Tuesday, September 27, 2016

Point Break - 1/10

Point Break is sekerlik die vrotste FBI fliek ooit. Dit het eintlik niks met die FBI te doen nie... Het dit gekyk op SA264, oppad na Greding vir werk, want daar was niks anders op wat ek nie saam met Bella wou kyk nie...

The Comedians, Seisoen 1 - 5/10

The Comedians begin redelik, ek sal dit dalk kan volg. Billy Crystal is droog-snaaks, maar ek dink nie Bella gaan dit laaik nie. Dit is nie in dieselfde liga as The Crazy Ones nie. Het die eerste episode op SA264 gekyk, oppad na Greding vir werk.

The Legend of Tarzan - 7/10

The Legend of Tarzan is die perfekte Vrydagaand fliek. Ek hou nogals van hierdie meer moderne kykie na die allombekende aapman. En die vroulike hoofrol word met heelwat oemf vertolk, anders as die vorige brose, breekbare dingetjies. Handhaaf 'n goeie balans tussen donker, fantasie en pure vermaak. Saam met die familie op die bank.

The Good Place, Seisoen 1 - 4/10

The Good Place begin redelik saai, al reeds met episode 1, ten spyte van 'n tema met redelike komiese potensiaal. Gaan dit nie volg nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, September 18, 2016

Florence Foster Jenkins - 7/10

Florence Foster Jenkins is 'n baie se^d love story. Met die bad vol aartappelslaai en al. Oppervlakkig kan mens Madame Florence maklik as 'n ryk maltrap afmaak, en ek het nogals gewonder of Mnr Bayfield so toegewyd aan haar sou wees as sy nie ryk was nie.... Maar dit ten spyt het die tannie leeumoed gehad om voor 3,000 mense so te kon sing. Soos sy self se^, ten minste het sy gesing, al kon sy nie sing nie. Die perfekte Sondagaand (kuns) film. Saam met Bella op die bank.


Mignon Mossie van Wyk - 7/10

Mignon Mossie van Wyk is 'n heel kykbare Afrikaanse tjiekfliekie, alhoewel so bietjie aan die hartseer kant. Dit staan beslis nie teug vir enige internasionale tjiekflieks nie. Saam met Bella op die bank.


The Right Kind of Wrong - 6/10

The Right Kind of Wrong is 'n onverwagse tjiekfliekie, in 'n pragtige Somer-Kanada. Die tema neem nie juis die morele magsposisie in nie, maar is tog vermaaklik en kykbaar. Dit is ietwat onkonvensioneel, en die beste byrol gaan aan Prins Sjarmant met gebeitelde kinnebak en diep basstem en al. Saam met Bella op die bank.


X Company, Seisoen 1 - 6/10

X Company begin redelik, maar lyk op die ou einde nes 'n generiese span reeks, maar die slag in 'n tweede wereld oorlog milieu. Sal dit nog 'n kans of wat gee. Saam met Bella op die bank.

Central Intelligence - 4/10

Central Intelligence is redelik snaaks, met net te veel vloek in. Nie 100% komedie-chemie tussen die twee hoofkarakters nie. Saam met die familie op die bank.

Sunday, September 11, 2016

The Fall, Seisoen 1 - 7/10

The Fall begin redelik, is net 5 episodes vir die eerste Seisoen. Dit is Brits vervaardig, beweeg stadig maar met 'n sterk onderliggnde spanningslyn. Saam met Bella op die bank.

The Lobster - 7/10

The Lobster is sosiale bestel kommentaar in die absurde graad. Dit is op dieselfde kliniese, eentonige verteller-trant gemaak as Youth, dalk net so aks minder Switsers. Dit is egter baie raak, en daar is 'n paar lyne in, wat mens eers na die tyd behoorlik besef hoe skerp dit is. Hierdie is kunsfliek in sy verfynde gedaante, dus glad nie die bree" fliekganger se vermaak nie. Kyk hierdie as jy vars en helder van gedagte is, ek was eintlik te moeg om dit behoorlik tot reg te laat kom. Die opvallendste kommentaar is die duidelike, helder, ondubbelsinnige dialoog tussen karakters. Ten spyte van "kommunikasie" wat oe"nskynlik perfek gebeur, is daar geen verstaan en uitruil van gedagtes en diepere intensie nie. Soveel te se^ vir die al die verhouding gurus! 'n Moeilike, ongemaklike, tog humoristiese kyk. Saam met Bella op die bank.


         

X-Men: Apocalypse - 5/10

X-Men: Apocalypse is 'n baie goeie voorbeeld as die fliek-reeks die oorspronklike idee begin mis. Indrukwekkende grafika, maar dan is dit ook al. Saam met Franko en Bella op die bank.


Super 8 - 7/10

Super 8 is lekker Vrydagaand vermaak. Dit is fantasie-gril, so van die gebeure is eerder snaaks as spannend. Anrich het dit baie geniet. Baie dieselfde as Stranger Things. Saam met die familie op die bank, alhoewel Franko nie alles gekyk het nie.

The Collection, Seisoen 1 - 6/10

The Collection begin bietjie stadig, maar met Parys as 'n milieu rol. Kort reeks, so sal dit waarskynlik klaar kyk. Saam met Bella op die bank.

Sunday, September 4, 2016

Victoria, Seisoen 1 - 6/10

Victoria is bietjie stadig, maar tog die moeite werd. Gelukkig is dit net Agt episodes. Beslis nie kompetisie vir Downton Abbey nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, September 3, 2016

Hello, My Name Is Doris - 5/10

Hello, My Name Is Doris is heel lig met 'n paar snaakse tonele. Dit kom egter teen die prys van 'n redelike stadige lyn - vir 'n komedie - met 'n paar erg pynlike situasies. Soveel so dat mens dit nie kan kyk nie. Gelukkig darem van korte duur. Die fliek is beslis nie op die manlike kyker gemik nie... Saam met Bella op die bank.