Saturday, June 30, 2018

The Last Witness - 7/10

The Last Witness bly maar grim, en ten minste leer mens iets nuuts oor die Tweede Wereldoorlog - die rol van die Russe in Poland. Die vroulike hoofrol is ietwat amateuragtig vertolk, maar die res heel goed. Saam met Bella op die bank.




Sunday, June 24, 2018

Paul, Apostle of Christ - 7/10

Paul, Apostle of Christ is 'n hoofstroom kwaliteit produksie, met 'n indrukwekkende rolverdeling en uitstaande vertolkings. Dit is glad nie oormatig sentimenteel nie, en 'n interessante interpretasie van die bekende verhaal. Dit voel ook of mens darem iets leer. Saam met Bella op die bank.

Cloak & Dagger, Seisoen 1 - 4/10

Cloak & Dagger begin heel stylvol, maar verval dan teen die tweede en derde episodes in 'n onnodige, papperige herhaling van die selfde situasie oor-en-oor. Sal nog een episode kyk, maar as dit dan nie oordadig optel nie, nie die belegging werd nie. Saam met Bella op die bank. Anrich en Franko het baie gouer as ons opgegee. 


Lady Chatterley's Lover - 6/10

Lady Chatterley's Lover is hier in 'n formaat wat glad nie herinner aan die rede waarom dit aanvanklik verban was nie... Dit is 'n soete liefdesverhaal, in 'n dromerige milieu. Die vertolkings is gemeng, maar ten minste is die twee leidende rolle gepas vertolk. Kyk gerus met genoeg romantiese hulpmiddels. Saam met Bella op die bank.

Saturday, June 2, 2018

Submergence - 7/10

Submergence is 'n stadiger kuns tjiekfliekie, met asembenemende natuur tonele en 'n ou we^reldse hotel in Normandie". Daar is sterk teenoorstaande, maar tog soortgelyke omstandighede vir die twee partye, beide lewe en dood. Moet nie 'n Hollywood-einde verwag nie... Saam met Bella op die bank. 

Friday, June 1, 2018

Reverie, Seisoen 1 - 4/10

Reverie het 'n interessante premis, maar gaan beslis vinnig uitgerek en vervelig voel. Sal beter doen as 'n fliek. Gaan nie tyd hierin bele^ nie. Saam met Bella op die bank.