Wednesday, April 27, 2016

Waking Ned Devine - 6/10

As jy van die Skotte hou, hulle land en kleiner dorpies, is hierdie perfek. Lekker lig, redelik humoristies, dit sal jou ten minste laat glimlag. Die karakters is almal prettig ten spyte van hulle ouderdom... Tully Moore is beslis 'n plekkie waar ek sal kan afsaal en rus. Ai. Saam met Bella op die bank.

Alex of Venice - 5/10

Soos Bella reken, hierdie is nie 'n kunsfliek nie, wel 'n kunsmatige fliek. Systroom kunsfliekie, gewone Amerikaanse sentiment, eintlik maar flouerig, maar tog kykbaar tot 'n mate. Saam met Bella op die bank.


Maze Runner: The Scorch Trials - 4/10

Maze Runner: The Scorch Trials het heelwat aksie, redelike grafika, maar is 'n vervelige ou fliekie. Hierdie een val maar eintlik dan pap en slaag nie daarin om die eerste film gestand te doen nie. Vermy gerus. Saam met Bella op die bank.  

Accidental Love - 0/10

Hou baie van die roadhouse begin, maar dan is die res aap. Het na so 5 minute besluit hierdie is nie vir ons nie. 

Wrong Cops - 0/10

Begin kyk, na 5 minute besluit hierdie is nie vir ons nie. Saam met Bella op die bank. Hou verby. 



Captain America: Civil War - 7/10

Captain America: Civil War is nogals aan die lang kant, maar is heel kykbaar met 'n goeie mengsel van veg, lag en drama. Kyk gerus as jy van die Marvel flieks hou. Ek het nogals die grappies tydens die Spiderman dele geniet. Saam met Anrich en Franko by Zambezi Mall

Sunday, April 17, 2016

The Revenant - 5/10

Wel, moet nie na my punt kyk nie, The Revenant is waarskynlik film akademie op sy eerste graad onderskeidingsvlak beste. Maar dit bewys my punt, dat Oscar materiaal nie altyd is wat die verbruiker wil he^ nie. Dit is lank, dink Dances with Wolves, stadig, grusaam en waarskynlik hiper-realisties. Uitstekend tegnies, maar eintlik geen vermaaklikheids waarde nie. Mens leer darem seker iets van hoe wild die wereld op 'n stadium was. Saam met Bella op die bank.



Unfinished Business - 5/10

Unfinished Business is nogals heel polities onkorrek, met heelwat snaakse tonele, baie daarvan ietwat onder die belt, en kru. Beslis nie familie vermaak nie, en net as jy lus voel vir breinlose vermaak. Dit het egter op 'n baie versteekte vlak seker 'n boodskap, maar dan moet jy baie fyn kyk om dit enigsins in hierdie oppervlakkige, oordrewe vertolkings te sien. Dit is ook die tweede film wat ons onlangs gekyk het wat Berlyn na 'n oulike bestemming laat lyk. Saam met Bella op die bank.


Stan Lee's Lucky Man, Seisoen 1 - 7/10

Net al die mooi London maak hierdie reeks al die moeite werd om te kyk. Die eerste episode begin stadig, maar eindig dan met 'n taamlike naelbyt slot wat dan oorstaan tot die volgende episode. 'n Alternatiewe reeks, Brits en voel heel luuks. Saam met Bella op die bank. Anrich het die eerste episode saamgekyk, maar nie sy koppie tee nie.

Saturday, April 9, 2016

Posthumous - 5/10

Posthumous is 'n baie ligte tjiekfliekie met 'n ontspanne pas. Min aksie, maar tog wil mens verder kyk. Ek vermoed die milieu, Berlyn, het heelwat daarmee te make, dit word dan ook ingespan as 'n rol in die film. Saam met Bella op die bank.

Thursday, April 7, 2016

Houdini and Doyle, Seisoen 1 - 5/10

Houdini and Doyle lyk so bietjie beter as Jekyll & Hyde, kon darem deur die eerste episode sit. Sal dalk nog een kyk, en sien. Saam met Bella op die bank.


Jekyll & Hyde, Seisoen 1 - 4/10

Jekyll & Hyde het heel toeganklik gelyk, maar by verdere ondersoek het ons besluit om die aftog te blaas, sommer met die eerste episode, en ook halfpad deur die eposide. Saam met Bella op die bank.

Tuesday, April 5, 2016

Little Boy - 8/10

Sjoe, nogals hartseer met stukkie maar dan 'n Hollywood einde tot die redding. Little Boy is 'n diamantjie, weggesteek tussen baie ander flieks, 'n regte voel-goed oukie. Kyk gerus as jy bietjie af voel, hierdie sal jou demone se sake vir hulle werk. Soos Bella se^, hierdie is 'n fliek tydens die Tweede Wereld Oorlog, maar sonder meeste van die grafiese grim, geweld. Die naam Little Boy is dan ook 'n verwysing tot Little Boy. Saam met Bella op die bank. 

Killing Kennedy - 7/10

Stadige, gevoelvolle vertelling van die Kennedy sluipmoord. Mens ken die verhaal, maar hierdie is nog steeds die moeite werd om te kyk. Hoe sterk dit feitelik korrek is, is sekerlik 'n ope vraag. Daar word steeds 'n paar feite/teoriee" aan die lig gebring wat ek nie van bewus was nie. Die vertolkings is gepas, die retro-milieu perfek. Saam met Bella in Clarens op die bed-bank.

The Neighbors, Seisoen 1 - 5/10

The Neighbors is gewone Amerikaanse sitkom stapel, maar die premis is nogals naaks. Kort episodes, so ons druk hulle hier en daar in. Moet nie baie verwag nie. Saam met Bella en Anrich op die bank.


Endeavour, Seisoen 1 - 6/10

Endeavour is redelike Britse whodunit. Verleidelike milieu, redelike vertolkings en tipiese terug-gehoue gedrag. Sal waarskynlik nie al die episodes kyk nie, ook omdat ons sukkel om almal in die hande te kry... Omdat die episodes 1.5uur is, is hierdie perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.

Monday, April 4, 2016

Alvin and the Chipmunks: The Road Chip - 5/10

Jip, Alvin and the Chipmunks: The Road Chip is werklik pure kortvolk materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank, in paaiemente. 

Just Visiting - 4/10

Just Visiting is 'n ouerige (2001) fliekie. Dit het 'n paar snaakse tonele, en dan ook sterk Amerikaanse toilet-humor. Kyk op 'n baie breinlose Vrydagaand met springmielies, en liefs nie pepperminte nie. Reno werk altyd goed in komedie. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Love The Coopers - 4/10

Love the Coopers is tipiese Hollywood sentiment, Amerikaanse cliche-drama stapel. Dit kyk heel aanvaarbaar, maar ek sou nie moeite doen om dit te kyk nie. Redelike milieu, rolverdeling en vertolkings. Saam met Bella op die Clarens bed-bank.

Sunday, April 3, 2016

Sicario - 4/10

Sicario is baie goed vervaardig, dit voel ook hiper realisties, maar dan ook soos 'n dokumentêr. Ek is nie seker hoekom iemand spesifiek oor hierdie sub-tema van dwelmhandel 'n fliek wou maak nie, dalk is dit iemand aan die binnekant? In elk geval, die vroulike hoofrol is 'n baie onwaarskynlike tawwe tienie, die verdeling is eintlik glad nie gepas nie. Die res is egter gepas. Dit kyk ook vreemd. Die film het dan ook nie regtig 'n einde nie. Saam met bella tydens ons Clarens trippie op die bed-bank.


Churchill's Secret - 5/10

Mens kan duidelik sien Churchill's Secret is uitsluitlik vir die TV vervaardig, maar dit is steeds goed. Alle hoe" profiele het maar een of ander kruis of geheim. Die hoofrol word puik vertolk, sowel as die res. En die landgoed waar dit afspeel... mens kan net droom van so 'n plekkie om kragte op te bou. Het 'n sterk dokumentere gevoel, maar dit pla nie met hierdie een nie. Saam met Bella op die bank. 


Moonwalkers - 3/10

Kyk, Moonwalkers is erg op eie risiko, maar dit het 'n hele paar vrek snaakse tonele. Dit lyk ook of die einde van die mensdom deur niks anders as dwelms, drank, seks en orgies gaan gebeur nie.... As jy lus voel vir komedie op 'n ander vlak. Saam met Bella op die bank.

Black Mass - 1/10

Dis nogals min dat ons 'n fliek ophou kyk, maar hierdie een voel baie sinloos, soos 'n dokumenter, en met soveel vloek en geweld dat dit nie die moeite werd om deur dit te wroeg nie. Saam met Bella op die bank.

Batman v Superman: Dawn of Justice - 6/10

Batman v Superman: Dawn of Justice klassifiseer as 'n kuns superheld film. Dit is nogals donker, op beide betekenis en fisiese vlakke, soveel so dat dit amper moeilik kyk, mens kan nie alles lekker sien nie... Kyk, ek bly 'n Superman aanhanger, en hier is mens nogals glad nie lus vir die donker Batman nie. Dit raak darem beter na die einde toe, maar ook net-net. Die groot monster vegtoneel is ietwat vervelig, lank en te fantasties. Lex is half mal, maar kyk hoeveel verwysings jy na ander films optel, bv. Junebug... Saam met die familie by Zambezi mall
  

Versailles, Seisoen 1 - 8/10

Versailles is nogals goed. Elke episode so ver is nogals gelaai met intrige, spanning en afwagting. Dit is 'n kort reeks, so geen uitgerekte lyne nie, alles gebeur redelik vinnig. Puik vertolking van die manlike hoofrol, met 'n geloofwaardige milieu en stelinkleding. Mens wonder nogals gereeld en sterk, was dit regtig so, of was dit erger/nie erger nie. Al wat ek weet is as ek die koning se broer was... Kyk gerus as jy van kwaliteit periode-drama hou. Een interessante punt, die reeks het die vreemdste en mees onvanpaste titel sekwense ooit. Saam met Bella op die bank.