Thursday, February 28, 2019

Deadly Class - 6/10

Deadly Class het net die regte dosis donker, geweld en strokiesprent mengsel. Die vertolkings is baie meer geloofwaardig as byvoorbeeld die flouerige pogings in Runaways. Sterk noir gevoel gemeng met moderne strokie-styl. Saam met Bella op die bank.

Sunday, February 24, 2019

Mary Queen of Scots - 6/10

Mary Queen of Scots is definitief beter as The Favourite. Goeie rolverdeling, sterk vertolkings, dalk met so paar histories onakkuraathede, maar gepaste milieu. Die kostuumwerk is puik, maar hier en daar dalk te modern. Wat ek wel seker van is, is dat die mense daardie tyd meesal baie meer onaantreklik was as hierdie spannetjie saam. Die manne se baarde en hare was nie so glad en netjies nie, en die dames dalk nie so fyn nie.... Die lyn is ten minste kykbaar, maar voel so bietjie lank op plekke. Nog steeds 'n connoisseur keuse en dalk meer vir die dames as vir die mans. Saam met Bella op die Bank. 


Friday, February 22, 2019

Instant Family - 4/10

Instant Family is beslis tipiese Hollywood, cliche, sentimentele en oordrewe materiaal. Die vertolkings is oormatig oordrewe, soveel so dat mens probeer om dit te ontwyk tydens die film. Ten spyte van alles, het die fliekie versteekte hart, dalk omdat dit op ware gebeure gebaseer is. Dit is ten minste tot 'n mate vermaaklik en snaaks, met 'n redelike rolverdeling. Kyk maar as daar niks anders is nie. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, February 16, 2019

The Favourite - 5/10

The Favourite is nogals ver links op die connoisseur skaal. Hierdie interpretasie van die Engelse hof lyk te veel na die Franse een, te oordrewe vir die stywe bolip Britte. Ek is redelik oortuig hulle het nie sulke uitbarstings en skielike bewegings gehad nie. En ook nie sulke kinderagtige geniepsighede nie. Die interpretasie voel ook dan te modern, kyk moeilik en is by tye geneig om te verveel. Die bollens kameraskote, stadige-raam sekwense verwar eerder as om 'n verlangde effek te bereik. Aag nee wat, al weer teoretiese Oscar materiaal wat die sous nie werd is nie. Saam met Bella op die bank.

Liewe Lisa - 3/10

Liewe Lisa is, nou, ja, wel, amateuragtig volgens Bella. Die rolverdeling en vertolkings is glad nie sterk genoeg nie. Ten minste is dit gedeeltelik in Stellenbosch geskiet. Bella het dit by Capitol Cinema, Zambezi gesien terwyl ek en Franko Alita: Battle Angel daar gekyk het.




Alita: Battle Angel - 7/10

Alita: Battle Angel herinner sterk aan 'n kombinasie van Speed Racer, Tron, Avatar en Transformers. Die fliek kyk maklik grotendeels te danke aan die vroulike hoofrol interpretasie en vertolking, ondersteun deur 'n gepaste rolverdeling. Saam met Franko by Capitol Cinema, Zambezi, terwyl Bella Liewe Lisa daar gekyk het. 


Friday, February 15, 2019

Rome, Seisoen - 6/10

Rome voel ietwat amateuragtig veral oor die plastiek rekwisiete en opsigtelik nagemaakte kostuumwerk. Die rolverdeling is verdeeld, sterk aan die kant van die manne, maar flou aan die ander kant. Dis nogals jammer, want ek is oortuig die dames het dinge redelik gedryf in ou Rome. Die lyn is ook verdeeld, geskiedenis gemeng met sepie. Sal dit nog 'n eposide of wat kans gee, maar dit het nie gehelp nie, die sepie-gevoel het net vererger. Saam met Bella op die Bank.


Friday, February 8, 2019

Robin Hood (2018) - 4/10

Hierdie moderne interpretasie van Robin Hood verveel tot die dood toe met 'n swak rolverdeling, swak milieu, swak vertolkings. onvanpaste kostuumwerk en flou lyn. Ek het die eerste 35 minute gemaak. Saam met Bella en Anrich op sy rekenaar, terwyl Franko party en onthaal het.  

Sunday, February 3, 2019

Brexit: The Uncivil War - 7/10

Brexit het 'n sterk dokumentere gevoel, en met die tipiese praat vertolkingstyl van Benedict Cumberbatch. Mens kan sekerlik van verskeie hoeke die film afmaak as 'n wanvoorstelling van die eintlike gebeure en feite, maar hierdie maak steeds baie interessante kykstof. Wat dalk wel waar is, is dat die gepeupel net meer geprogrammeer word as wat mens vermoed.

Die film beskryf ook die Suid Afrikaanse politieke bestel gepas:
It is unsophisticated, uncivilised and unkind.

Saam met Bella op die bank. 









Saturday, February 2, 2019

The Man Who Killed Don Quixote - 4/10

The Man Who Killed Don Quixote is beslis nie hoofstroom materiaal nie. Dit is erg deurmekaar en raserig en mallerig. Mens raak heeltemal verward tussen realiteit, skynwerklikheid, toneelspel, verbeeldingsvlugte en terugflitse. Dit het egter 'n gepaste en sterk rolverdeling, wat tegnies korrek is, maar die kyker eintlik sonder iets los. Moet dit vermaak wees, 'n drama, 'n indikasie van die futiliteit van die lewe? kuns? Nugter weet alleen en almal is gesuip! Saam met Bella op die Bank.


Friday, February 1, 2019

Your Highness - 2/10

Your Highness is wild onder die belt, skurf en taamlik snaaks. Dit het nogals 'n opmerkende rolverdeling vir so tipe fliek. Dit dryf die spot met sprokies en sulke cliches, maar sonder enige skaam of skroom of heilige koeie. Wees gewaarsku. Saam met Bella op die Bank voor die kaggel by Critchley Hackle

Killing Season - 5/10

Killing Season lyk na 'n redelike fliek, maar ek en Bella was net nie lus vir die martel tonele nie... Het so kwartpad moed opgegee. Dalk kon hulle ook erder 'n Serbiese akteur geberuik het? By Critchley Hackle op die Bank voor die Kaggel, saam met Bella.