Showing posts with label kort film. Show all posts
Showing posts with label kort film. Show all posts

Sunday, July 18, 2021

Mike and Mavis - 6/10

Mike & Mavis is kort en soet met karakter, milieu en kostuum ekonomie. Romantiese tonele in alledaagse Gauteng. En nog meer alledaagse dialoog tussen die ma en dogter. Die hoofkarakter is wel betowerend in sy vasberadenheid. Saam met Bella op die Bank.

Die oorspronklike Mike & Mavis radio-paar.


 

Saturday, July 17, 2021

Vervroegde Aftrede, Kort Film - 5/10

Vervroegde Aftrede is heel vermaaklik. Dit is ietwat voorspelbaar, maar die vertolkings is net genoeg tong-in-die-kies om hierdie 'n prettige aard te gee. Saam met Bella op die Bank.



 

Sunday, March 8, 2020

Tjuras4Lyf (kort film) - 6/10

Vat Tjuras4Lyf met 'n knippie sout, maar dan besef mens ook die eerlikheid van hiedie kort film (27 minute). Alhoewel amateuragtig vervaardig, met amateur vertolkings en alledaagse, amateur stelinkleding maak hiedie geensins swak materiaal nie. Dalk nie stylvol en preuts nie, maar beslis met 'n sterk boodskap. Wat mens nogals laat lag (ongemaklik giggel?) ook. Die WNNR verskyn dan ook baie onverwags in die film, wat mens laat wonder oor die waarskynlik dat so iets gebeur as daar net 4 of 5 mense in die teater sit, waarvan moi by die WNNR werk.... Saam met Bella in Neelsie se Pulp Cinema - wat 'n retro ervaring! - as deel van ons dirty weekend by die Stellenbosch Woordfees.