Monday, July 31, 2017

The Lost City of Z - 6/10

The Lost City of Z bevestig die romantiese blik op oerwoud ekspedisies is eintlik heelwat minder so. Baie kykbare lyn na een man se onuitputlike soeke na 'n ontwykende doelwit. Saam met Bella en Anrich op die bank. Franko het net die eerste stuk saam gekyk. 


Saturday, July 29, 2017

All the Way - 4/10

All the Way is tegnies puik, 'n teksboek fliek. Maar dit kyk baie moeilik en my kop het nader so gedraai ek kon nie anders as nie wakkerbly nie. Die vertolkings is uit die boonste laaie, maar dit het alles niks gehelp nie, moes tou opgooi so twee derdes in. Saam met Bella op die bank (die slag het sy meer as ek geslaap deur die film). 

Wonder Woman - 7/10

Wonder Woman is anders as ander superheld flieke. Seker omdat dit 'n vroulike hoofrol het. Nogals verfrissend vir 'n slag. Die skop-skiet-en-slaan tonele is nou heelwat mooier. Lekker kykfliek vir 'n Saterdagaand. Saam met die familie op die bank.


Salvation, Seisoen 1 - 5/10

Salvation is bietjie lig in die broek, en skynbaar is daar net mooi mense wat die wereld van 'n gewisse meteoriet dood gaan red. Dit is kykbaar, sal dit nog kans gee, gelukkig is dit 'n kort reeks. Swymel van die sameswerings teoriee. Saam met Bella op die bank.

The Mist, Minireeks - 6/10

The Mist lyk heel kykbaar, maar baie vergelykbaar met Under the Dome. Dit het 'n stygende onheil lyn, hopelik raak dit nie sepierig nie. Saam met Bella op die bank.

Friday, July 28, 2017

Transformers: The Last Knight - 3/10

Transformers: The Last Knight is redelik saai, min storie, baie grafika, en dis amper al. Die dialoog is belaglik swak, en die verskeie dialekte, pla veral. Saam met Anrich en Franko op die bank, Bella het tou opgegooi. 


Wednesday, July 19, 2017

Gifted - 6/10

Gifted is 'n voel-goed fliekie, met 'n ietwat cliche lyn, maar steeds prettig om te kyk, veral as gevolg van die vertolkings. Kyk gerus as jy so optel oukie nodig het. Van Amsterdam na Doha op QR274.

Wilson - 4/10

Wilson het nogals potensiaal, maar dalk nie met Woody se dodelike verteltrant-stem nie. Ek het so twee derdes gevorder en moes toe die aftogblaas. Van Amsterdam na Doha op QR274.

Life - 4/10

Dalk moes hulle Life eerder Death genoem het. Die fliek kyk redelik, maar raak tog so bietjie oordrewe in tipiese Hollywoodstyl. Net-net die moeite werd gewees op QR274 van Amsterdam na Doha, om tyd te verwyl. 

Monday, July 17, 2017

Ghost in the Shell - 6/10

Ghost in the Shell sou beter punte verdien het as die vroulike hoofrol deur 'n gepaste Japanese meisie vertolk was, eerder as Scarlett  Moet my nie verkeerd verstaan nie, sy doen die rol geen onreg aan nie, maar dit sou 'n beter effek gehad het, meer gepas gevoel het. Uitstekende grafika, redelike storielyn. Saam met die familie op die bank in Amsterdam. Ai. 

Monday, July 3, 2017

The East - 6/10

The East voel baie realisties, dalk amper te veel so. Die fliek werk goed omdat die vroulike hoofrol nie 'n superspioen is nie, maar 'n gewone een wat ook vrese het en foute maak. Kyk gerus as jy van sameswerings teoriee hou. Op QR159 van Doha na Kopenhagen.

Underworld: Blood Wars - 5/10

Underworld: Blood Wars is redelik gemiddeld, soveel so dat ek nie regtig die einde kan onthou nie... Tog kykbaar, maar donker, soos te verwatgte. Op QR159 van Doha na Kopenhagen.

Sunday, July 2, 2017

Coming Through the Rye - 6/10

Coming Through the Rye is 'n alternatiewe kykie na Catcher in the Rye, deur 'n skoollaaitie se oe". Soos hulle op Engels se^, coming of age. Mondigwording klink nie gepas nie. Die vertolkings is puik, die trant, milieu en styl ondersteunend. Verwag tiener intrige, storm en drang. Op QR1364, Johannesburg na Doha. 


The Great Wall - 4/10

The Great Wall is kykbare aksie, maar ongelukkig verongeluk deur Hollywood. Die rolverdeling is gepas vir 'n skop-skiet-en-algemeen fliekie, maar nie vir Die Groot Muur nie. Nee, ek dink hy kort bietjie meer respek, met gepaste rolverdeling en 'n behoorlike lyn. Hierdie is maar Jason Bourne, net in 'n ander milieu. Dit werk nie. Van Johannesburg na Doha op QR1364.



Table 19 - 3/10

Table 19 is redelik pynlik om te kyk, maar vir een of ander simpel rede het ek dit klaar gekyk. Die karakters is almal irriterend en heelwat potensiaal onontgin. Vermy dalk eerder. Van Johanneburg na Doha op QR1364.