Saturday, April 30, 2022

The Outfit - 7/10

The Outfit is beslis 'n grendelstaat fliekie met erge milieu en karakter ekonomie. Die lyn, kostuum, periode, styl, visuele en spraak elemente lei beslis nie daaronder nie, en behou mens se aandag deurentyd. 'n Verwagte maar nodige ontknoping rond die kykgenot af. Saam met Bella op die Bank.




Squid Game, Minireeks - 7/10

Squid Game is amper kinderlik in sy eenvoud. Dit plaas egter menslike gedrag onder die vergrootglas op 'n skaal lanklaas gesien. Mens wil die kort reeksie vinnig klaarkyk, amper met dieselfde haas as wat die aanvaklik onwillige deelnemers die spel wil wen. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, April 29, 2022

Chaos Walking - 7/10

So nou en dan is daar 'n film wat innoverend is en 'n nuwe konsep op so manier verbeeld dat mens wonder hoekom dit nie al lankal gedoen is nie. Die Noise in Chaos Walking, sowel as die grafiese uitbeelding daarvan is in meeste opsigte prettig en vars. Behalwe seker waar die wolkies donker word... Die uitbeelding van mans in die algemeen as een-dimensionele slagoffers van hul eie gedagte is dalk bietjie seksisties, maar seker dan ook raak. Makisaki, hierdie was 'n onverwagse vermaaklike fliek. Mens kan ook 'n hele Doktorsgraad doen oor die sosiologie van sulke futuristiese pioniersgemeenskappe met sy menslike tropgedrag en al. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, April 28, 2022

Temple, Minireeks - 5/10

Temple het dit nie eers gemaak vir 'n eerste paar minute nie.


Love Me, Minireeks - 4/10

Love Me het aanvanklik die moeite werd gelyk, maar nie seker of ons die tyd gaan spandeer nie - te dramarig. O, en dit is Australiaans. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, April 27, 2022

The Interpreter - 5/10

The Interpreter is heel kykbaar. Dit is nie oormatig sentimenteel nie, en die lyn redelik geloofwaardig. Perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.



Monday, April 25, 2022

Vikings: Valhalla, Reeks - 3/10

Vikings: Valhalla bewys splinterreekse werk nie altyd nie. Hierdie is 'n tam, flou opvolg. Nee wat, dit lyk en klink amateuragtig, gaan beslis nie die tyd spandeer nie. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 24, 2022

A Very British Scandal, Minireeks - 6/10

A Very British Scandal bevestig die ander kant is nie altyd so rose en maanskyn nie. Periode, kostuum en dialoog doen gestand aan die Briste manier van langoedlewe. Saam met Bella op die Bank.



  

Re Granchio (The Tale of King Crab) - 4/10

Re Granchio (The Tale of King Crab) lyk baie belowend maar is eintlik net 'n groot geraas. Het na sowat 15 minute moed opgegee. Nie alle Italiaanse kunsflieks werk nie... Saam met Bella op die Bank.



Saturday, April 23, 2022

Unchartered - 5/10

Unchartered is redelike Vakansiedagaand materiaal. Redelik breinloos en heel kykbaar. Saam met Bella op die Bank.



Friday, April 22, 2022

Gentleman Jack, Minireeks - 5/10

Gentleman Jack is 'n kort reeksie, en lyk belowend, maar die dreunende stemtoon van die hoofrol kry my net onder. Sy praat soos 'n beheerde stoomroller - een van daardie kleintjies. Gaan dit dalk nie deursit nie. Saam met Bella op die Bank.


Swimming with Sharks, Minireeks - 6/10

Swimming with Sharks hou die aandag met sy puntenerige hoofmeisie voorkoms. Dit is 'n kort reeksie, hierdie sal dalk nie werk as 'n lang uitgerekte seisoen op seisoen een nie. Beslis nie vir die preutse mark bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.


Life and Death in the Warehouse - 6/10

Life and Death in the Warehouse is nogals ontstellend in sy eenvoud. Dit is 'n kort film met 'n eenvoudige tema. Kyk self en besluit of jy daardie knoppie gaan kliek om iets te koop. Ek vermoed dit gaan veel erger. Saam met Bella op die Bank.




Sunday, April 17, 2022

On the Rocks - 6/10

On the Rocks val in die trant van ander Bill Murray flieks. Die dialoog is soos te verwagte skerp en vermaaklik en New York verleidelik as 'n stad (en karakter). Vir 'n rustige Vrydag of Saterdagaand as jy bietjie meer wakker is. 'n Goeie alternatief vir Woody Allen films. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, April 16, 2022

The Contractor - 6/10

The Contractor val bogemiddeld in sy genre. Dit gebruik verwagte sentimentaliteit onverwags, en dan met 'n lyn wat net pre-pandemie vervaardiger diskresie sou oorleef. Redelike vermaak vir 'n Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.


 

Belle Vie, Realiteit Televisie - 6/10

Belle Vie is 'n gewone ou wat sy gewone storie vertel, Maar die Franse Bistro inslag maak hierdie baie inteerssant. 




Friday, April 15, 2022

Farewell, My Queen - 7/10

Farewell, My Queen is meer vir die ervare kunsfliekganger bedoel. Ek is egter wel seker in die afwesigheid van kommunikasie tegnologie was goeters maar erg deurmekaar daar in die paleis op die voortaand van die val van die aristokrasie. Kyk ook gerus as agtergrond tot Qu'ils mangent de la brioche (laat hulle koek eet!) Marie Antoinette. Saam met Bella op die Bank. 

 




Thursday, April 14, 2022

Hector and the Search for Happiness - 1/10

Gits, nee, na die eerste 5 minute en 'n paar spronge lyk hierdie nie na ons koop tee nie. Sal eers Hector and the Search for Happiness los vir iets anders. Saam met Bella op die Bank.




Wednesday, April 13, 2022

Brazen - 1/10

Gits, nee, Brazen lyk power in die eerste 5 minutes. Saam met Bella op die Bank.


Richard Hammond's Workshop, Reeks, Realiteit Televisie - 7/10

Richard Hammond's Workshop is glad nie sleg nie. As mens enigsins van ouer karre hou is hierdie die moeite werd. Ten spyte van sy bravade is dit nie maklik om so besigheid te begin nie. Saam met Bella en Anrich op die Bank.



 

Sunday, April 10, 2022

Miss Willoughby and the Haunted Bookshop - 3/10

Gits, Miss Willoughby and the Haunted Bookshop is taamlik amateuragtig. Die rolverdeling red ook nie juis die filmpie nie. Die dialoog is geforseerd en die teks bra saai. Ek het stukkies gekyk, Bella het dit gevolg. Op die Bank.


 

Saturday, April 9, 2022

Rifkin's Festival - 6/10

Rifkin's Festival is nie Woody se beste werk nie, en die manlike hoofrol ook nie my gunsteling akteur nie. Dit is egter heel kykbaar, veral met die Dr Rojas wat sag op die oog val. Tipiese praat fliekie, met ligte humor, mooi mense, mooi plekke en duur smaak. Net jammer nie al die Spaans wys in die subtitels nie, so mens mis bietjie van daardie (passievolle) gesprekke. Saam met Bella op die Bank.


  

Moonshot - 3/10

Moonshot is plastiek, oppervlakkig met geforseerde dialoog en situasies. Dit is ondraaglik pynlik by tye. Die vertolkings is so-so. Ek het stukkies gekry, Bella het dit deurgesit (op die Bank).
 


Friday, April 8, 2022

All the Old Knives - 6/10

All the Old Knives is sekerlik die stadigste spioenasie drama ooit. Baie praat, min aksie. Die milieu en kostuumwerk is egter stylvol, met karakter (en milieu) ekonomie (nog 'n pandemie fliekie). Jy moet wakker voel om hierdie een aan te pak, die lyn gaan dit nie doen nie. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, April 3, 2022

Illusions Perdues (Lost Illusions) - 8/10

Illusions Perdues (Lost Illusions) is absolute tragedie, die titel kon dalk eerder eerder L'ascension et la Chute de Lucien de Rubempré (The Rise and Fall of Lucien de Rubempré) wees. Die film lei dan ook die era van fausses nouvelles (fake news) in. Dit is wel jammer ons volg nie Frans nie, ek is oortuig daar is heelwat verlore nuanses met die onderskrifte. Die rolverdeling, milieu, periode, kostuumwerk en verhaal is alles perfek gepas vir die titel en storielyn. Saam met Bella op die Bank.




 


Saturday, April 2, 2022

CODA - 9/10

Partymaal is die Oscar wenner die moeite werd. CODA is 'n innemende, onpretensieuse, opregte fliekie. Kyk dit beslis saam met jou wederhelf op 'n Saterdag of Sondagaand. 'n Eenvoudige storie in 'n realistiese milieu met (Oscar) vertolkings. 'n Mengsel van lag, drama, musiek en grootword en omstandighede. Saam met Bella op die Bank.



  

Moon Knight, Minireeks - 5/10

Moon Knight is 'n kort minireeksie. Die onhebbelike deurmekaar gemaal herhinner sterk aan Legion - mens moet kophou soos 'n dronk weeluis. Sal dit waarskynlik klaar kyk, redelike vermaak. Saam met Bella op die Bank.


  

Friday, April 1, 2022

Moonfall - 2/10

Soos te verwagte is Moonfall een groot potjie gemors. Redelike grafika, en getrou aan die genrem totaal oorspeelde vertoklings en 'n oppervlakkige erns. Breinlose vermaak. Hou verby. Saam met Bella op die Bank.