Saturday, June 30, 2012

The Trouble With Bliss - 5/10

The Trouble with Bliss begin eintlik eers na twee derdes van die fliek verby is. Dan eweskielik skop daar so vlakkie van verdieping in. Wat nogals jammer is. Wonder net hoekom die looser so magneet vir vrouens is... In elk geval, dalk nie vir 'n Vrydagaand nie. Ook nie die gewone Hollywood gevoel tipe fliek nie, eerder die tipiese filmfees gevoel. Saam met Bella op die bank. 

Ice Age 4, Continental Drift 3D - 5/10

Het hierdie weergawe van Ice Age saam met die familie in Zambezi Mall gaan kyk. Lekker ligte vermaak, en dalk so bietjie meer aangepas vir die ander geslag as laaities.... maar nog steeds prettig. 

Monday, June 25, 2012

The Firm (Reeks) - 5/10

The Firm is op dieselfde boek as The Firm gebaseer. Op hierdie stadium lyk dit baie vervelig, wel ten minste episodes 1 en 2... Het die fliek jare terug gesien, was nie te sleg nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 24, 2012

This Means War - 5/10

This Means War is heel kykbaar maar moet nie enige diepte verwag nie. Dit is perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Bietjie dik vir 'n daalder, maar ja, dan is dit seker vermaak en nie filmkuns nie. Saam met Bella op die bank.

Wanderlust - 3/10

Wanderlust is een van daai flieks wat as dit Brits was, dit baie beter sou gewees het. Beslis nie een van Me Aniston se bestes nie. Daar is darem 'n vrek snaakse toneel of twee, maar dan is daar heelwat te veel bar tonele wat net nie werk nie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

John Carter - 4/10

John Carter is beslis nie die beste wetenskapfiksie tot op datum nie, maar het seker darem 'n oomblik of twee. Die kinders het dit baie gelaaik. Ek het net dele daarvan gesien saam met die twee manne op die bank. 

Mirror, Mirror - 8/10

Mirror, Mirror was onverwags prettig en verassend. Die grafiese detail van sprokieland is ongelooflik en kreatief. Dit is die perfekte familie fliek. Beslis aan te beveel. Saam met die familie op die bank. 

Monday, June 18, 2012

Agatha Christie's Poirot - Murder on the Orient Express - 5/10

Wel, die mannetjie is taamlik irriterend, maar die sjarme van 'n stoomtrein met 'n interessante klankbaan maak op. Maar ek het nog steeds 'n paar lekker gesange geslaap. Ai. Dit is deel van 'n reeks en nie 'n losstaande film nie. Saam met Bella op die bank. 

A Dangerous Method - 6/10

Baie interessante kykie na Freud en Jung. Die manne was waarlik intellektuele en het moderne sielkunde omskep in 'n geldmaakmasjien sonder dat hulle dit waarskynlik besef het. Baie goeie periode drama, goeie vertolkings, met waarlik mal episodes van Sabina. Saam met Bella op die bank. 

J Edgar - 5/10

Foeitog, J Edgar het nie baie uitgekom nie... Goed gemaak, maar dalk te eentonig en stadig. Ek sukkel maar deesdae om in sulke films wakker te bly. Saam met Bella op die bank. 

Jack & Jill - 4/10

Wel, as jy hierdie uitneem weet jy waarvoor jy jouself inlaat, Toilethumor op verskeie vlakke. Daar is wel die een of twee scenarios waar ek maar op die vloer moes rondkruip om asem te haal... Kyk gerus saam met laat laerskoolseuns, hulle reaksies is beslis prysloos in vergelyking met die koste van die DVD. Dit is familie vermaak, maar nie goeie familie vermaak nie... Saam met die familie op die bank. 

Henry's Crime - 6/10

Stadige, rustige, amper ontstellende wat-te-hoender-!? tipe, aweregse humor. Reeves was dalk nie die beste rol-verdeling nie, maar ook seker nie die slegste nie. Kyk gerus as jy baie ontspanne voel. Saam met Bella op die bank. 

21 Jump Street - 5/10

Jip, dis hoe mens weet jy raak oud, as hierdie tipe flieks te vloekerig en kinderagtig voorkom. Gehou van die kameerolle, dit was nogals koel gedoen. Ek is nou maar net nie 'n Jonah Hill fen nie. As jy sterk voel en beslis nie preuts nie. Saam met Bella op die bank.

Monster in Paris - 8/10

Nogals 'n verassende animasie fliek met regte Parys-gevoel, veral as mens na die animasiekuns kyk. Stroopsoet verhaaltjie, sonder Hollywood cliches. Kyk gerus saam met die kortvolk. Saam met die hele familie op die bank. 

Anne Frank - 3/10

Wat 'n jammerte. Die milieu het soveel potensiaal, maar die oordrewe, oppervlakkige vertolkings werk net nie. Dit is een van die swakker wereldoorlog films wat ek nog gesien het. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.

Carnage - 6/10

Carnage is 'n uiters ekonomiese fliekie. Die sosiale karakter wat ontwikkel is maar presies soos die mens is. Haal die masker af en dan is jy eintlik nie verras nie. Kyk gerus, dit is uitstekend gemaak, met puik vertolkings. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.

Ides of March - 6/10

Ides of March stel beslis nie teleur nie, maar is dalk nie Clooney se beste ooit nie. Ek dink in vergelyking met SA politiek loop die Amerikaanse masjien glad geolie, maar het nog steeds nie naastenby sulke katestrofes soos ons s'n nie... Kyk gerus, vir 'n kinkel of wat in die kabel. Saam met Bella op die bank.

Dolphin Tale - 6/10

Lekker ligte familie fliekie, en dan kan mens selfs na die regte een online kyk, en boonop die plek besoek. Saam met die familie op die bank. 

Restless - 3/10

Restless is maar 'n pot strooi. Dit verveel, het nie rigting nie, en is 'n onwaarskynlike strorielyn, selfs as fiksie. Vermy gerus. Saam met Bella op die bank.

Chronicle - 6/10

Nie te slegte fliekie oor tieners wat eweskielik superkragte kry nie. Nogals redelike karakterontwikkeling, en 'n realistiese kyk na wat 'n mens se reaksies sou wees. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.