Monday, July 27, 2009

The Deal - 5/10


The Deal is 'n interessante fliek oor hoe flieks gemaak word, met ou Bill wat nie te sleg speel nie. Meg speel haar gewone tipe rol, en daar is seker genoeg snaakse tonele om die fliek as ontspanning te beskou vir 'n meer breinlose Vrydagaand. Hier so in die helfte van die fliek raak die res van die storie so ietwat meganisties, presies soos die eerste tipe rolprent wat hulle probeer maak - die storie dwing hom self as't ware tot die volgende logiese stappe - of sal mens se^ logiese Hollywood verloop. Wat egter opval met die film is die pragtige SA! Daar is verskeie plekke wat mens dadelik herken, en die opvallende SA Engelse aksent - Sanglish? - dra by tot, haai, ons-ken-mos-hierdie-plek gevoel. Dit sit 'n ekstra dimensie by die fliek, asof SA nog 'n karakter in die verdeling is. As die New Yorkers kan breg oorlat NY 'n karaketer in flieks is, wat daar afspeel kan ons seker dieselfde doen? Kyk gerys, al is die net vir die SA tonele - dit ondersteun tog dan SA as 'n film stel. Saam met Bella op die bank.

Friday, July 24, 2009

Tornado and the Kalahari Horse Whisperer - 6/10


Tornado is 'n Suid Afrikaanse film, en verskyn ook nie op IMDB nie. Dit is heel kykbaar maar het tog maar so hier en daar bietjie cheesy dialoog. Die storie is glad nie ingewikkeld nie, en het die standaard intrige van gebreek/vind liefde. Die vroulike hoofrol het 'n baie "harde" benadering, iets wat seker met die omgewing saamgaan, maar opmerklik is. Die standaard is ietwat beter as van die ander plaaslike films. Saam met Bella op die bank. Kyk gerus om die plaaslike ouens te ondersteun - hul grootste probleem is maar geld.

Thursday, July 23, 2009

Tropic Thunder - 6/10


Na 'n aanbeveling van Arno en Bernardt het ek wel besluit om Tropic Thunder te kyk. Bella het dit vir ons bespreek byVee's Video, en ek is nou baie nuuskierig om te sien of dit werklik so snaaks is....

Ja wel, dis iets heel anders as wat ek verwag het - dit is verfrissend anders, baie snaaks, en daar is beslis geen definisie van heilige koeie volgens Stiller nie. Die feit dat hulle bekende akteurs gebruik het, en so verander het dat mens hul byna nie herken nie is baie interessant. Veral Tom Cruise doen iets wat mens glad nie gedink het hy sal doen nie - baie verassend. Ek moet se^ dat Robert Downey en Tom Cruise uitstaan in hierdie aspek, en selfs ook Jack Black, wat ek glad geen ooghaar voor het nie. Hierdie is nie ligte vermaak nie, alhoewel dit seker so gesien kan word - hulle vloek baie, en daar is so paar baie ongemaklike verwysings na geloof. Die geweld weet mens is plastiek, maar daar is 'n toneel wat hierdie wete so verdraai dat jy self bloed in jou mond proe. Kyk gerus, maar nie vir die met 'n swakkerige konstitusie nie. Saam met Bella op die bank.

The Garden State - 6/10


The Garden State is nog 'n film in die genre van flieks wat handel oor een of ander ou wat 'n groente bestaan volg, en dan een of ander besoek iewers afle^ vir een of ander rede. Ek dink Choke val seker in dieselfde kategorie. Ek moet se^ hierdie een is dalk nie so sleg nie, en styg net-net met 'n haarbreedte uit bo my gemiddelde punt van 5. Die hoofkarakter, Zach, is amper dodelik irriterend met sy maniertjies, en dit is tog jammer dat ek waarskynlik nie hierdie een gaan kan klaar kyk nie. Ek het dit net op die vliegtuig begin kyk, en seker nog so 25mins oorgehad voordat ons op ORT moes land....

The International - 5/10


Wel, ek is 'n redelike aanhanger van hierdie tipe flieks, maar The International was vir my net te volgens die ou reseppie. Soos ek gese^ het met Duplicity is die effe oordrewe spel van Clive nou besig om 'n irritasie te raak. Daar is geen romantiese spanning tussen Clive en Naomi nie. Ook op die vliegtuig tussen Munchen en Jo'burg, oppad terug van Istanbul af. Kyk dit gerus op 'n Vrydagaand, as jy net wil vrot.

Wednesday, July 15, 2009

Fliek herdenking

Ek dink dit was iewers in hierdie week my en Bella se eerste fliek herdenking - ons eerste fliek saam was Police Academy V doerie tyd in 1988. Eish, dit was lekker dae....

Ons verskil ook effens oor die datum, maar dit was iewers in Junie of Julie.... Sy het nog so groen mini aangehad....

17 Again - 5/10


Ek gaan waarskynlik nie die punt vir 17 Again verander nie, al moet ek nog die laaste 10 minute kyk omdat die vliegtuig moes land. Nie te sleg nie, maar darem net te Hollywoods.

Wel, ek het toe hierdie klaar gekyk, en was eintlik eers in die helfte van die fliek blyk dit toe. Soos ek verwag het, wil ek steeds nie die punt verander nie. Die fliek is nie te onaardig nie, heel kykbaar, maat net te voorspelbaar.

He's Just Not That Into You - 6/10


Sjoe, hierdie fliekie het drie van my gunsteling aktrises in.....JA met haar mooi lyf, SJ met haar lippe en flexibility soos Mannie sal reken, en dan JC met haar mooi gesiggie......Net jammer omdat die drie dalk so effens meeding vir kamera-aandag speel hulle nie een werklik goed nie. Mens kry half die idee hulle het 'n fliek probeer maak met al die hot akteurs/aktrises in, en vergeet van die storie....Mens geniet en identifiseer steeds met dit egter, omdat heelwat relevante aspekte aangeraak word op 'n redelike omsigtige manier. Hierdie een ook op die vliegtuig gesien soos met Duplicity. Kyk gerus al is die net vir die 3 girls....

Duplicity - 6/10


Duplicity kon beter gewees het - die spanning tussen Julia en Clive is nie vir my so tasbaar as met van sy ander flieks nie. Die dialoog is redelik skerp, iets waarin hierdie tipe van flieks moet in uitstaan. Mens kan dit gerus op DVD kyk, ek het dit op die vliegtuig tussen OR Tambo en Munich gesien, oppad na Istanbul vir EURO-SIW 2009.

Die dialoog is wel skerp en seker darem so effens gelaaid tussen ou Clive en Julia, maar nie vir my goed genoeg om die film te red nie. Dit is voorspelbaar, en Clive se ietwat oordrewe spel tegniek, wat baie nuut en vars in Closer was, raak nou oud. Dis tyd dat hy 'n nuwe aanslag kry. Julia was ook nie op haar beste nie. Ek dink haar hoogtepunt was met Erin Brockovich

Friday, July 10, 2009

Wanted - 6/10


Wanted verdien seker nie 'n 6 nie, maar ek moes bloot oor hierdie ouens oor daai drempel van fisika kan beweeg deur koeels om hoeke te laat kan vlieg. Hierdie is maar 'n geen-brein aksie fliekie. Angelina werk redelik goed in haar rol. Alleen op die bank! Bella is weg op 'n werk-ding.

Superman III (1983) - 7/10


Ja wat, net soos Superman II, kan ek hierdie een nie objektief beskou nie. Veral nie dat hulle rekenaars so boosaardig slim kan laat lyk nie... Saam met die twee manne op die bank. Ai, dit bring ou verlore dae weer op....

Thursday, July 9, 2009

The Promotion - 7/10


Vrek, The Promotion is net so pynlik om te kyk as wat die mense daarin se lewens is. Dit wys die uiterste trap van die dag-to-dag rotresies, maar op 'n heel ander vlak as die manne heel bo. Hierdie is in 'n amper sinlose bestaan omgewing, met soveel dinges wat opgevreet moet word, net om daardie volgende vlakkie te haal. Moet hierdie nie kyk as jy dalk enigsins depressief oor jou werk voel nie....of miskien dan wel, want dit sal jou dalk net opbeur om te sien hoe sleg ander dit regtig kan he^. Vir die ietwat meer onderskeidende fliekganger maar tog toeganklik met die klein gevaar van verveling vir ouens wat aksie in hul flieks verwag. Saam met Bella op die bank.

Jack and Jill vs the World - 4/10


Hierdie is maar net nog 'n patroontjie fliekie, en is beslis ondergemiddeld. Dit is 'n tjiekfliek, wat ek normaalweg ook kan geniet, maar darem net te voorspelbaar. Saam met Bella op die bank. Nie regtig aan te bevele nie. Ek wou dit eers 'n 3 gee, maar Bella het gese^ dis darem nie so sleg nie....

Griet en Pieter*
Griet en Pieter, met 'n watergieter,
Klim die berg op 'n draf,
Maar Pieter gly en Griet daarby,
Hul kom bolmakiesies weer af.

* Uit Aandstories vir Kleuters, Human & Rousseau



Dan van www.famousquotes.me.uk:

Jack and Jill went up the hill to fetch a pail of water
Jack fell down and broke his crown
And Jill came tumbling after.
Up got Jack, and home did trot As fast as he could caper
He went to bed and bound his head
With vinegar and brown paper.

French (history) connection!
The roots of this child's nursery rhyme is in France and the Jack and Jill referred to are Louis XVI who was beheaded (lost his crown) followed by his Queen Marie Antoinette (who came tumbling after). The words and lyrics were made more palatable for the nursery by giving it a happy ending and has further been altered by the passage of time - the actual beheadings occurred in 1793. The first publication date for the lyrics of this nursery rhyme is 1795 which tie-in with the history and origins.

Superman II (1980) - 7/10


Superman II kan ek sekerlik nie heeltemal objektief beskou nie, omdat ek as klein laaitie in die Astra op Pietersburg gesien het. Toe het ek gedink dit is die beste moewie ooit. Ek het dit weer saam met my twee gekyk, en dit weereens baie geniet. Dit het darem die toets van tyd redelik deurstaan, maar nou ja, dit lyk tog maar ook baie sewentigers. Ek gaan sommer nou die tema musiek as my sel se luitoon laai....

Sunday, July 5, 2009

Ice Age (3): Dawn of the Dinosaurs - 5/10


Wel, hierdie weergawe van die Ice Age reeks is baie goed in terme van grafika, en die storie is goed, maar daar is vir my niks nuuts aan nie - dit is lekker om te kyk saam met die kinders, want hulle lag lekker vir al die fisiese grappies, en leef in die storie in, maar die volwasse vlak is ietwat dunnerig, alhoewel teenwoordig. Hulle beeld al die stadiums van 'n verhouding redelik goed uit met die twee wat so lekker baklei oor die akker, en maak dan ook kommentaar oor die geveg wat jy liewers mee sal aangaan net omdat jy dit ken, en nie noodwendig wil verander van omgewing nie. Saam met die familie en die Botts in die teater.

Friday, July 3, 2009

Ghost Town - 7/10


Net die naam Bertam Pincus laat mens al lag in Ghost Town. Die film het baie kort gedraai op die kring hier by ons, en is regtig 'n romcom wat onderwaardeerd is. Dit is regtig snaaks, met ten minste 4 tonele waar mens dit lelik kan verloor - die hond, so groot soos 'n perd, die mummie se manlike trots, Pincus se gebrabbel en dan die oormekaarpraat stukkie in die hospitaal. 'n Baie lekker kykfliek, en nie die gewone tjiekfliek nie. Saam met Bella op die bank. Aan te bevele wanneer jy iets meer as net gewone komedie soek. En Tea maak dit ook die moeite werd - sy word darem baie mooi oud....

Thursday, July 2, 2009

Are We Done Yet - 4/10


Lekker kinder fliekie, en ook vir mense wat 'n fikser-upper wil koop as huis.... Tweede keer saam met die familie op die bank.

Surfer, Dude - 6/10


Surfer, Dude - nou ja, wel, wat kan mens meer se^ as: Dooooode. Ek het 'n kort resensensie gelees voordat ons die DVD gekyk het, en het nie veel hoop gehad vir 'n goeie of ten minste kykbare fliek nie. Die fliek was egter verassend, en alhoewel dit amper die pseudo-dokumentere pad volg, is dit tog interessant. Mens kan amper se^ die fliek ondersoek die outentieke surfer mentaliteit en filosofie. Die meeste dames val amper flou by aansig van ou M se borskas, en in hierdie fliek is dit sekerlik 99% op die skerm. Daar is egter darem twee geleenthede waar die manne ook kan smul aan surfer babes lyfies....Wat wel interessant vir my in die film was, was hoe hulle die see, en meerendeels, die seewater uitgebeeld het. Let ook op hoe hulle die water laat klink as dit oor die surf borde vloei - Dit skep 'n amper verleidende teenwoordigheid, soveel so dat mens net wil gaan swem in die see. Nou. Dadelik. Die akteurs is redelik geloofwaardig in hul rolle, en is seker so titseltjie oordrewe. Saam met Bella op die bank. Aan te bevele as jy rustig voel, en lus is vir iets anders as die gewone DVD.

Dr Dolittle 2 - 4/10


Dr Dolittle II is nie te slegte familie vermaak nie, maar beslis meer gemik op die kleinspan. Saam met die hele familie op die bank.