Sunday, February 27, 2011

What Just Happened - 4/10

What just happened is maar taamlik vervelig, maar tog tot 'n mate interessant. Dis net dat die interessante brokkies te ver uitmekaar en min is... Saam met Bella op die bank. 

Wednesday, February 23, 2011

The Other Guys - 5/10

Ek is glad nie 'n Will Ferrell fe^n nie, en hy irriteer my eintlik heelwat, maar daar is 'n paar redelik snaakse dele in The Other Guys....Dit is heel kykbaar maar raak tog so bietjie vervelig op 'n stadium en dan wag mens maar net dat dit oorgaan... Saam met Bella op die bank.

Megamind - 7/10

Ek moet se^ dat Megamind heel beter uitgedraai het as wat ek aanvanklik gedink het aan die begin van die fliek. Met 'n redelike droe" humorsin, en heelwat uitstekende versteekte verwysings na ander flieks soos Frankenstein, Ironman en selfs musiekkonserte soos Mick Jagger se tong-grafika, is dit heel kykbaar. Redelike paar cliches, maar dan is dit wel die doel van Megamind. My gunsteling snede is die deel waar die vissie na die Roemeense winkeltjie verwys...en ook "Girls, Girls, you're both pretty, let's move on"... Saam met die familie op die bank.

Monday, February 14, 2011

Red Cliff - 5/10

Red Cliff is heel kykbaar, maar beslis nie in dieselfde vlak as Crouching Tiger, Hidden Dragon nie. Dit is 'n langerige fliek, maar verveel darem nie. Seker nie 'n wye gehoor poging nie. Gelukkis sien ons die verkorte weergawe in die Weste en nie die twee-delige een nie.... Baie bloederig, maar op die Oosterse manier. Saam met Bell op die bank.

Saturday, February 12, 2011

Life as We Know It - 6/10

Life as We Know It haal net-net die 6, maar dit is tog daardie aks bokant gemiddeld, meesal oor die karakterontwikkeling. Die res is maar cliche, veral die dele waar die baba gewone baba goeters doen. Op die vliegtuig oppad terug van Munich na Johannesburg. 

Thursday, February 10, 2011

3:10 to Yuma - 6/10

Wel, hierdie een is al baaaie lank op my lysie, en toe so wrintiewaar wys SAL dit op my vlug van Johannesburg na Munich. Ek het die gewone cliche Western verwag, maar hierdie een het daai tikseltjie hart by. Dit het die baie geweervuur soos te verwagte maar darem nie CSI styl nie. Mens kan dit kyk. Nogals snaaks dat Batman en Gladiator mekaar vreemd bevriend... Probeer gerus vir 'n Vrydagaand. Alleen op die vliegtuig.

Wall Street: Money Never Sleeps - 5/10

Ek kan nie onthou of ek die eerste een gesien het nie. Die opvolg is goed, maar ek sou nie se^ dat dit heeltemal die mag en paniek van Wall Street uitbeeld nie. Daar is heelwat elektroniese byflitse in die film, seker gepas as mens al die "ticker tapes" in ag neem. Ek was hier-en-daar ietwat verveeld, het selfs 'n kort uiltjie geknip. Die fliek is mak genoeg vir 'n Sondagaand. Saam met Bella op die bank.

Beyond a Reasonable Doubt - 5/10

Foeitog, nog 'n oormaak probeerslag (die eerste was al in 1956), Hollywood raak uit stories uit....alhoewel hierdie een 'n sterk Kanadese gevoel het. Gelukkig het dit nie 'n te slegte lyn nie, en is tog baie gemiddeld kykbaar. O, en verwag 'n lekker kinkel in die kabel einde. Saam met Bella op die bank. 

Monday, February 7, 2011

Love and Other Drugs - 4/10

Sjoe!, as hierdie film net geweet het vir watter genre dit mik, sou dit ook beter gegaan het. Met groot verwagting gaan kyk, maar was grotendeels teleurstellend. Kan nie besluit of dit 'n drama, ligte romantiese komedie, kwasi-dokumenter, of slefs ligte porno is nie... Ons het nie regtig na voorprente of skrywe gekyk voor die tyd nie....Die vroulike hoofrol sou ook beter gewerk het as dit dalk iemand anders was. Saam met Bella vir ons huweliksherdenking (14e), gelukkig tussen 'n goeie maal by goeie ou Delano's en 'n lekker Chocochino, in die teater.