Saturday, August 29, 2020

The War with Grandpa - 4/10

The War with Grandpa is maar flou. Dit kort net meer fut. Daar is wel heelwat ongemynde potensiaal. Die poetse en grappe is oumakou, niks nuut en vermaaklik nie. So ietwat van 'n meganistiese ou reseppie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die Bank.





Friday, August 28, 2020

World War Z - 5/10

World War Z is 'n onverwagte ril-komedie - ek vermoed egter dit was glad nie die vervaardigers of regissuer se intensie nie. Dit is beslis nie skrikmaak materiaal nie, en die zombies, is wel, snaaks, veral die een wat sy tandjies so kap. Dit is ook interessant dat die oomblik dat iemand 'n zombie word, meeste natuurwette nie geld nie, kort van vlieg, kan 'n zombie teen verbysterende vaart amper die lug in hardloop in hope. Dit was wel vermaaklik tot op 'n punt, anders sou dit 4/10 gewees het. Saam met Bella op die Bank.

   



Friday, August 21, 2020

Ava - 4/10

Ava is maar ondergemiddelde pulp. Die lyn is saai, en dit is 'n vreemde mengsel van familie drama en sages, ouderdom, obsessiewe kompulsiewe gedrag. dobbel probleme, alkoholisme en sluipmoorde. Het dit wel klaar gekyk, maar sou nie omgee om halpad op te hou kyk het nie. Van die tonele is net te fantiesties om waar te wees. Saam met Bella op Bank.


Tuesday, August 18, 2020

Dark, Reeks - 7/10

Dark lyk of mens gaan kop moet hou soos 'n dronk weeluis. Met 'n komplekse rolverdeling en kwaliteit vervaardiging gaan ons hierdie dalk verder kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


 

Sunday, August 16, 2020

The Birdcatcher - 6/10

The Birdcatcher hou mens nogal op die punt van jou stoel. Dit het 'n sterk spanningslyn met redelike dramatiese pieke en dale. Die grim van oorlog is wel daar, maar dit is eerder die emosionele gesukkel en geswoeg en gesinsgeweld wat ontstel. Die ongerepte sneeulandskap kontrasteer sterk met die onsigbare. Die film eindig beslis nie met 'n sprokie einde nie, maar mens voel tog bevredig met die finale uitkomste. Die rolverdeling is gepas, maar die jongmeisie se ouderdom werk net reg uit nie - hulle het dalk gesukkel om 'n pas te kry vir die rol kriteria. Saam met Bella op die Bank.

  

Saturday, August 15, 2020

Hitmen, Reeks - 3/10


Hitmen se humor is net te basies en aweregs. Dit het wel potensiaal, maar gaan moeisaam raak om te kyk. Kon darem die loodsepisode baasraak maar sien nie vir die res kans nie. Saam met Bella op die Bank.


The Very Excellent Mr. Crocodile Dundee - 1/10


The Very Excellent Mr. Crocodile Dundee is oppervlakkig met werklike swak vertolkings (!) en patetiese, plastiek dialoog. Kon net sowat 20 minute van hierdie pyniging deurstaan. Saam met Bella op die Bank.


Friday, August 14, 2020

Tesla - 4/10

Tesla is teleurstellend - die gebruik van moderne tegnologie en dialoog insetsels doen afbreek en werk glad nie. Die vorige film oor Tesla het dieselfde probleem gehad. Op een of ander manier kry dit net nie reg om sy briljante bydraes uit te beeld nie. Saam met Bella op die Bank.
   

Sunday, August 9, 2020

The Courageous Heart of Irena Sendler

The Courageous Heart of Irena Sendler is gebaseer op ware gebeure en karakters. Sterk vertolkings met gepaste kostuumwerk en milieu. Die film is wel hartseer soos te verwagte, maar die eenvoud van die daad en die storie is bewonderingswaardig. Saam met Bella op die Bank.

  

Intelligence, Reeks - 4/10

Intelligence is 'n flou reeksie, met 'n pynlike vertolking van Die Amerikaner. Ek dink nie hierdie gaan beter word nie, hou eers verby. Saam met Bella en Anrich op die Bank.

 

Saturday, August 8, 2020

Das Boot, Reeks - 7/10


Das Boot is ordentelik vervaardig met 'n sterk spanningslyn en heelwat ontmoontlike situasies. Dit wys dan ook die emosie, drif en teleurstelling aan beide kante van die oorloglyn. Proseduraal en periode korrek. Saam met Bella op die Bank.

 

Made in Italy - 5/10

Made in Italy is dalk nie die beste film nie, maar Italie" bly verruklik. Die vertolkings en rolverdeling werk heel goed, en dan besef mens die parallel tussen die manlike hoofrol en sy seun. Die film kyk op die ou einde net pleinweg lekker, niks gesofistikeerd nie. Saam met Bella op die Bank.


Friday, August 7, 2020

Waiting for the Barbarians - 7/10

Waiting for the Barbarians bevestig die menslike gees maar tergelyke tyd die absolute barbaarsheid van sommige. Dit toon dat die oordeel van barbaarsheid in die oog van die beoordeelaar le^, en dat die lyn maar bitter grys en fyn is. Wie is dan die barbaar? Beslis nie ligte vermaak nie, maar uitmuntend vervaardig, sterk rolverdeling en vertolkings, met 'n asemrowende milieu. Na afloop van die film het mens maar 'n bitter smaak in die mond, teleurgesteld in die mens. Saam met Bella op die Bank.



The Umbrella Academy, Reeks - 6/10

The Umbrella Academy lyk ietwat voorspelbaar maar bind mens tog om te wil kyk wat die oplossing gaan wees. Die karakters is gangbaar, en die vertolkings gepas met 'n irritasie hier en daar. Saam met Bella en Anrich op die Bank.




Sunday, August 2, 2020

Summerland - 6/10

Summerland is 'n besielende fliekie wat met deernis aangebied word. Die milieu is asemrowend te midde van die verwoestende oorlog - dit bevestig die hawe wat gebied word aan stadskinders. Dit is dan ook 'n love story met 'n kinkel of wat. 'n Rustige fliekie wat baie meer op die emosionele fokus, dus dalk meer 'n tjiekfliek (en vir die ander span). Saam met Bella op die Bank.


Saturday, August 1, 2020

Hollywoodland - 5/10

Hollywoodland is gebaseer op ware karakters met verskillende teoriee oor wat presies gelei het tot die dood van George Reeves, meer bekend vir sy rol in Adventures of Superman. Dalk het ek iets anders verwag - die periode, kostuumwerk, milieu is alles korrek, die rolverdeling en vertolkings is beter as gemiddeld, maar die film voel so bietjie sonder fut. Dalk omdat verskillende verlope van sake aangebied word. Die privaat speurder se rol en vertolking staan my ook nie juis aan nie. Saam met Bella op die Bank.