Sunday, June 20, 2010

Percy Jackson & the Olympians: The Lightning Thief - 6/10

Wat 'n lang titel: Percy Jackson and the Olympians: The Lightning Thief. Hoop nie dit stel teleur nie....

Wel hierdie is meer 'n laat tienerfliek sou ek reken, maar dan is dit ook soos 'n hoe"rskoolvak in die Griekse Mitologie, of dalk Griekse Mitologie 101 Lig. Heel goed vir 'n Vrydag of Saterdagaand op DVD. Moet nie te veel van die storie verwag nie, lekker ligte, min uitdagende stof. Uma maak wel 'n goeie Medusa uit... Saam met Bella op die bank. 

Saturday, June 19, 2010

Garfield's Pet Force - 5/10

Ek hou van ou Garfield, en hierdie is nou al die derde rondte vir die spesifieke rekenaaranimasie reeks. Die kinders het dit baie geniet. Saam met die familie op die bank.

We Don't Live Here Anymore - 6/10

'n Baie realistiese, eerlike kykie na owerspel in die huwelik....Moet se^ hierdie fliek was redelik swaar vir 'n Vrydagaand op DVD...Die akteurs is goed, en daar is billike karakterontwikkeling. Dit is ook baie ekonomies in terme van milieu en byspelers. Voel maar sterk as jy hierdie een aanpak. Saam met Bella op die bank. 

Friday, June 18, 2010

The Imaginarium of Doctor Parnassus - 5/10

Ek en Bella het met groot afwagting The Imaginarium of Doctor Parnassus by Brooklyn Nouveau gaan kyk. Dit is 'n redelik off-beat fliek, wat so bietjie lank begin voel. Soms werk off-beat en soms net nie. Ongelukkig werk hierdie een nie so goed nie. Die rede is dalk te min humor. Die film maak heelwat kommentaar en al die ander nodige goeters, met 'n ongelooflike versameling akteurs - dit red dit egter steeds nie. Ek het wel die ou waentjie wat in 'n verhogie omskakel geniet, en daar is oomblikke wat die fliek goed werk. Daar is net te min sulke oomblikke om hierdie een te laat uitstaan. Ek sou dit nie aan of af beveel nie, mens moet liewers self gaan kyk en besluit of dit vir jou is of nie. Ek kan nogals dink dat heelwat mense wel die fliek baie beter sal vind as ek. My aanbeveling is dus, gaan kyk gerus, veral as off-beat deel van jou smaak is. 

Tuesday, June 15, 2010

Post Grad - 5/10

Post Grad is 'n gemiddelde tjiekfliekie, met 'n redelike kykbare boodskappie. Regte Hollywoodse sentiment voer maar die hooggety hier, en soos die resep verder voorskryf, heelwat voorspelbaar. Beslis vir DVD bedoel. Saam met Bella op die bank.

Monday, June 14, 2010

Better off Ted - 7/10

Better off Ted is 'n lekker ligte reeks met kort episodes. Dit is 'n goeie verwyl terwyl ek en Bella soek na die volgende reeks om te kyk....Na Flash Forward lyk die beste opsie na The Mentalist.

Ek moes my aanvanklike punt vir Ted van 5 na 7 uit 10 verbeter. Ons het die tweede reeks ook klaar gekyk - ongelukkig is daar blykbaar nog 2 episodes in Australie uitgesaai, wat ons nie te siene kan kry nie. Die humor was veral in die laaste paar uitgawes histeries. Ek gaan die koel spannetjie mis. Skynbaar is dit ook nou sommer gekanselleer. Ai. 

Sunday, June 13, 2010

Side Effects - 5/10

Side Effects het eintlik baie potensiaal om 'n heelwat beter fliek te wees. Dit kon die sukses van Thank you for Smoking herhaal. Die materiaal tot beskikking is baie meer as die klein bietjie uitspattighede wat hier gewys word. Nog steeds laat dit mens net weer besef hoe groot geldmaak besigheid medisyne is. Alleen op die bank. 

Fantastic Mr Fox - 9/10

Sjoe, hierdie herdefinieer weer 'n slag fliek vir my, sowel as storie. Dit is ongelooflik hoe werklik die karakters voel, en hoe tasbaar die karakterontwikkeling is in hierdie verfrissende fliek. Clooney en Streep staan absoluut uit in Fantastic Mr Fox. Die fliek is nie 'n tipiese dubbel-laag fliek nie. Ek vermoed my laaities sal dalk effens verveeld voel. Die kommentaar wat hierdie fliek egter maak op die rotresies, klasse, en die lewe in die algemeen is ongelooflik. Hoogs aan te beveel, en beslis een van my gunstelinge. Die vlak van detail is uitnemend, die kunstenaars het 'n surrealistiese wereld geskep, presies soos Dahl dink ek dit visualiseer het met die skryf van die boek. Mnr Jakkals se fluit-kliek en die rustige dialoog gaan my nog lank bybly. Saam met Bella op die bank. 

Maiden Heist - 5/10

Maiden Heist 'n stadige roofstorie! Dit is amper in die liga van The Bucket List, maar nie so sterk nie. Dit is lig, en het 'n paar goeie oomblikke. Dit is dan William Macy wat vir die meer snaakse oomblikke sorg, maar die rol wat Marcia Gay Harden vertolk is eintlik histeries. Mens kan dit gerus op 'n Sondagaand kyk. Dit is 'n kruising tussen Girl with a Pearlearring en Bucket List. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 6, 2010

Powder Blue - 6/10

Powder Blue van in die genre wat Altman vervolmaak het met Short Cuts. Dit is 'n paar stories wat op die ou einde in mekaar vervleg. In hierdie geval is daar egter een storie wat ek sukkel om by die ander te plaas. Die karakters word almal goed vertolk, en Jessica drup selfs warm was op haarself. Die storie is nie te ontstellend of swaar nie, maar ek sou dit nie vir 'n Vrydagaand aan beveel nie. Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 4, 2010

Let the Game Begin - 4/10

Let the Game Begin is 'n lae-begroting fliekie, maar is tog op die ou einde darem kykbaar. Dit voel egter so bietjie meganisties, daarom die effens onder-gemiddelde punt. Mens kan dit op enige aand van die week seker kyk, maar dalk is dit bietjie min skop vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.