Friday, November 30, 2018

Dead in a Week (Or Your Money Back) - 6/10

Dead in a Week (Or Your Money Back) is 'n Britse komedie met 'n ligte donker streep. Dit is nou nie skaterlag tonele nie, maar heelwat ongemaklike, sal ek se^ grynslaggies. Alhoewel die tema ietwat absurd is, is die vertolkings perfek gepas vir die saai alledaagse bestane wat uitgebeeld word. Cliche humor word heelwat toegepas, maar sonder om so te voel. Baie ligte vermaak, perfek vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.

    

Monday, November 26, 2018

A Discovery of Witches, Seisoen 1 - 4/10

Gits, nee, ten spyte van die vroulike hoofrol se potblou oe" - baie opvallend en aanvallend - is A Discovery of Witches is net te sepierig. Ek het waarskynlik te veel verwag, veral deur die vereleidende milieu, en hoe sterk dit gebruik word. Ai. Kon net 30 minute van die eerste episode uithou, Hou maar eers verby. Saam met Bella op die bank.

Saturday, November 24, 2018

Outlaw / King - 6/10

Outlaw / King is dalk nie histories heeltemal korrek nie, en beslis nie getrou aan hoe die mense toentertyd gelyk het nie, maar steeds redelike vermaak. Die rolverdeling kon meer gepas gewees het. Saam met Bella op die Bank.


Friday, November 23, 2018

Crazy Rich Asians - 7/10

Crazy Rich Asians is 'n moderne, ligte, romantiese drama. Die het een van die mees kreatiefste kerk trou tonele ooit. Al kyk mens net die fliek daarvoor. Singapoer dien dan ook as 'n karakter in die film, al die stad se mensgemaakte vistas word behoorlik gebruik. Visueel is die fliek oorlaaid, amper meer as Lodewyk VII se sonkamers, kostuums en weelde. En dan voel mens maar regtig arm as jy na al die rykdom kyk. Die rolverdeling is uitstekend, en die vertolkings gepas oorspeeld. Alhoewel amper geen vloek, is daar tonele wat nou nie laerskool materiaal is nie, maar dit is min dat daar met so tipe film nie dadelik in die bed gespring word nie. Vir die genre is hierdie 'n nuwe maatstaf. Saam met Bella op die bank.


Sgt. Bilko - 4/10

Sgt. Bilko is tipiese Amerikaanse slapstick. Kyk op eie risiko. saam met Bella op die bank. Anrich het na sowat 20 minute moed opgegee.


Wednesday, November 21, 2018

Kidding, Seisoen 1 - 5/10

Kidding is oor mense se probleme. Die verskil is, dit lyk of dit al is waaroor hierdie reeks gaan. Daar is nie 'n ander lyn wat mens se aandag probeer hou nie, net probleme, swaarkry en depressie. Onseker of ek dit verder wil kyk, maar Bella se^ beslis nee... Die rolverdeling is nogals gepas, maar die vertolkings voel ongemaklik realisties. Saam met Bella op die Bank. 

Future Man, Seisoen 1 - 5/10

Future Man lyk belowend, maar wees gewaarsku, redelike bar onder die belt humor en vloek. Dit is 'n kort reeks en van die humoristiese oomblikke bly mens nogals by. Sal dit nog kans gee. Mens wil nogals sien hoe die nikswerd hoofkarakter wel die mensdom op die ou einde red... Maar dan met episode 2 en 3 besef mens die bar raak vinnig oud, en daar is nie veel aan die lyn nie.... Saam met Bella op die Bank. 

Maniac, Seisoen 1 - 4/10

Maniac se loodsepisode het genoeg trekkrag om Episode 2 te oorweeg. Mens verwag dit sal dan verder ontwikkel omdat baie posisionering in die 1ste gedoen word. Tipiese aweregse komedie. Die tweede episode het net glad nie sin gemaak of gewerk nie. Nee wat! Saam met Bella op die bank.


Sunday, November 18, 2018

King Lear - 7/10

King Lear is 'n moderne weergawe, maar dan ook net vir die milieu, stel, kostuumwerk en periode. Die taal is vol Willem Wikkelspies Ingels, dus moet mens maar eerder die onderskrifte aanskakel om alles in te neem. Hulle praat net te vinnig om al die subtiele woorspelings te snap. Die rolverdeling is sterbelaaid, gepas, en deel van die sukses van hierdie moeiliker fliek om te kyk. Dit bly 'n tragedie, tog met tong in die kies oomblikke. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is nie vermaak nie en nie vir die lig in die broek fliekganger bedoel nie. Saam met Bella op die bank. 

  

Saturday, November 17, 2018

Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald - 6/10

Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald is nie my gunsteling nie, die eerste was dalk beter. Die grafika is uitnemend, maar by tye te oorheersend. Die fokus van hierdie weergawe is beslis nie die oulike monstertjies soos in die eerste film nie, eerder die fantastieste bose magte van die antagonis. Saam met Bella en Franko en Anrich by Zambezi Mall


Saturday, November 10, 2018

Mission: Impossible - Fallout - 5/10

Mission: Impossible - Fallout is maar net meer van dieselfde, die slag opgedis met so krakie ekstra humor by, en ietwat meer in tong-in-die-kies gevoel. Dit bly egter puik Saterdagaand springmielie vermaak. Die Parys en London stel maak dit nog meer die moeite werd. Saam met Bella en Franko op die bank, Anrich was nie belangstellend nie. 

Saturday, November 3, 2018

The Meg - 4/10

The Meg is erg voorspelbaar, maar ten spyte steeds ligte vermaak vir 'n pap Vrydagaand. Ek is nie seker of hulle wil he^ mens moet skrik, bang wees of lag nie, want die film is baie tong in die kies. Saam met Bella en Franko en Anrich op die bank. Anrich het dit al vroeer in die teater saam met sy tjomme gesien.


Friday, November 2, 2018

Condor (2018), Minireeks - 6/10

Condor lyk nie te sleg nie, ten minste is dit 'n korter reeks. Soortgelyk aan iets soos Jack Ryan. Saam met Bella op die bank.


The Fitzroy - 6/10

The Fitzroy is baie lig, heeltemal van-die-kop af, met 'n sterk teater gevoel. Die kamerawerk moes nogals uitdagend gewees het in die knap spasies. Die rolverdeling is gepas, die humor en tydsberekening goed. Min mense sal hierdie waardeur. Saam met Bella op die bank.