Tuesday, July 20, 2010

Schuks Tshabalala's Survival Guide to South Africa - 4/10

Aag nou ja, mens moet hierdie ook kyk net om die sukkelende SA filmindustrie aan die gang te hou. Geen bekendstelling en beskrywing is nodig nie. Daar is wel drie poetse (slang, sokkerspan, taxi lyk) wat my lank sal bybly. Moet se^ die vermommings en personas was nogals goed gedoen...Saam met die familie op die bank.

Everybody's Fine - 6/10

Nogals 'n swaar fliek, veral toe ons agterkom dit is nie wat ons gedink het dit is, op die Vrydagaand nie... 'n Kragspel vir Robert, wat deesdae minder ernstige rolle aanpak. Die fliek kyk maar na die broosheid van ouderdom, en kinders se lewens wat net voort stoom roller. Dit is die moeite werd, net dalk eerder op 'n Sondagaand as jy sterk voel. Saam met Bella op die bank. 

The Blind Side - 6/10

The Blind Side het goed gedoen by die Oscars, veral vir Sandra. Dit is vir my hier-en-daar bietjie soetsappig, maar is tog heel kykbaar en inspirerend. Sal lekker werk vir 'n Sondagaand, nie vir 'n Vrydag of Saterdagaand nie. Saam met Bella op die bank - sy het dit voorheen gesien. 

The Spy Next Door - 6/10

Jackie Chan raak al heel lank in die tand, maar hy het nog steeds 'n manier om gehore met sy gebroke aksent te vermaak. Daar was 'n goeie, paar snaakse tonele in The Spy Next Door, en dis veral my twee laaities wat die fisiese komedie geniet het. Die hele familie kan lekker saam kyk. Dan ook saam met die hele familie op die bank. 

Jakhalsdans - 6/10

Jakhalsdans is glad nie 'n slegte poging vir 'n tjiekfliek vir SA nie! Die nuwe digitale guur is nog net nie vir my heeltemal so lekker nie - die harde lyntjies vat heelwat van die Karoo se sjarme weg, maar nou ja, dit alles om kostes te bespaar in 'n baie klein en arm filmindustrie. Die akteurs is almal heel goed, veral as mens in ag neem dat 'n goeie paar van hulle totale amateurs is. Die storie werk lekker, en ou Theuns doen ook nie te sleg nie. Weereens het ek van die mooi Karoo huisie gehou. Van almal, saam met Corne op die bank - die kinders wou nie saam kyk nie, en die vrouens was toe nie hier nie...

It's Complicated - 4/10

Heel voorspelbare, ligte film oor huwelike. Nie een van Meryl se bestes nie, maar daar is tog snaakse oomblikke. Dit is dan wel haar huis wat nogals na 'n lekker plekkie lyk, wat ook my aandag meer gehou het as enige iets anders. Vir 'n geenbrein Vrydagaand as jy jou meisie wil beindruk met fliekkeuse. Saam met Bella op die bank - sy het dit voorheen gesien. 

Toy Story 3 (3D) - 6/10

Toy Story 3 was redelik goed, met 'n goeie einde. Dit is egter nog steeds nie so goed as die heel eerste weergawe nie. Die 3D weergawe kon dalk meer gedoen het vir 3D ervaring. Kleiner kindertjies kan van die tonele dalk so ietwat bangmakerig beskou, maar op geheel is dit nie te erg nie. Buzz, met sy To Infinity and Beyond sal mens nog lank bybly, al is hierdie waarskynlik die laaste van die spannetjie. Saam met die hele familie in die 3D teater van Kolonnade

Up in the Air - 8/10

Up in the Air begin sommer met 'n baie koel inleiding. Die hele inleidingsfliekie is met groot moeite en aandag aan detail verfilm. Dit stel mens ook in die regte gemoed. Die fliek vat 'n heel ander draai as wat ek aanvanklik verwag het. Ou George is hier op sy beste - die rol pas hom soos 'n handskoen. Die moeite van reis per vliegtuig word baie goed verfilm, en hoe George dit vervolmaak het oor miljoene lugmyle. Die fliek het nie die tipiese Hollywood einde nie, en daar is tog 'n lessie of twee, wat 'n baie bekaf George mens leer. Ek het die fliek baie geniet, alhoewel dit baie understated is - heelwat mense se dit vervelig vind, maar die fyn nuanses het my aandag goed besig gehou. Saam met Bella op die bank.

Nothing but the Truth - 5/10

Kate is een van my gunsteling aktrises, maar dalk nie omdat sy so goed is nie....Nothing but the Truth is ietwat meganisties, en die storie is eintlik dun, alhoewel aktueel. Dit is redelik goed gemaak, en is goeie materiaal vir 'n rustige Sondagaand. Saam met Bella op die bank. 

Monday, July 19, 2010

Tooth Fairy - 6/10

Tooth Fairy is 'n lekker familie fliekie, met 'n paar baie snaakse tonele. Die kinders het dit baie geniet. Selfs Julie Andrews speel in die fliek. Saam met die hele familie op die bank.