Sunday, October 31, 2021

Cezanne et Moi - 7/10

Cezanne et Moi is nie ligte materiaal en nie, en getrou aan die Franse kunsfilm genre. Dit eindig dan ook hartseer, getrou aan die ware gebeure. Bedoel vir ervare kunsfliekgangers. Saam met Bella op die Bank.





Wrath of Man - 7/10

Wrath of Man is een van die beter voorbeelde van sy genre. Dit is stylvol, nie te geweldadig nie. Die verskillende perspektiewe word interssant voorgele^, sodat elke een sin maak en nie herhalend voorkom nie. Perfekte Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.




 

Friday, October 29, 2021

My Salinger Year - 4/10

Nee, gits, My Salinger Year is dalk vir 'n jonger gehoor bedoel. Sowat 15minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank. 




Celle Que Vous Croyez (Who You Think I Am) - 2/10

Celle Que Vous Croyez het belowend gebleik, maar kon dit nie deurkyk nie. Dalk te modern? Saam met Bella op die Bank.


Nomadland - 9/10

Ek het nie baie hoe" verwagtings van die film gehad nie. Dit is wel stilweg ontstellend en ontnugterend en sal mens nogals bybly. Nie die gewone filmpulp nie, hierdie het 'n sterk dokumente^re gevoel, maar alhoewel dit op ware persone, wat in die film deelneem, en gebeure gebaseer is, is dit steeds 'n hoe" profiel aktrise se interpretasie en persepsie van omstandighede en situasies. Maar dit hou mens vasgenael. Beslis nie hoofstroom materiaal nie, en wel Oscar materiaal. Saam met Bella op die Bank.



 

Apex - 2/10

Apex werk net nie, sowat 15 minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank.




Monday, October 25, 2021

Venom: Let There Be Carnage - 6/10

Dit is die humor van Venom in Venom: Let There Be Carnage wat dit red. Die humor is ook seker meer onverwags vir die tipe monster. Die fliek is korter met tonele wat net genoeg laat - nie lang en uitgerekte oukies nie. Saam met Franko in die Menlyn teater

  

Saturday, October 23, 2021

Clickbait, Minireeks - 6/10

Clickbait hou mens redelik aan die wonder. Gelukkig is dit 'n korter reeksie en met heelwat wat in elke episode gebeur - daar is nie regtig 'n vuller episode nie. Dit raak ook beter na die einde toe. Saam met Bella op die Bank.



Only Murders in the Building, Reeks - 7/10

Only Murders in the Building is die perfekte kort reeksie, met kort episodes. Die onverwagte rolverdeling werk uitstekend, met ervare vertolkings. Dit is prettig, al is dit 'n wieritgedoen, snaaks en vol eienaardighede. Beslis die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, October 22, 2021

Dune (2021) - 7/10

Dune is 'n fliek van epiese skaal - alles is in die oortreffende trap, veral die imposante geboue, strukture en ruimteskepe. Selfs die dorheid van die woestyn met sy absolute waterskaarste is keeldroog epies (Hulle speog in sulke klein masjientjies wat dan in klein tot bekertjies bedien word). Die fliek is die eerste van twee (of dalk drie), so dit eindig met afwagting. Die tegnologie en milieu voel toekomskorrek. Die rolverdeling werk en die kostuumwerk en stelinkleding pas by die dramatiese skaal van die film. Verwag lang kamera skote, stil dialoog en fokus op die visuele. Wetenskapfiksie kuns. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, October 17, 2021

De slag om de Schelde (The Forgotten Battle) - 8/10

De slag om de Schelde draai geen doekies om nie, dit wys oorlog vir wat dit werklik is. 'n Grim, donker, onstellende en onnodige aksie waar sommige mense hul donkerste onderwesens uitleef ten koste van ander. Die magtelose gevoel wanneer sinlose verwoesting sonder rede en keuse gesaai word, is 'n deurdraende tema. Die tonele voel hiper realisties, mens beleef dit met alle sintuie. As jy sterk voel. Uitstaande produksie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, October 16, 2021

The City of Your Final Destination - 7/10

The City of Your Final Destination is 'n ouer kunsfliek met 'n sterk rolverdeling. Die milieu lyk soos 'n stukkie hemel op aarde. Dit is die moeite werd om te kyk, maar dit ontgaan my watter een van die rolle swakker verolk was. Saam met Bella op die Bank.







Friday, October 15, 2021

Die in a Gunfight - 3/10

Die in a Gunfight lyk net na die tipe fliek wat ons sal klaar kyk nie. Het sowat 15 minute gekyk en dit gelos. Saam met Bella op die Bank.






Monday, October 11, 2021

Dan Brown's The Lost Symbol, Reeks - 5/10

The Lost Symbol is redelike kyk materiaal, met ietwat minder impak as die flieks. Van die episodes voel so bietjie uitgerek en soos met hierdie tipe stories, is die finale episode taamlik teleurstellend. Saam met Bella op die Bank.





Sunday, October 10, 2021

No Time to Die - 7/10

No Time to Die is dalk Daniel se beste nog. Dit fokus minder op die spiertier een eerder meer op die gladde mond. Skynbaar het die vervaardigers 'n ook besluit gemaak oor die James Bond persona, wat beslis die verloop van die film bepaal. Nogsteeds pret om die fliek te kon gaan kyk saam met Bella en Franko by Menlyn.


Saturday, October 9, 2021

O2 (ook bekend as Dawn of War) - 7/10

O2 is 'n ouskool spioenasie drama in 'n realistiese en gepaste milieu en periode. Dit is glad nie pretensieus nie, en verloop soos mens sou verwag hierdie tipe gebeure verloop. Beslis bedoel vir aficionados van die genre, tydperk en milieu. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, October 8, 2021

Adventures of a Mathematician - 7/10

Adventures of a Mathematician is 'n stadiger weergawe van die Manhattan Projek gebeure en dan vanuit 'n persoonlike oogpunt. Die milieu, periode en kostuumwerk voel realisties. Ek het meer van Manhattan gehou, maar dan is dit twee verskillende benaderings. Die fokus is hier minder op die tegniese aspekte van die berugte projek. Saam met Bella op die Bank.






Wednesday, October 6, 2021

Foundation, Reeks - 5/10

Foundation begin met pragtige grafika, maar ten spyte van die ryk produksie voel dit pap en flou. As episodes twee en drie nie drasties optel nie, gaan ons dit vir eers los. Episode twee was verveliger as die eerste, so vir eers los ons hierdie reeksie. Saam met Bella op die Bank.



Monday, October 4, 2021

Falling for Figaro - 6/10

Falling for Figaro sou bitter vinnig kon verval in sentimentaliteit. Dit doen egter nie. Die milieu en byrolle maak dit aangenaam kykbaar en lig. 'n Eenvoudige storie wat met net genoeg drama en humor vertel word. Saam met Bella op die Bank in die Natalse Middellande, Rawdons, kamer 24. 


Friday, October 1, 2021

The Many Saints of Newark - 7/10

Al het mens net geweet van The Sopranos en dit nie gevolg nie, maak The Many Saints of Newark steeds 'n puik film. Die periode en rolverdeling is getrou aan die reeks. Alles maak sin. Kyk gerus, en dan gaan jy waarskynlik die reeks wil kyk of selfs weer kyk. Saam met Bella op die Bank.