Showing posts with label Sweeds met onderskrifte. Show all posts
Showing posts with label Sweeds met onderskrifte. Show all posts

Saturday, January 1, 2022

En Man Som Heter Ove (A Man Called Ove) - 6/10

En man som heter Ove (A Man Called Ove) is in Sweeds met onderskrifte wat nie baie streng volgens die taal ree"ls is nie, en baie vertalingsfoute bevat. Ten spyte daarvan, volg mens redelik maklik die dialoog. Dit is 'n besielende storietjie wat fokus op aanvaarding, 'n mens se doel, en onbevooroordeeldheid. Tipiese Sweedse humor en dialoog, streng sonder takt. Verwag Skandinawiese eenvoud in alle opsigte in die film. Nie so snaaks soos Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) nie, maar tog soortgelyk. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, October 4, 2020

Becoming Astrid - 6/10

Moet nie Pippie Langkous in Becoming Astrid verwag nie. Hierdie is 'n geswoeg en gesukkel nog voordat die boeke geskryf is. Dit is wel duidelik dat alles wat gebeur daartoe bydra. Beslis 'n fliek vir meer geoefende fliekgangers. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, July 25, 2020

Hundraettåringen som smet från notan och försvann (The 101-Year-Old Man Who Skipped Out on the Bill and Disappeared) - 7/10

The 101-Year-Old Man Who Skipped Out on the Bill and Disappeared is soos sy voorganger vol grappe en 'n sameflans van toevallighede - veral die soort wat karakters met mindere edele planne sleg benadeel, en die res wat net voortploeter bevoordeel. 'n Aangename Hollywood alternatief. Saam met Bella op die Bank. 

Friday, February 28, 2020

Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) - 7/10

Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) is 'n stil, minimalistiese komedie. Die het heelwat baie snaakse tonele en oomblikke. Dit voel asof die film op 'n werklike persoon gebaseer moes gewees het, maar is nie. Nie seker hoekom mens so 'n boek sou wou skryf nie, maar ten minste is dit goeie kyk materiaal en beslis nie hoofstroom nie. Kyk gerus as jy beter wil voel. Saam met Bella op die Bank.