Saturday, January 30, 2021

Paris (2008) - 4/10

Paris is 'n opsigtelike naboots van Robert Altman se styl. Hierdie is egter soos om te kyk hoe ek hawermout pap voor werk maak in die oggend. Die mense se lewens is regtig nie interessant nie, en mens gee nie juis vir die danser om nie. Daar is nie genoeg verwysing, verhouding of verwagting geskep nie. Die rolle is weliswaar gepas vertolk. Saam met Bella op die Bank.


  

Friday, January 29, 2021

The World's End - 5/10

As jy van alternatiewe Zombie films hou is The World's End beslis jou materiaal. Redelik oordadig vertolk, wel snaaks, en tipiese Pegg materiaal. Saam met Bella op die Bank.






Lupin, Reeks - 6/10

Ek sou nie se^ Lupin is die bestee weergawe van die Franse karakter ooit nie, maar mens geniet wel hierdie interpretasie. Sal beslis die reeksie klaar kyk, of ten minste die loods-seisoen. O, en al is die onderskrifte nie akkuraat nie, kyk eerder die Franse weergawe as die vertaalde een. Dit maak 'n groot verskil. Saam met Bella op die Bank. 



The Great Escapists, Reeks - 6/10

The Great Escapists is gemik op 'n jonger ouderdom kyker, maar is steeds kykbaar as daar nie The Grand Tour episodes is om te kyk nie. Saam met Bella en Anrich op Bank.




Tuesday, January 26, 2021

The Pembrokeshire Murders, Minireeks - 7/10

The Pembrokeshire Murders is 'n 3 episode minireeks wat teen 'n taamlike pas beweeg. Dit is afgerond, proseduraal korrek en beslis milieu en periode korrek, al is lg. 'n onlgangse periode. Geloofwaardige rolverdelings met sterk vertolkings. Ons sal dit beslis kyk, 3 aande na mekaar. Saam met Bella op die Bank. 



Friday, January 22, 2021

A Boere-Krismis - 6/10

A Boere-Krismis breek nuwe grond vir Afrikaanse films. Dit werk. Ek is egter nie seker of dit 'n wye gehoor gaan bevredig nie. Van die vertolkings is pynlik oordadig, maar gepas. Veral die fikse paartjie... Ek sou reken op eie risiko en kies jou mede-gehoor met deurdagte oordeel. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, January 21, 2021

WandaVision, Reeks - 6/10

WandaVision het 'n besliste vars, nuwe benadring tot superheld reekse. Dit is baie tong in die kies en steek die draak met reekse van die era. Elke episode beweed na 'n volgende dekade. Gepaste tempo en sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank. 




Saturday, January 16, 2021

Maigret Sets a Trap - 6/10

Maigret Sets a Trap se milieu en periode oortuig om dit te kyk. Gepaste stapel as mens die genre geniet. Dit is jammer die produksie het gestop met die "reeks". Saam met Bella op die Bank.



Friday, January 15, 2021

News of the World - 7/10

As daar so iets as 'n gevoelvolle cowboy film is, dan is News of the World die voorbeeld. 'n Sagte kykie na 'n harde we^reld. Die fliek laat mens glo die goeie oorwin altyd aan die einde en word beloon vir geduld, liefde en deernis. Beslis een van Mnr Hanks se beste vertolkings tot hede, maar dan moet mens ook Greyhound en ander kyk. Saam met Bella op die Bank.


Thursday, January 14, 2021

Bridgerton, Reeks - 3/10

Bridgerton breek die templaat net te veel. The Great is dieselfde tipe materiaal, maar die verskil is hier is een karakter mal, simpel en totaal oordadig. Met Bridgerton voel dit of almal so is. Nee wat, nie ons koppie tee nie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, January 9, 2021

Pixie - 7/10

Pixie is 'n alternatiewe, Ierse kykie na 'n tawwe tienie. Sy gee die manne vuur onder hulle holle en skroom nie om te verneuk en te beneuk nie. 'n Tone krul einde. Ek sou dit nie saam met Ouma kyk nie. Kyk dalk met onderskrifte om seker te maak jy mis nie die dialoog nie. Die fliekie is ongekompliseerd en glad nie pretensieus nie. Saam met Bella op die Bank.




Filthy Rich, Minireeks - 4/10

Kon so episode of wat uithou van Filthy Rich maar het besluit om stukke van die ontknopingsepisode te spoedkyk. Nie diie beste produksie nie, dalk te getrou aan die periode en milieu. Ten minste is die karakters openlik eerlik oor hulle sub-agendas. Saam met Bella op die Bank.



 

Hoener met die Rooi Skoene - 5/10

Hoener met die Rooi Skoene is baie ligte en lawwe vermaak. Moet dit glad nie ernstig opneem nie. Heel aanvaarbaar vir 'n ontspanne kykie. Saam met Bella op die Bank.




Wednesday, January 6, 2021

The Right Stuff, Reeks - 3/10

The Right Stuff hou nie kersvas by iets soos the The Astronaut Wives Club nie. Dit voel net te sentimenteel met 'n te sterk dosis Amerikaanse patriotisme. Kon net sowat helfte van die loodsepisode die aanslag weerstaan. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, January 5, 2021

Wonder Woman 1984 - 6/10

Wonder Woman 1984 lyk redelik periode korrek, en is waarskynlik. Alhoewel dit taamlik maklik kyk voel dit effens uitgerek. Dit is lig, met laerskool-tipe komiese dele. 'n Goeie Vrydagaand opsie as jy moeg na die week se swoeg is, en net op die bank wil le^. Saam met Bella op die bank.