Saturday, April 21, 2018

Psych: The Movie - 6/10

Mens kan Psych: The Movie net kyk as jy die reeks gevolg het. Hierdie voel ook dan soos een ietwat langer episode... Tipiese Psych manewales en lawwighede, baie lig. Saam met Bella op die bank.

Killing Eve, Seisoen 1 - 8/10

Killing Eve is tong-in-die-kies, met 'n raak rolverdeling. Al die Europese stede en areas maak mens groen van jaloesie, veral die gemak en styl waarmee hulle tussen die beweeg. Nie 'n lang reeks nie, so sal dit beslis kyk, tensy dit sepierig raak. Saam met Bella op die bank.  


Sunday, April 15, 2018

The Post - 7/10

The Post leer mens ten minste iets nuuts oor die Amerikaners en hul politiek. Voorbeeld vertolkings met 'n sterbelaaide rolverdeling. Perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.


Wonder Wheel - 5/10

Wonder Wheel is akademies en teoreties uitstekende materiaal. Die rolverdeling, milieu, periode en kostuumwerk kan nie beter nie. Maar dit faal onnodiglik en klaaglik as vermaak. Die vrou praat mens van jou kop af! Soveel so dat ek hoofpyn begin kry het. Genadiglik het ek nie hierdie in 'n teater gesien nie... Saam met Bella op die bank. 

Saturday, April 14, 2018

Maze Runner: The Death Cure - 3/10

Maze Runner: The Death Cure is baie flou en vervelig, soveel so, ek het die laaste 30 minute eerder nie gekyk nie.... Die enigste rede om nie 'n 2/10 te gee nie, is die feit dat dit in en rondom Kaapstad geskiet is... Saam met Bella op die bank. Franko en Michelle het dit apart gekyk, maar het my die einde vertel - ek gaan dit nie eers klaar kyk nie. 

Sunday, April 8, 2018

Z: The Beginning of Everything, Seisoen 1 - 5/10

Z: The Beginning of Everything is redelik, maar dalk oorheers die Southerner gevoel dit net te veel. Ek sal nie meer as een Seisoen kan kyk nie. Saam met Bella op die bank.



The Hitchhiker's Guide to the Galaxy - 6/10

Ons het The Hitchhiker's Guide to the Galaxy gekyk destyds tydens vrylating in SA. Nou weer saam met Anrich gekyl op die bank. Sal tog baie deurmekaar en onsinvol lyk as mens dit kyk sonder om die boeke te gelees het. Redelike akkurate weergawe van die boeke. Die rolverdeling bly goed, al is dit soveel jare later. 
\


Annihilation - 6/10

Annihilation is 'n kombinasie van Stranger Things, Avatar, Under the Dome en The Mist. Dit het 'n redelike spaningslyn en is darem nie te grim nie. Ietwat voorspelbaar. Saam met Bella op die bank.


Phantom Thread - 4/10

Phantom Thread handel op die ou einde net oor een simpel onwaarskynlike en disfunksionele verhouding. Teen die einde van die fliek - mens het aanhoudend hoop vir iets sinvols - voel dit baie doelloos en leeg. Hierdie is kunsfliek op sy ergste. Die eerste opmeet toneel is baie sensueel, maar dan is dit die finale toneel wat mens laat hoop het vir iets sinvols. Die intensiteit van die film verander van rat en modus - van misterie na meganika. Aag nee wat, vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.


Megan Leavey - 5/10

Het Megan Leavey tweedehands gekyk terwyl Bella dit op die bank gekyk het. 


Saturday, April 7, 2018

Lady Bird - 6/10

Lady Bird is dalk net te tjiekfliek, maar die dialoog hou tog mens (mans) se aandag. 'n Ander rolverdeling sou waarskynlik gefaal het. Saaam met Bella op die bank.

Friday, April 6, 2018

American Assassin - 5/10

American Assassin is redelike Vrydagaand materiaal, nie te ernstig nie, en darem tot 'n mate vermaaklik. Net te Hollywoods en te veel Amerikaanse sentiment, met so paar gate in die lyn. Ten minste 'n paar gunsteling Europese stede se bekende vistas....ai... Saam met Bella op die bank.