Saturday, March 27, 2021

The Day We Didn't Meet - 6/10

The Day We Didn't Meet kry dit reg om met erge karakter, milieu en storielyn ekonomie steeds 'n oortuigende film te skep. Die styl is nogals 'n nuutjie vir plaaslike produksies. Stadig, pynlike tjiekfliek materiaal, as jy braaf voel (die manne bedoel ek). Sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.  


Friday, March 26, 2021

SAS: Red Notice - 4/10

Gits, SAS: Red Notice is amateuragtige, sagte-pornografie (vir Spesiale Taakmaglede) materiaal. Net te voorspelbaar en goed om waar te wees. Redelike tydmors. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, March 21, 2021

The Poison Rose - 3/10

The Poison Rose is nie soos die fliekopsomming se^, noir nie. Die feit dat daar 'n eerstepersoonsverteller met 'n rokerige, krakerige stem is, maak dit nie so nie. Die fliekie is maar oor die algemeen saai en sonder voorval. Hou dalk eerder verby.  Saam met Bella op die Bank.


Friday, March 19, 2021

Son of the Pink Panther - 5/10

Son of the Pink Panther se genre is net nie meer gewild nie, maar dit bly steeds simpel-snaaks plek-plek. Eenvoudige lyn van ongelukkige toevalle, misverstande en belaglike situasies. As jy breinlose vermaak nodig het, soos 'n Vrydagaand van werkhoofpyn. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, March 13, 2021

Meisies Wat Fluit - 6/10

Meisies Wat Fluit is redelik direk en skroom nie vir gebruiktaal nie. Dit is 'n nuwe tipe Afrikaanse film wat wegbreuk van die stroop hoofstroom. Beslis nie vir almal se smaak nie. Dan seker 'n tjiekfliek, want die tema is verhoudings en verhoudings en verhoudings. Die rolverdeling en vertolkings staan nogals sterk. Saam met Bella op die Bank.



Friday, March 12, 2021

The Little Things - 5/10

The Little Things is op die ou einde nie so indrukwekkend as wat die titel probeer weergee nie. Dit is maar gemiddeld en dan sonder enige oplossing!? Ek sou verstaan as dit op ware gebeure gebaseer was, maar dit is nie die geval hier nie?! Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, March 9, 2021

Dam, Minireeks - 6/10

Dam het 'n sterk, onheilspellende loodsepisode. Dit is visueel en audio ryk, met heelwat stilistiese ontwerp ter wille van maksimum bangmaakeffek. Sal dit tog klaar kyk. Teen episode drie raak mens angstig oor die aanhoudende onheilspellende spanningslyn wat net bou en bou. Weliswaar ietwat oormatig gestilleerd. Saam met Bella op die Bank.



Friday, March 5, 2021

The Man in the Hat - 7/10

The Man in the Hat se beskrywing maak dit verpligte kykmateriaal vir Fiat 500 drywers en Italie" verslaafdes. Dit is 'n film van bitter min woorde, meer gebare en knortaal. Dit vind egter plaas in die Suide van Frankryk, naby Marseille. Dit is 'n sjarmante reeks gebeure met 'n speelsheid. Dalk meer vir gesoute kunsfliek liefhebbers. Saam met Bella op die Bank.








Palm Trees in the Snow - 5/10

Palm Trees in the Snow is net te stadig. Dit het redelike lang uitgerekte tonele, maar is waarskynlik die moeite werd as 'n diep, innemende verhaal, iets wat met geduld en waardering geproe word. Ek kon net nie die laaste uur deursit nie. Saam met Bella op die Bank.


 

Thursday, March 4, 2021

Superman and Lois, Reekse - 6/10

Superman and Lois lyk glad nie te sleg nie, hulle trek maar swaar by tye as 'n voorstedelike gesinnetjie, geen superkragte hier nie. Sal dit beslis nog 'n episode of twee kans gee. Nie die beste rolverdeling nie, dit wel gangbaar. Teen episode twee hoop mens hierdie reeksie sneuwel nie soos ander nie, want dit is waarskynlik die CW kanaal se beste nog. Saam met Bella op die Bank.