, nuwe probleme en nuwe mense. Saam met Bella op die Bank.


13 Minutes - 7/10

13 Minutes is op verskeie vlakke ontstellend. Dit laat mens hardop wonder wat sou gebeur het as Elser wel geslaag het? Hierdie is oorlog connoisseur materiaal op sy beste, Duits met Engelse onderskrifte. Van die skote is pynlik (fisies en sielkundig) uitgerek. Nie ligte vermaak nie. Saam met Bella op die Bank.

The Hummingbird Project - 6/10

The Hummingbird Project laat mens nogals wonder hoekom iemand so 'n tema sal gebruik vir 'n fliek as kanaal vir 'n dieper boodskap. As dit dalk op ware gebeuere gebaseer was of so, maar hierdie is nie. Die rolverdeling is goed, die vertolkings tegnies korrek met hart. Die fliek kyk nie onaardig nie, maar ek wonder so bietjie oor die punt daarvan? Saam met Bella op die bank.