Wednesday, January 29, 2014

Identity Thief - 5/10

Identity Thief is gemiddelde Hollywood stapel met 'n oormatige uitdrukking of onderdrukking van emosies. Die vroulike hoofrol werk nou maar eenmaal net nie lekker nie. Daar is wel 'n paar baie snaakse tonele, wat dit seker van 'n gewisse 3 of 4 red. Kyk versigtig. Saam met Bella op die bank in Ballito.


Rumour Has It - 3/10

Ten spyte van Jen se lyf, en die rol verdeling, is hierdie maar power. Die konsep is eintlik heel interessant, net jammer hulle druk dit te ver. Swakkerige vertolkings, ongeloofwaardige situasies, alles tel teen hierdie oukie. Beslis op eie risiko as jy kies om hierdie van die rak af te haal. Saam met Bella op die bank in Ballito.



Closed Circuit - 6/10

Closed Circuit is 'n redelike spanningsdrama wat afspeel in London. Dit opsigself gee die film 'n minder Hollywood gevoel. Vertolkings is redelik goed, en die lyn heeltemal geloofwaardig. Mens kan ook amper nerens mee wegkruip nie! Saam met Bella op die bank in Ballito.



Monday, January 27, 2014

Clear History - 3/10

Ek het helemal vergeet, maar Larry David, wat erg vermom met 'n Moses-baard was, is een van my mees ongunstelingste akteurs ooit. Veral in hierdie fliek. En dit maak nie saak dat hy Seinfeld gedoen het nie... In elk geval, die fliek praat mens pap, of eerder dan liewe Larry. Die plot het potensiaal, maar dan asseblief net met 'n ander akteur. Het maar deur dit gewroeg. Larry se Woody Allen na-aapstyl werk glad nie. Saam met Bella op die bank in Ballito



Damsels in Distress - 0/10

Damsels in Distress moet ten alle koste vermy word. Dit het patetiese dialoog met 'n alfa-meisie wat mens teen die dak wil vasplak. Kon net die eerste 15 minute uithou. Dit gebeur min dat ons 'n fliek so gou afskakel. Saam met Bella op die bank in Ballito

Downton Abbey, Seisoen 1 tot 4 - 7/10

Downton Abbey is 'n puik periode drama, met goeie vertolkings, onvergeetlike milieu en baie atmosfeer. Die intriges is lekker vinnig, realisties, en net soos die Britte kan, baie pittig. Is al reeds by Seisoen 3. Saam met Bella op die bank.

The Butler - 7/10

Forest Whitaker se vertolking is puik in The Butler. Sy The Last King of Scotland was dalk so aks beter, maar nietemin. Die fliek daal so slag of wat in die politieke laagtes in, maar vertel op die ou einde 'n redelike apolitiese verhaal. Kyk gerus as jy ietwat sterker voel, die materiaal is nie orals lig nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, January 26, 2014

Summer in February - 7/10

Summer in February is 'n stadige kunsfliekie in die mooiste milieu. Dit handel oor 'n suksesvolle kunstenaar, of ten minste die dames in sy lewe. Die milieu is egter so asemrowend dat dit bykans die kuns en storie oorrompel. Moet nie baie aksie verwag nie, 'n stadige, pragtige, hartseer verhaal wat stadig ontvou soos wat mens sou skilder. Gepas vir 'n rustige aand. Saam met Bella op die bank. 

Monday, January 20, 2014

Mud - 8/10

Mud is 'n pretensielose kunsfliekie. Dit is geskik vir die hele familie, maar besef dit het wel 'n PG-13 perk. Die verhaal is eenvoudig, met 'n aanvoelbare spanningslyn. Ou Matt doen heel goed en kan ernstig opgeneem word in sy vertolking. Saam met die familie op die bank, insluitend Ouma Lenie wat hier vir die Kerstyd gekuier het. 

Elysium - 7/10

Elysium is heel kykbaar, maar ek moet se^ dat Sharlto Copley se aksent irriterend raak...al is hy van SA af. Die fliek het 'n heel moontlike lyn, en nogals goeie grafika. Saam met Bella op die bank.

Saturday, January 18, 2014

About Time - 9/10

About Time is 'n bittersoet, ligte wetenskapfiksie, realistiese mens-drama, lekkerkyk tjiekfliekie. Dit is hoogs aan te beveel. Humor,  karakter en verhoudings ontwikkeling, realistiese vrese en reaksies word in 'n tonekrul manier geweef. Die vertolkings is uitstaande en die milieu 'n ekstra karakter. Kyk op een van daai rooiwyn-tjoklits inbly aande, teug die tonele in, en geniet. Die klankbaan is puik, in pas met die ondertone van die film. Beslis een van my gunsteling flieks vir die afgelope jaar of wat. Net gewonder waar hierdie fliekie weggekruip het, reg om ontdek te word. Saam met Bella op die bank.


Friday, January 17, 2014

Percy Jackson: Sea of Monsters - 5/10

Redelike fliekie, meer gemik op die jonger mark, maar tog kykbaar. Saam met die familie op die bank.


Tuesday, January 14, 2014

Getaway - 3/10

Getaway faal grotendeels oor die swak vertolkings, veral die van die hoof aktrise. Onwaarskynlike motor truuks, papperige spanningslyne maak hierdie nie die moeite werd nie. Saam met die familie op die bank.