Saturday, March 26, 2022

Death on the Nile - 3/10

Death on the Nile het alles wat in sy guns tel, maar is 'n klomp pretensieuse, vermaaklose, oordrewe rommel. Ek het met stukke aan die slaap geraak so oninteressant was dit. Ai. Hou maar eerder verby. Die grafika is dalk goed maar doen afbreek aan die materiaal. Saam met Bella op die Bank.




Friday, March 25, 2022

Windfall - 5/10

Windfall is beslis 'n pandemie isolasie fliekie. Die karakter en milieu ekonomie ondersteun dit. Nogals taamlike eksistensialistiese vraagstukke vir 'n Vrydagaand, sowel as sosiologiese kommentaar op menslike gedrag, veral waar hedendaagse klassie (rykdom) ter sprake kom. Nie juis vermaaklik nie, dalk bietjie saai. Die huis is nie te onaardig nie, ek sal daar kan bly. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, March 20, 2022

Enid - 6/10

Enid laat mens hardop wonder hoe akkuraat die film is ten opsigte van ware gebeure en feite. Maar as dit enigsins akkuraat is, is Enid beslis 'n opperste, skynheilige draakstasie. Die milieu, periode en vertolkings is gepas, en redelike Sondagaand kykmateriaal. Dit is seker vermaaklik (aweregs) as mens sou aanvaar alles is fiksie. Saam met Bella op die Bank. 


 

Saturday, March 19, 2022

Deep Water - 5/10

Deep Water slaag op vele vlakke behalwe die belangrikste paar - dit voel ietwat uitgerek, vervelig by tye en dan gee mens nie regtig om wat met die karakters gebeur nie. Die milieu, stel, stelinkleding, rolverdeling, vertolkings en spanningslyn is bogemiddeld. Die vroulike hoofrol is uitlokkend verleidelik (verloklik?), die manlike een net te flegmaties en beheersd. Die film slaag wel daarin om die bloudruk van 'n psigopaat vas te vang met die fanatiese slakke aanbidding en totale afwesigheid van emosie (behalwe vir enkele tonele). Wat die film red van 'n vroee" dood is dat mens net wil sien hoe dit eindig, en wie kry die huis - ek saal regtig graag daar wil woon. Nie te slegte Saterdagaand vermaak nie. 

 

Saturday, March 12, 2022

Let Them All Talk - 6/10

Let Them All Talk is beslis net vir geharde kunsfliekgangers bedoel. Dit is 2 ure van praat, en dan meesal beperk tot gesprekke rondom 'n etenstafel. Dit behou egter die aandag as gevolg van die uitstaande vertolkings. Redelik ekonomies tot rolverdeling, milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.




  

Friday, March 11, 2022

Tenet - 6/10

Tenet is darem bogemiddelde vermaak, maar mens moet kophou soos 'n dronk wee"luis. Die hele inversie affe^re maak sin op papier, maar in filmrealiteit kompleks om te volg. Dit het dan ook 'n mate van herhaling tot gevolg. Die vertolkings is goed, die rolverdeling hedendaagse Hollywoods-korrek maar staan so bietjie uit. Die kostuumwerk en stelinkleding skep 'n luukse gevoel. Saam met Bella op die Bank. 

 


Sunday, March 6, 2022

Munich: The Edge of War - 7/10

Munich: The Edge of War is 'n onverwagse punt-van-jou-stoel fliekie. Die rolverdeling, periode en vertolkings is raak en oortuigend. Uit die aard gebaseer op ware gebeure met mildelike kreatiewe inkleur. Die perfekte Sondagaand fliekie. Saam met Bella op die Bank.

 

Saturday, March 5, 2022

The Batman - 9/10

The Batman is sekerlik die naaste wat superheld films aan kunsflieks kom. Die aandag aan detail, klank, spraak, dialoog, milieu, spanningslyn, kostuumwerk, stelinkleding, rolverdeling en vertolkings staan kop en skouers bo ander uit. Die terugkeer na die basiese elemente, veral die bekeie rolletjie van tegnologie en oordeelkundige gebruik van grafiese geweld (wel die amper afwesigheid daarvan) maak hierdie nog meer die moeite werd. Die buierige Bruce Wayne en by tye feilbare The Batman is oortuigend. En die Batmobiel is seker die mees onheilspellende een ooit - wie sal daardie enjin opstart sekwens vergeet? Die rolverdeling staan groot skoene met gemak vol. Onthou hierdie is DC, dus is alles donker en grys, niks lyk soos dit regtig is nie. Saam met Bella en Franko by Kolonnade se film teater.


Friday, March 4, 2022

The Story of My Wife - 7/10

Met die fokus op storie, hierdie is 'n lang film met lang, stadige skote, stadige dialoog en gevoelvolle gesigsuitrdukkings. Mikro oomblikke word in detail met langer stadige kameraskote beklemtoon. Die kamerawerk is wel stilisties sterk en artisties. Op die ou einde is dit maar 'n eksistensie"le krisis verpak in 'n verhouding kontekts. Ek is ook seker die ouer Italiaanse rampokker is 'n verpersoonliking van die manlike hoofrol se alter-ego. Ek dink ook die film se 6 tonele verwys na die fases van aanvaarding... Die milieu is wel romanties, veral die Paryse woning, met 'n leefstyl wat mens groen van jaloesie maak - wel dalk nie die lang tye van afwesigheid nie. Nie swaar voorgele^ nie, maar wel 'n swaarder tema. Humor word tog gebruik en die dialoog is wel geformuleerd. Vir geharde kunskring liefhebbers bedoel. Meesal in Engels met Hollands aan die begin en einde wat mens maklik kan volg. Saam met Bella op die Bank.